Posted by: White Knight | Wednesday, 12 May, 2010

Trek – Deel 2

Dagsê Kuiergaste van die hawe,  mense en ander spesies. 😉

Die vorige skrywe het ek genoem dat trek om verskeie redes gedoen word en die lys van redes op sig self is oneindig. Maar sodra die mens of mense betrokke besluit het dat trek die enigste oplossing of onafwendbaar is, dan is die waarnatoe en hoe ook natuurlik groot faktore wat aangespreek moet word.

Gaan ons groter of kleiner, is dit permanent of tydelik. Dan word die hoe ons trek ook in berekening gebring. Doen dit self sukkel baie metode, of die kry professionele mense en hoop hulle is regtig wat daar gesê word. Anders kan die “professionele” mense later sorg vir groot stress en baie skade. Veral as jou trek Pofadder toe “per ongeluk” in Perth op eindig.

Trek jy “permanent” dan is dit meer eenvoudig. Jy pak, trek en pak weer uit. Bygesê as jy vooraf klaar besluit het wat trek saam en watter word van ontslae geraak voor die tyd. Dir tydelike trek laat natuurlik toe dat net die noodsaaklike dinge uit gepak word die res moet gestoor word om weer ‘n in pakkery vry te spring later. Die werklikheid is dat alles wat voor die trek as onbelangrik gesien, gewoonlik ook uitgepak moet word  omdat die omstandighede hulle gebruik nou noodsaaklik maak.

Party mense trek natuurlik so baie keer permanent, dat enige voertuig met ‘n sleepwa wat die erf binne ry dan gaan le die hoenders al reg sodat die pote vasgebind kan word. Dis nou as jy soos met die ossewa tye die hoenders onderaan vasmaak. 🙄

In die verre verlede was die mense mos baie meer behulpsaam en het jou vriende en familie, vrywillig en sommige verplig, gehelp met die pak en trek solank jy net nie na ‘n ander provinsie toe trek nie. Selfs by die bestemming het die nuwe bure reeds reg gestaan met eet en drink goed asook hand bygesit met die aflaai en wegpak. Jy was sommer gou vertel waar al die “regte” winkels en dienste geleë is. Natuurlik in die proses ook seker gemaak jy kerk reg. Geen vreemde sektes en ideologieë nie, jy moet verstaan hulle is ordentlike mense op daai dorp. Hierdie onding van vroue wat langbroeke dra, nee wat hulle koppe het dadelik daarvoor geskud. 😯

Uiteindelik is alles weer in plek en kan die normale huis roetine weer gevolg word. Nuwe omgewing, mense en omstandighede, dalk in party gevalle nog ‘n nuwe taal ook sou die trek iets insluit wat na immigreer klink. Wel trek van die Ou Transvaal na die Kaap was destyds erger as vandag se immigreer oorsee, heng jy stop skaars daar dan wil hulle ‘n ordentlike Blou Bul oortuig die WeePee is ook ‘n goeie rugby span. 😆

Die lewe staan nie stil vir niemand nie en wat ook al jou rede vir trek sou wees, by jou bestemming is daar ook karakters en dinge, net vreemd aan die begin, maar soos julle vorder sal jy sien, Koos, Karel, Sarel, Marie, Martie en Marietjie het nou net ‘n ander vorm en voorkoms, maar hulle het vir jou gewag om weer soos voorheen aan te gaan of van nuuts af dinge te leer en ontdek………..

Vrede, vreugde, liefde en groete word vir elke Huis, Paleis, Pondok en Varkhok. toegewens. 😉

White Knight


Categories

%d bloggers like this: