Posted by: White Knight | Tuesday, 13 October, 2009

1 Jaar en Stowwerigheid se moses

Dagsรช Kuiergaste van die Hawe. Ek vra nederig om verskoning dat die ronde tafel en al die stoele so vol stof geraak het . Net eers gou aan die kant en skoon maak, ughh, ughh, hoes, proes en nies.

Daarso, nou lyk dit beter en kan julle weer ‘n drink en eet dingetjie nader trek en saam kuier sonder die stof en spinnerakke.

Nee wat, vir die wat bly of dalk net teleurgesteld was, die Hawe hoof is nog spring lewendig en in die omtrek. Ander sake het baie aandag geverg en ek wou nie die blog bekrap net om te kan krap soos ‘n dronk vlieg wat in ink geval het nie.

Wel hopelik het die aarde nie sy wentelbaan verlaat in die afgelope weke en my alleen agter gelaat nie. Die Blou Bulle is nog steeds die WP, (Worried People) se grootste vrees in die Curriebeker reeks. Die Haaie en die Cheetahs moet maar besluit, wie wil teen die Bulle in die eindstryd verloor. ๐Ÿ‘ฟ

Nog ‘n sakie wat so ongesiens en sonder bohaai verby gegaan het was natuurlik die Hawe se verjaarsdag op 8 Oktober. Heeltemal vergete agtergebly met vele brein stof en baie kuier het die eerste jaar omtrent verby gevlieg. Aan elke een wat hier kom inloer gereeld of net somtyds, baie dankie en geluk aan julle, want dit is julle wat dit die moeite werd maak om wel voort te gaan met die skrywes. Sommer almal wat in Oktober verjaar saam die blog, mag die toekoms vir julle die vervulling van drome en ideale word. Liefde, geluk en vreugde julle metgeselle wees elke dag, nou en altyd.

Die manewales van die politieke sirkus en natuurlik narre soos die ASA spul bly maar deel van ons lewens. Ek sal seker nooit kan begryp wat verhoed sulke mense om ooit te besef hulle maak droog nie. Die magsbeheptheid en diktatoriale manier waarop sommige groepe en instansies hulle kliek beskerm is om van koue rillings te kry. Hoe siek moet die gees nie wees as jy nie kan besef jou optrede vergiftig nie net jou omgewing nie, maar die hele land?

As iemand wat persoonlik meer prakties as materialisties in gestel is, sukkel ek om al die verskonings te begryp wat daar geuiter word om spandabelrige uitgawes en vermorsing van belasting betalers se geld te probeer regverdig. Dis eenvoudig nie regverdigbaar nie. Indien veiligheid die opsie is soos beweer word, kry ‘n Bakkie wat met pantser plate oordek is om mee te ry, moenie my kom vertel jy het ‘n groot BMW nodig vir dit nie. Al wat jy wil doen is uitspattig wees en geld mors.

Maar daar is darem ook positiewe dinge in die lewe ons moet net soms stil raak en weer ons fokus reg instel. Die probleem is dat ons te veel na ander se opinie wil luister oor sake eerder as om self te gaan seker maak wat is die werklikheid. As ‘n bekende skryf Gretha Wiid en Angus Buchan is simpel om sekere beginsels te verkondig dan ja en amen duisende. Die probleem is net dat daai bekende persoon verstaan in die eerste plek nie wat die beginsel dat die man die Koning, Priester en Profeet van sy huis moet wees beteken nie. Sy skrywe is gebaseer op onkunde en die algemeen verwronge persepsies wat verkeerdelik die man as onderdrukker van die vrou uitbeeld. Die teendeel is egter waar. Enige ordentlike man wat werklik Koning, Priester en Profeet van sy huis is salย  sy vrou soos ‘n Koningin behandel en sy sal nie nodig he om die man se verantwoordelikheid te dra nie.

Dis dieselfde probleem wat mens ondervind met sedebewakers wat heeldag vir almal wil vertel wat is sonde en wat nie. Jy kan daai deuntjies maar agterstevoor en onderstebo ook fluit dit help niks nie. Al wat die ander persoon dink is jy karring en teem al weer. Jou werk is om die evangelie te verkondig sodat die Heilige Gees hulle kan oortuig om tot bekering te kom dan eers sal hulle deur die Heilige Gees oortuig word wat is sonde en wat nie. Per slot van sake oordeel God self nie die mens nie, maar die sonde. Die mens dra wel die gevolge van sy dade.

In elke geval, sodra jy begin dink jy het mense tot bekering gebring en dat siekes weens jou betrokkenheid gesond word, moet jy maar weer van nuuts af jou saak besin anders gaan jy net die stryd verloor. Elke mens kan as instrument dien tot ander se voordeel, maar jy is nie daardie voordeel nie.

Vrede en groete vir elke Huis, Paleis, Pondok en Varkhok. ๐Ÿ˜‰

Advertisements

Responses

  1. Baie geluk met jou blog se eerste verjaarsdag. Jy sal wel oplet dat, wanneer sommige van ons opstaan, daar skoon ronde kolle in die wit stof is.

    Dit is waar diegene in doodse stilte net hier tussen die spinnerakke bly wag het vir die hawehoof te terugkeer.

    Bly jy is nog deel van die gemeenskap. Vertrou dat dit andersins baie goed gaan met jou en ek is seker ek is nie al een wat uitsien na die volgende jaar se griffels nie.

    • Hello Elf

      Ek waardeer jou geduld om te wag tot ek skoonmaak en weer griffel. Alles wat mooi is vir jou ook en mag jy met geluk en vrede omvou word.

      Groete

  2. Welkom terug en baie geluk met jou blog verjaarsdag.

    Ek geniet oom Angus Buchan se boeke. Ek dink mens moet eers sorg dat jy kennis versamel en agter die kap van die byl kom voor jy hierdie mense aanval en beledig. Genade party van die kommentare en beledigings laat my dubbel vou van die lag, mens kan sien die ligte is nie aan nie.
    Buitendien dink ek hierdie is sommer net mense wat oor Godsdiens wil baklei oor hulle kan. Dit is regtig so af van die pad af. Ongeskik en daar is duidelik iets fout met die opvoeding!

    Ek soos elke ander mens kan self oor my “religion” besluit, ek beledig nie ‘n ander se geloof nie, hoekom orals waar ek deesdae kom, lees ek hierdie aanvalle teen geloof. Ek stel nie belang om in sulke gevegte betrokke te raak nie ek bemors nie my geloof nie en ek het ook nie tyd om my met sulke kleinlikhede op te hou nie. ๐Ÿ‘ฟ

    Elk geval sien uit na die volgende jaar se inskrywings op die Hawe.

    • Hello Wipneus

      Party mense wil net stry punt. Maak nie saak wat die onderwerp is nie, hulle hou van onmin.

      Ek hoef GOD nie te verdedig nie, HY doen dit namens my, hoe kan ek namens HOM wil optree as advokaat.

      Alles wat mooi is daar by jou kant van die heelal ook. Mag die vreugde vure ook in julle uitspansel sonder ophou brand.

      Groete

  3. Goeie mense en goeie blogs verjaar in Oktober ๐Ÿ˜‰

    Welkom terug Ridder, dit is verfrissend om iemand te sien terugkom blog toe in hierdie tye waar almal skynbaar loop.

    • Hello Plaasjuppie

      Nee wat vuilgoed vergaan mos nie. ๐Ÿ˜‰ Dit was nog nooit die plan om te loop nie, net omstandighede wat die tyd soms baie beperk, maar voortgaan sal ons so lank menslik moontlik.

      Jy weet mos die ding van goeie mense wat in Oktober verjaar? Dis seker hoekom die Koningin en die Ridder ook die maand gekies het vir sulke dinge. ๐Ÿ™„ ๐Ÿ˜†

      Mooi loop en alles wat mooi is vir julle ook.

      Groete

  4. Dit is die maand Oktober
    Die mooiste mooiste maand
    Dan is die dag so helder….

    en wrintiewaar dit IS!!!

    Ek’s darem bly jy het nie opgegee met ons nie, Ridder – dat jy nogsteeds daar is, al pak die stof maar redelik dik aan met tye.

    En ekke is ook baie erg oor die Buchans!
    Oor die ander goed gaan ek myself nie uitlaat nie, want dit versuur net my harmonie.
    Mooibly en Groete by die huis.

    • Dagse Sammi

      Nou ja toe, die dae van wonderwerke is nog nie verby nie. Sammi het weer kom kuier in die Hawe. ๐Ÿ˜ฏ ๐Ÿ˜‰

      Voorwaar is Oktober die mooiste maand. Dis net asof die hele Skepping op sy mooiste is gedurende lente, soos ‘n bruid vir haar troudag.

      Alles wat mooi is vir die Kapenaars en moenie te veel huil as die Blou Bulle klaar gekuier het Saterdag nie. ๐Ÿ™„ ๐Ÿ˜†

      Groete

  5. Veelsgeluk met die blog se verjaardig Knight … ek het ook al die plaas se verjaardag vergeet en gaan seker dit weer doen …

    Hallo Wipneus …

    Lees juo oral mis deesdae …

    Anyway Wippie die ding met die geloof kwesie is dat van ons wil nie geloofs onderig in staat skole hรช nie, maar ander is bereid om namens ons hof toe te gaan en in ons keelgate af te druk …

    Die kinders lees en spel moeilik genoeg soos dit is daar is baie ander aktiewiteite waar hulle tyd kry om aan die geloof leerstelling van hulle keuse te gaan deel neem…

    met permiesie gesรช … sorry hawe kaptein 0(

    • Dagse Bierpens

      Dankie vir jou kuiers hier en ek stem saam, as ek moet kies wie my kinders onderig oor geloof, wil ek eers seker maak daardie persoon ken my GOD.

      Groete

    • Hi Bierpens, sorry ek het nie gesien jy het vir my kommentaar gelewer nie. (Lees my mis?? ๐Ÿ˜ฏ ek het op die plaas kommentaar gelewer waar jy die onderhoud gedoen het met die mooi dametjie)

      My kinders is nou al bietjie groot maar ek het ook gesorg dat ek my kinders eerstehands van my God leer.

      Die bemorsing van “my Godsdiens” waarvan ek hierbo praat – gaan oor my God wat deur “ander” beledig word. Jy word geklassifiseer as ‘n “Dum-di-dum” deur die soort mens, as jy sรช dat jy travel saam die God van die Bybel.
      Wel laat ek dit nou sommer hier sรช, ek voel ‘n veer wat ander mense van my dink. Of jy nou ‘n sprinkaan aanbid of glo dat alles sommer net woeps ontstaan het met die heksie wat haar towerstaffie swaai – dit pla my nie, ek gaan nie jou sprinkaan of Heks afkraak, ek verwag dat mense die favour return. Maar ek kan wel aanbeveel dat die mense net eenkeer saam my agter my teleskoop inskuif…. en sonder dat ek ‘n woord hoef te sรช, sal die mense dalk ‘n ander prentjie kry, hulle doen gewoonlik. Die hand/krag wat daardie asemrowende, ongelooflike geskep het, is groter as ons breine. Ons breine is ongelukkig nie so groot nie. Deal with it, Bou ‘n brug.

      Mooi bly ๐Ÿ™‚

      • Hi Wipneus

        Die tiepe slot wat net jy mee kan uit kom … ek laaik baie ..

        “Ons breine is ongelukkig nie so groot nie. Deal with it, Bou โ€˜n brug.”

  6. Dagsรช Kleinbaas Ridder

    Oktober – inderdaad die mooiste maand sonder die mooiste datum. Baie geluk met die hawe se verjaarsdag.

    Kleinbaas Ridder, Ouding wil net kom onderstreep dat jy darem groot waarheid hier gepraat het – die wisselwerking in die inter-afhanklike verhouding tussen man en vrou. Indien ‘n man dienend lei, sal ‘n vrou leidend volg. Is net so en basta. Ding bly steeds daarby: man is die hoof en vrou is die nek.

    Wips, argumente / redenasies oor geloof – aanvalle teen geloof? Dis daai tyd. Dit het tyd geword dat die aanslae toeneem in kwantiteit en intensiteit, want wat skok ons nog? Nie eers die aarde is meer net lou nie. Dit word tyd om of warm of koud te wees. Woorde is nie altyd nodig om ‘n standpunt te maak nie – manman moet besef dit is tyd om sy beginsels, oortuiginge en geloofstandpunt te lewe en praat is maar ‘n deel van lewe.

    Dit was gaaf om by die Hawe oor te staan. Dankie.

    Ridder, bid jy nog vir my?

    • Dagse Ding

      Solank mense die grond beginsels verstaan dan val al die ander dinge in plek.

      Alles van die beste en daar is nog steeds knie plek in die gebede vir jou ook.

      Groete

  7. Hoes, hoes Ugggg, Kugggg – genade, toe ek hier by die voordeur instap tref die stofwolk my behoorlik – mens sien nou net twee ogies uitsteek, verder is my gesig pikswart van die stof. ๐Ÿ˜†

    Geluk Ridder met Die Hawe se 1ste verjaarsdag – ek hoop regtig dat jy in die toekoms weer gereeld vir ons sal kom skryf.

    Terloops, en met betrekking tot die “aanvalle op geloof” – die politieke narsirkus en hulle “korrupte borge” wat ook in ‘n geloof van ‘n ander aard staan is natuurlik tans besig met die grootste aanslag nog teen die Christlike geloof wat betref die onderrig daarvan in skole en Christelike vakansiedae – verlede Sondagaand op TV2 tydens Freek se program Fokus was daar ‘n debat oor die onderwerp – wat baie opvallend vir my was is hoe gelate die geleerde asook die leier van ‘n susterkerk die voorstelle van verandering teen die onderrig van die Christelike geloof in skole aanvaar en goedpraat. Dit het my koue rillings gegee omdat dit my mening is dat die Christelikes bereid was om “terug te staan” en om “nie vas te staan” in die Christelike geloof nie. Dit natuurlik, is hoe slinks sekere ander Nie-Christelike gelowe die aanslag teen die Christendom beplan – met net een doelwit en dit is om die Christendom te verslaan – en waar begin die slinkse aanslag? – by diegene waar dit die mees vatbaarste is – ons kinders.

    DING – in ligter luim – my anderhelfte spot altyd –
    dat hy die hoof in die huis is, en ek die nek, – die probleem is net die nek draai die hoof ๐Ÿ™„ ๐Ÿ˜†

    • Sharona – dis juis oor daai dat Ding so diep vas glo in die man as hoof en die vrou as nek, ja. Want sonder die onbegryplike komplekse samestelling van ‘n vrou is die lewe vir manman net eenvoudig te saai en ledig – en wat is die duiwel se oorkussing nou weer?!

    • My aarde Sharona

      Welkom, goed om te sien van julle maak dit nog deur die stofstorms tot in die hawe ๐Ÿ™„ ๐Ÿ˜†

      Die aanslag teen die geloof is altyd vel en die Bybel waarsku ons daarteen. Dis juis hoekom ouers se taak so belangrik is om seker te maak die kinders word korrek onderig en geleer van God se liefde vir ons.

      Groete

  8. Sharona .. die Christine loods die aanslag op hulle self … van martelaars tot boelies … in een generasie? miskien twee …(1933 tot nou)

  9. ehlo White-Knight

    Baie geluk met jou blog se verjaarsdag liewers laat as nooit!!!

    Hoop dat dit nog goed gaan met jou lanklaas van jou gehoor ๐Ÿ˜ฆ

    Lekker week verder !!!

    Ek hoop die CHEETAHS skop gat ๐Ÿ˜›

    Liefdetjies
    xxxx

    • Dagse Thasia

      Dankie vir die kuier. Mag die Cheetahs wen en nou is die eindstryd op Loftus. ๐Ÿ˜€

      Julle moet maar begin genoeg sneesdoeke aanskaf vir die trane. ๐Ÿ˜ˆ

      Groete

  10. Naand Ridder, baie geluk met die eerste kersie op ‘n baie smaaklike verjaardagkoek en aangesien ek ook ‘n Oktober babatjie was (is) neem ek graag jou mooi wense as geskenk; mag die toekoms vir julle die vervulling van drome en ideale word.

    Daar is ampertjies nie meer spasie oor op my verjaardagkoek vir al my baie kersies nie, maar ek droom nog en daar is nog so paar ideale wat ek wil verwesenlik.

    • Dagse Mefri

      Baie geluk met jou geboortedag se herdenking ook.

      Vrede en voorspeod word jou ook toegewens.

      Groete

  11. Hmmm – die stof is al weer besig om dik aan te pak hier op die ronde tafel – en die spinnekoppe het weer netjies die spinnerakke kom herstel na verlede keer se “afstof” ๐Ÿ™‚

    Nou hoop ek maar met al die Oktober verjaarsdae wat gevier moes word is Ridder darem nog heeltemal in staat om vandag sy eie spesiale dag ook te kan vier – ๐Ÿ˜†

    “Ridder, Baie Geluk met die Herdenking van jou Geboortedag. Mag die nuwe lewensjaar besonder geseend wees en met voorspoed, gesondheid, insig, liefde en geluk besaai wees.”

    • Dagse Sharona

      Jy was net te vinning vir vandag se inskrywing.

      So daar is nie meer spinnerakke en stof nie. ๐Ÿ˜€ ๐Ÿ™„

      Baie dankie vir die gelukwensinge, dit word waardeer. ๐Ÿ˜ณ

      Groete vir julle ook.


Categories

%d bloggers like this: