Posted by: White Knight | Friday, 23 October, 2009

Die Dorings

Dagsê Kuiergaste van die hawe. Mag daar fees en vreugde wees in elke een van julle se lewens wat saam ons om die ronde tafel kuier. Daar is baie dinge wat mens wil kwytraak hier en aandag aan gee, maar die tyd is beperk. Dus hou ons maar by die belangrike dinge.

Eerstens geluk aan Plaasjuppie wat vandag verjaar. Geluk met ons verjaarsdag ou vriend, mag dit vir jou net mooi en wonderlike tye aandui. Geluk ook aan al die ander wat vandag en anders in Oktober die mooiste maand verjaar.

Die Hawe hoof vier sy dag saam besondere mense, dus is daar nie kans vir enige iets anders as net vreugde nie, want sulke mense is altyd spesiaal.

As daar nou een wens is wat die Ridder op sy eie verjaarsdag mag vervul sien en sy hart sal bly maak is dit dat die skrywe van vandag vir mense iets sal beteken en help om hul eie lewens te laat beter word.

Genade en vrede vir julle almal.

Die Kleed

Die lewe bring mense by mekaar. Soms vreemde soorte en tipes. Daar is tye wat julle net vlugtig in mekaar se lewens is. Ander kere sal julle vriende word of dalk net sake vennote. Elke persoon in die lewe dra egter ‘n kleed om hulle gedraai. Daardie kleed is die beeld wat hulle graag wil he die ander mense van hulle moet sien en natuurlik sodat ander hulle sal aanvaar en in hul midde verwelkom.

Party se kleed is egter stukkend en vuil, deur die omstandighede waarin die lewe hul soms ongevraagd gestuur het dan trek ons die neus vir hulle op, maar kyk nie na die persoon agter die kleed nie. Daar kan ‘n juweel in die vodde versteek wees. Die persoon verder aan dra dalk ‘n purper kleed en goue ring met die mooiste diamant en dis die een saam wie ons gesien wil word.

Elke persoon wil mos met sukses geassosieer word. Hoe meer sukses die jy jou mee omring hoe groter die kans dat jyself dan sukses sal smaak. Die persoon kan moontlik deur ‘n waas van gelowige omhul wees. Wie wil nou nie met gelowiges vriende wees en selfs besigheid doen nie.

Twee Vriende / Vennote

Dis hier waar die verhaal begin van die twee manne wat mekaar ontmoet het en hulle vriendskap en besigheid het sommer onmiddellik ontvlam en daar was vooruitgang en suksesse. Die een het homself sonder pretensies deur die lewe laat gaan, dus was sy kleed deur skynend en wat jy sien is presies wie en wat hy is, die sout van die aarde tipe wat met sy God gegewe talente woeker. Die vennoot weer was die flambojante tipe wat vir almal sy geloof en besigheids vernuf ten toon gestel het. Om elke hoek en draai het hy mense bekoor en soos die spreekwoordelike vlam die motte verblind en in sy “lig” vasgevang.

Op ‘n dag het Jantjie opgemerk dat daar ‘n seerplek aan sy lyf voorkom. Hy dit maar afgemaak as niks ernstig nie. Enkele weke later word die plek egter erger en hy kom agter dat dit veroorsaak word deur dorings wat in sy vel ingehaak het. Hy het maar aangehou om alles na die beste van sy vermoë te doen. Die seer plekke het erger geword en later begin sweer en by nadere onder soek geblyk dat die dorings kom van onder sy vriend en vennoot se mantel. Dit het hom gehak en gekrap juis op die kant waar hulle langs mekaar stap deur die lewe.

Toe hy die ontdekking aan sy vriend en vennoot bekend maak het Kaspaas se driftige reaksie gemaak dat die dorings kompleet afbreek en in Jantjie terwyl hy koers kies in ‘n ander rigting. Na Kaspaas weg is het Jantjie nog probeer om die situasie te beredder maar telkens het Kaspaas net volgehou hy was reg en alles was Jantjie se eie skuld en die skade wat hy aangerig het en soos dorings in Jantjie se vlees vas sit nie sy probleem is nie.

Jantjie was nog steeds die getroue en hardwerkende persoon, maar sy vertroue het skade gely deur sy vriend en dus het hy gesukkel om sy eie volle potensiaal te bereik. Elke keer as iemand hom vra maar hoekom hy nie meer so sterk uitreik na alles en almal nie dan was sy antwoord, “Kyk my dorings en die sweersels wat dit tot gevolg het”. Ek het skade gelei fisies en geestelik en kan dus nie aangaan nie. Selfs toe die Koning aan hom ‘n uitnodiging stuur vir ‘n feesmaal het hy dit van die hand gewys weens die doring en gevolglike sere aan sy lyf. Hy het maar verkies om op sy eie te wees en hom te onttrek aan die lewe.

Kaspaas het egter nog steeds sy eie weë gevolg en mense mislei met sy valse kleed, geensins van plan om enige persoon verskoning te vra vir die skade wat hy aangerig het nie. Inteendeel vas geglo hy nie foute gemaak het nie en selfs dit wat hy onwettig bekom het as sy regmatige deel beskou.

Die Gevolglike

Mense wat ander skade berokken het gewoonlik geen gewetens wroeging oor dit nie. Hulle gaan aan met hul lewens en beskou die “wins” wat bereik word daardeur as hul reg.

Jy aan die anderkant wat met die dorings van hul optrede gelaat word wat jou soms fisies, maar altyd geestelik skaad, sit met daardie sweersels wat jou verhoed om voort te gaan asook jou eie lewe in volheid te lewe. Dis hoekom dit so nood saaklik is dat almal die nodigheid van vergifnis moet verstaan en bemeester.

Indien jy dit nie doen nie, word jy die gevangene van daardie persoon. Hulle is lankal weg soms so ver dat hulle in ‘n ander provinsie of land is, maar jou nog steeds gevange hou deur die seer en skade wat hulle jou berokken het. Jy kan per slot van sake nie swem as jy ‘n beton blok in jou arms vashou nie. Dis nodig om ander te vergewe, ‘n proses wat jy in baie gevalle ander moet toelaat om jou te help en jou daardeur te lei.

Vergifnis is ‘n besluit wat jy moet neem en die gevolg daarvan is dat jy deur gebed en die beheer van jou eie gedagtes oorwinning behaal. Dit is wat jou losmaak van ander se dorings Die besluit om die doring te verwyder maak dit vir jou moontlik om die sweersels te laat gesond word. Gee so persoon oor in God se hande, want selfs die grootste wraak wat jy kan bedink is niks in vergelyking met dit wat God aan so persoon kan doen nie.

Die grootste straf wat jy enige persoon wat jou skade berokken kan laat oorkom is om hulle te vergewe en dan deur vir hulle te bid en te glo dat hulle ook tot bekering sal kom, is juis dat as dit gebeur, hulle gewete groter straf is as wat jy ooit kan bedink. Nie dat dit jou motief moet wees nie, maar juis dat ander ook soos jy die genade van God se feesmaal sal kan geniet.

Vergewe mekaar en verhoed deur waaksaam te wees in gebed, dat jy weer in sulke situasies geplaas word. Gebruik jou energie om vir mekaar te bid, selfs jou vyande, eerder as dat die gif van haat en onvergewens gesindheid jou sal vernietig.

Vrede en groete vir elke Huis, Paleis, Pondok en Varkhok. 😉 🙂


Responses

  1. Happy Biffday WK – hoop jou dag is honderd bedonnerd en mag al jou drome waar word!!!

    Liefdetjies
    xxxx

    • Hello Thasia

      Baie dankie en mag dit met julle ook voorspoedig gaan.

      Groete

  2. Baie, baie geluk met jou verjaarsdag Ridder, ek hoop hierdie dag was tjok-en-blok vol van dit wat jy so mildelik uitdeel; omgee, genade, deernis en soveel meer.

    • Dankie Mefri

      Dit was ‘n wonderlike dag gewees. Alles wat mooi en vreugdevol is vir julle ook.

      Groete

  3. Hi Knight

    Ek hoop jy het jou verjaarsdag geniet en dat jy uit jou skoene bederf was. 😉 Mag die jaar wat voorlê vir jou alles wat mooi is in hou.

    • Eish Wipneus

      Jy moet weet ek ken baie nice mense, jy kan nie anders as om ‘n wonderlike en erge bederf dag te geniet nie. 😉

      Vrede en vreugde vir julle ook.

      Groete

      • Ek raak sommer jaloers wil jy nie bietjie van daai nice mense die kant toe pass nie?? :mrgreen:

  4. Mag jy oud genoeg word om jou wens velemale te vervul, want ek kry kos vir my siel elke keer as ek hier aandoen …

    Die jaar is vinnig verby … 😉 eish

    • Dagse Pensman

      Ek dank jou veelvuldig vir die goeie wense en mag daar vir jou ook mooi en vreugdevolle dinge gebeur wat vrede bring.

      Groete

  5. Jislaaik, maar die mooiste maand is omtrent bedrywig en geseënd!
    Baie geluk met die pas afgelope verjaarsdag Ridder. God’s rykste seën, vrede, vreugde en geluk word jou toegewens.

    • Dagse Plaasman

      Geluk aan jou ook met ons albei se verjaarsdag. Mag jy ook net vreugde, liefde, geluk en voorspoed smaak saam jou geliefde in die tye wat voor die hand is.

      Groete

  6. En toe mis ek jou verjaarsdag dag Ridder!!
    Ai man – ek is jammer!
    Hoop jy het ‘n besonderse dag gehad met jou dierbares!
    BAIE BAIE dankie vir hierdie pragtige en sinvolle inskrywing en dis absoluut waar

    • Hello Sammi

      Moet die skok van die rugby wees 🙄

      Ek waardeer jou gelukwense en mag daar vir jou en die dierbares ook geluk en vreugde wees wat vrede bring om alle verstand te bowe te gaan.

      Groete

      • Dankie Ridder

  7. Geluk Ridder!

    Dink jy spoke kan verjaar?

    http://skoor.wordpress.com/2009/10/29/ek-spook-jy-spook/

  8. Ek hoes en proes hier deur die spinnerakke en stof. Hier gaan alweer niks aan nie? 😯


Categories

%d bloggers like this: