Posted by: White Knight | Saturday, 14 February, 2009

Valentynsdag

Juis oor vandag assosieer word met die liefde en daar so baie is wat vra wat is liefde tog nou? Ander wil weer weet of die liefde werklik vir hulle beskore is en as dit is, gaan dit hou? Wel ek weet wat ek weet, maar het probeer om daardie gesprekke hier in die volgende stukkie in te sluit.

Die Liefde

Kom van ‘n kant onbekend

Vas gegryp in arms sterk

Om denke en dade te beperk

Geheel van rasionaal gestroop

Elke hart kom skend

*****

Jou ken ek nie so vreemd

Bespring jy ons van oral oor

Uit elke hoek en oord

Weet hulle nou nie wat waar hoort

Kom jy en krap so deurmekaar

*****

Die hele wese met jou gevul

Elke oomblik word oorheers

Hul is nou geheel oor tam

want jy maak alles in ons verlam

oorgeneem en totaal gestrem

*****

Jy is die gevoel wat almal so najaag

Die vlinders en die waag

Om jou te mag ervaar

Al is dit net eenmaal

Self ‘n gek te wees emosie kaal

*****

Jy wen sowaar elke keer

Al wil niemand die gek spul keer

Want elke een die soek na jou

Met gebede en soms grou

Wat soos ‘n kombers omvou

*****

Jy laat jou nie sommer vind

Deur elke mens en kind

Verskyn as hul die minste verwag

Bring saam met jou nuwe krag

Soos jy elke een begeester


Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok. 🙄 😆

 


Responses

  1. Baie mooi Knight!! 🙂

  2. Mooi man MOOI – jy kan darem vinnig iets saamslaan wat besonders is, Ridder – pragtige dag vandag en ELKE ander dag vir jou en jou geliefde Koningin!

  3. Jou gedig is baie dieper as wat met die eerste lees daarvan sigbaar is – ‘wel ek weet wat ek weet’ se rooi gloei sag onder die ink. Ek het dit baie geniet, dit is regtig pragtig.

  4. Ai, Knight, jy’t verskuilde talente. 😉

  5. So waar!!

  6. Pragtig!
    Ek het vir my man so ‘n spesiale stuk geskryf vir Valentynsdag…. en hartseer moet ek se dit le iewers in ‘n asblik in Duitsland….opgeskeur…!

  7. Ridder – liefde bly ‘n raaisel, met verskillende implikasies.

  8. Ridder
    WAAR is jy? Kom jong – movit, movit!!!


Categories