Posted by: White Knight | Thursday, 19 February, 2009

Malende Massa

Die tydperk voor 1994 was in baie opsigte gekenmerk deur veral buitelandse media se knaende verwysing na die onreg teen sekere groepe mense in Suid-Afrika. Enige beeld material waar teen die massas gediskrimineer word is sonder ophou uitgesaai en natuurlik was dit die ideaal om te kon afneem waar die mense “mishandel of self geskiet en geslaan” word.

Soos die roete maar loop ry Ridder gereeld by ’n sekere staats instansie se kantore verby in Pretoria. Die Departement van Binnelandse sake se kantoor in Marabastad tussen DF Malan rylaan se twee dele wat een Noord en die ander Suid beweeg. Hierdie area word gekenmerk soggens deur ‘n massa mense wat op die oop area reg langs die gebou vergader in reguit bondels. Dis Indiërs, Chinese, ander groepe en die meerderheid natuurlik van Afrika.

Dit het natuurlik die Hawehoof laat wonder oor die spul se doen en late asook die rede vir hulle samedromming daar. Een van my kollegas bevestig toe die vermoede toe dit almal uitlanders (wettig of onwettige emigrante) is wat daarnatoe gaan om hulle dokumentasie soos ID, paspoort en ander te probeer in order kry.

Die bondel het op ’n stadium sommer daar oornag op die sypaadjie, maar is einde verlede jaar deur die SAPS verjaag. Tans begin jy weer van hulle saans daar opmerk. Dit was egter gisteroggend dat ek opmerk sommige van hulle inderhaas weg hardloop van die area en amper een of twee nog onder ’n voertuig beland.

Dis eers toe ek reg oor die area verby ry dat ek sien dis lede van ’n sekuriteit maatskappy en SAPS wat die mense verjaag met knuppels en stokke en self is van hulle geslaan in die proses.

Nou wonder ek maar net oor die situasie, waar is die koerante en nuus mense nou?

Is dit oor die een wat slaan dieselfde kleur is as die een wat geslaan word ? Koerante is deesdae te besig met bekendes se privaat lewe?

Is die oorsaak van die massas deur swak en onbevoegde administrasie van die Binnelandse sake se kant af?

Beteken die groep wat daar rondgejaag word dat alle beheer oor die Suid-Afrikaanse grense van nul en gener waarde geword het?

Die vrae is almal nog onbeantwoord, maar dis vir my persoonlik verstaanbaar dat mense ongelukkig en selfs moeilik kan word as hulle daagliks in die stof en warm son moet vergader om begroet te word met swak wat ook al dit is wat verhoed dat hulle kan aangaan met hul lewens en dalk, net dalk produktief ’n bydrae tot die land te maak.

Ongeag of hulle hier hoort of nie, wat ook al enige een se siening is, die feit bly daar is ‘n probleem wat nogeens ’n bewys is van ’n huidige regeringsbestel wat faal.

Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok 🙄 😆

Advertisements

Responses

  1. Hello Knight

    Ek het ook al die probleem daar opgemerk. Hulle kan ook daar werk kry of mense gaan tel werkers daar op, blykbaar is die arbeid goedkoop!

    Natuurlik is die koerante nou besig om te skep, want dit reën pap!! 😆 Die celebs hou hulle besig!!! 😉

    Geniet die naweek.

  2. Goeiemore Ridder

    100% reg – Dit wat jy hierbo beskryf IS ‘n konkrete bewys van hoe die regeringsbestel faal maak nie saak of hulle daar is vir Paspoorte, ID Dokumente, om mense te verjaag – of om vir ‘n werksgeleentheid te wag soos Wipsnoet vermoed nie. Hoe meer ek hierdie situasies aanskou of daarvan lees hoe meer laat dit my dink aan ons buurland – hoe dit ook daar in die begin van die “val” tipies gewys gegaan het. 😦

    Nou wil ek nie die aanslag van die sekere koerante/media op die privaat lewens van “celebs” vooruit loop nie – maar wil ek graag net vra “Who’s Next?”

  3. Goeie goeie punt. Ek het self al gewonder hoekom geweld deur die polisie nie meer voorblad nuus is nie.

  4. Who’s next? vra jy Sharona, hou vas aan jou stoel, maar drink kalmeer pilletjies!!! Jy gaan dit nodig kry want die hel gaan losbrand!!! 😯

    Ek sorg dat ek nou 24/7 op ‘n high is 😉 ROFL
    Wat kan mens doen, dis beter om te grap as te huil! 😆

  5. Hmmm ja, Sharona sal goed onthou hoe ons juis hierdie al twee jaar gelede bespreek het op SSSB – van die uitmekaar val.
    Die ander ding is wat ek opgemerk het is dat solank jy daardie groen boekie by die registrasie van ons stem gewys het, kon jy dit netsowel gekoop/gesteel het want hulle het nie eers my foto GEKYK nie OF bewys gevra van my adres nie. MAW enige iemand kan enige plek gaan registreer met ‘n VALS adres.

    Ridder
    Ons sal almal moet sterk staan as ons hierdie dinge wil oorleef want dis die een ding na die ander wat ons NOU in die buitew^reld laat sleg lyk. Miskien een positiewe punt daarvan is dat ons dit HIER sal moet laat werk.

    Snoetjie 😆
    JY darem – nee man – gee so ‘n bietjie van ‘n tip!

  6. Hallo Sammi – Dis die “tip” van die Vulkaan. 🙂

  7. Ek’s heeltemal verlore Sharona! SMS asb?


Categories

%d bloggers like this: