Posted by: White Knight | Saturday, 29 August, 2009

Jy verstaan nie ….

Dagsê, al weer Saterdag en die Bokke het die  Wallabies darem (32 – 25) gewen dankie. Dis veral goed om weer die Bokke as die gunsteling span te sien in enige kompetisie. Maak sommer die beskuit en koffie ekstra lekker.

Die rede hoekom ek eindelik die sleutels laat beweeg vir letters om op die skerm in gelid te kom staan is nie die rugby nie, nee glad nie. As daar nou een stelling is wat mense seker tot vervelens toe in jou lewe sal hoor is dit, “Jy sal nie verstaan nie”.

Die vrouens gebruik daai stelling gereeld, veral vir die man in hul lewens, sou hy onnosel genoeg wees om te wil verwag sy moet hom antwoord as hy vra wat is fout. Sy wil mos net weet jy sien daar is fout, sy weet meestal self nie wat dit is nie, hoe wil jy nou kom staan en weet. 🙄

Jou kollega by die werk wat bly vashaak met die baas. Jy probeer uit goedheid vra wat makeer, kan jy dalk help? Nee hoor dis een lange relaas van hoekom jy nie sal verstaan nie, maar geen rede vir die probleem nie. Beste is maar los en staan eenkant toe.

Die man met sy eie besigheid as jy wil weet hoekom hy so ongelukkig is, dan kry jy die standaard antwoord. Jy weet nie hoeveel probleme het mens as jy jou eie besigheid het nie. Julle verstaan nie wat dit is om vir ander verantwoordelik te moet wees nie.

Die liggaamsbouer en die atleet wat glo dat niemand anders weet wat se opoffering dit verg om fiks en gesond te bly vir hul tipe sport nie. Jy sal mos nou nie weet nie want jy is mos effe mollig en spandeer nie jou tyd in die gymnasium soos hulle nie. Dan moet jy ook nie van die spesiale dieet vergeet nie.

Soms net soms, moet mens by jou eie situasie verby kyk en om jou die potensiaal tot ondersteuning en hulp raak te sien. Juis hulle wat jy dink nie verstaan nie het dalk ‘n ander perspektief van jou “probleem” en met klein rigting wysers kan hulle jou help om weer koers te kry.

Die kollega wat sukkel kan jy dalk net help deur te verduidelik wat die regte formaat is waarin verslae ingehandig moet word, juis omdat hierdie afdeling se inligting weer verwerk moet word om ander te kan ondersteun.

Die man met die eie besigheid kan moontlik nie deur jou gefinansier word nie, maar jy kan hom dalk net help om beter sy spannings vlakke te hanteer en sodoende sy eie gesondheid te verseker.

Dame jy mag dalk verbaas wees as jy met jou man begin gesels, dat hy miskien nie alles weet nie, maar dat jy in die proses jou eie probleem kan identifiseer en begin verstaan. Ja daar is sulke mans en hulle het nie almal reeds ‘n “boyfriend” nie.

Die atleet mag miskien neerkyk op die mollige vriendin, maar wanneer sy in die gymnasium boer en op die pad hardloop naweke, is die mollige maatjie by die kinders besig en woon sy hulle sport en kultuur by. Kinder wat baklei en nukkerig is, is enige tyd by verre meer veeleisend as die apparaat en enige ander oefening. Dalk net kan sy weens haar kind se allergie en die voorsorg rondom dit jou ook van raad bedien sodat jy nie so baie sukkel om die regte tipe kos vir jou eie geval te kry nie.

Dit help gewoonlik as mens eers van jou eie idees omtrent ander mense se vermoë kan ontslae raak, Jy mag dalk net verbaas wees oor wie jou kan ondersteun en help met situasies wat voorkom in jou lewe.

Hulp kom soms in snaakse verpakkings, al is dit ook net ‘n oor om te luister of ‘n skouer om op te huil.  😉 😎

Groete en seëninge van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok :roll: :lol:

White Knight

Advertisements

Responses

  1. LOL Ridder, my siel huppel van pure plesier! Ek het hierdie post vreeslik geniet… meer as vreeslik. 🙂 WOW!!

    My kop word presies so weer helder: Ek moet praat sodat ek na my siel kan luister.

    dat hy miskien nie alles weet nie, maar dat jy in die proses jou eie probleem kan identifiseer en begin verstaan. Ja daar is sulke mans en hulle het nie almal reeds ‘n “boyfriend” nie.

    • Dagse Mefri

      Dan is ek baie dankbaar as die skrywe jou vreugde gebring het. Mag dit jou toekoms help om meer gemakliker te wees.

      Groete

  2. Boendoe se man het my gevra om hierdie te versprei aan haar blog gesin:

    Ok, Boendoe is weer weg, daar gaan nou baie navrae en soektogte wees.. Die rede hoekom sy haar Blog delete het is ek ( Wisecrack).Haar man vir die wat dit nog nie agtergekom het nie.Soos seker die grootste deel van haar blog gesin, het ook ek gaan soek na haar nuwe blog.Baie gevind wat kon relate en haar oor n paar gekonfronteer.( Geen privaatheid of eie identiteid gegun nie.)

    Baie harrass en onreg aangedoen. Is seker sy is met n klomp van julle in kontak op e pos, vir die wat nie is nie, hoop sy begin weer gou post.

    Wat meer kan ek se, mis haar blog net so veel as almal.

    Wisecrack.

    Ps, ek is die bad guy hier, nie BOENDOE nie.

    • Dagse Eelt

      Dankie vir die inligting, sal dit ingedagte hou.

      Wisecrack
      Om jammer te kan se vir iets wat verkeerd is neem reeds ‘n groot stap in die regte rigting. Sterkte vir julle.

      Groete

  3. Aaaag Knight jy “sal nie verstaan nie” :mrgreen: 😆

    Ware woorde …. nou moet mens dit natuurlik net toepas!!

    LOL ja 🙄 hulp kom inderdaad soms in snaaks verpakkings.

    Groete

    • Dagse Wipneus

      Ek dink jy is heeltemal reg. “Ek sal nie verstaan as niemand praat nie”. 😀 😈

      Daai verpakking is baie van ons se probleem. Juis oor ons so baie van die eie idees altyd wil voor druk in ‘n proses om antwoorde te kry. 😉

      Groete

  4. Dagsê Ridder
    Verpakking – ja, gits. Daai kan nogal misleidend wees. Maar ja, dan IS dit ook so dat Ding dikwels net glad nie WIL verstaan nie en nog minder graag verstaan wil word 😳
    Maar dit IS salwend om te weet, nie net te glo nie, maar te WEET dat daar wel engele op hierdie aarde is. Hierdie hawe van jou is nogal kuierplek van ‘n paar van die wie Ding al raakgelewe het.

    • Dagsê Ding

      Gewoonlik die ou met die mooi kleed en die goue ring wat almal saam mee wil kuier. Maar ek het al gevind dat die ou met die werks klere wat eenkant in die hoek sit, juis vir daardie rede meer observeer en dus ook beter verstaan. 😯

      Ek weet nie of enige een van ons kan oorvertel dat osn altyd wil verstaan nie, soms is ons almal maar een of ander tyd skuins moedswillig. 😳

      Ding oor die Hawe se kuier mense sal ek seker nooit die volle waarheid self ken nie. Maar ek waardeer as daar met tye darem so een en ander van hulle ‘n groet nota los. Mens sien gewoonlik net die voetspore en die beskuit krummels op die tafel, maar nie altyd nie mens nie. 😉

      Mooi reis vir jou en die geliefdes in die toekoms pad.

      Groete

  5. As jy ooit eendag “verstaan,” deel die geheim, hoor 😉

    • Dagsê Emil

      Ek kan nogals goed verstaan hoor. 😯

      Veral as ek aanvanklik verkeerd verstaan het. 😆

      Groete


Categories

%d bloggers like this: