Posted by: White Knight | Tuesday, 25 August, 2009

Jy glo ……

Dagsê aan al die kuiergaste. Tans wil die weer lyk of die koue verby is, maar met tye is daar tog nog ‘n byt in die lug.

Tydens mens se daaglikse handel en wandel is daar verskeie dinge wat so in die verbygaan gesien word, maar nie noodwendig aandag gee nie. Dit veroorsaak dat baie mens afleidings maak en dan ‘n geheel verkeerde idee van ‘n ander persoon se intensies sou kry.

Persoonlik het Ridder al op meer as een geleentheid my uitgespreek oor die selektiewe wyse waarop veral die media “feite” kan deurgee aan die publiek. Om net sekere “feite” aan te haal uit ‘n gesprek met iemand maak mos nou die deur oop vir die “ander” partye om weer hulle kant van die saak te stel en dus “viola”, styg die koerant verkope.

Hierdie manier van handel het Ridder al persoonlik ervaar tydens een van sy reise, toe ‘n persoon van die betrokke land nie wou glo dat “wit mense” ook van Suid-Afrika kan wees nie. Juis oor die indruk wat die media in ander lande skep. Die persoon se kollega, ‘n ywerige golf entoesias, het hom toe verduidelik dat Ernie Els mos van Suid-Afrika is en hy is dan “wit”.

Die soort van optrede is deel van ons daaglikse lewe. Sommige persone glo alles wat in die koerant staan as die waarheid en die volle waarheid en niks anders nie. Netso is daar mense wat in hul omgaan met geloof net in sekere dinge glo.

Die een lees net die 1953 vertaling en niks anders nie. Die volgende weer die “Amplified Bible” en die ou langs hom glo weer net in die “Dakes annotated Bible”. Dan weer sal jy mense vind wat die Bybel letterlik volg en ander weer wat dit sien as ‘n riglyn tot eie idees en interpretasies. Sommige sal selfs net glo wat hulle in boeke lees wat geskryf is deur mense oor wat hulle sou dink wel in die Bybel staan.

Die EEN waaroor die Bybel sy bestaan te danke het is nie belangrik nie, maar wel hul eie idees. Die verhouding met die Skepper bestaan nie, wel ‘n klomp kennis oor wat hulle dink God moet wees en wat nie en ook hoe ‘n Christen behoort te lewe en wat onbetaamlik is vir ‘n Christen.

Ek dink vir geen oomblik dat ek oor al die kennis en antwoorde beskik wat daar nodig is om elke persoon wat my pad kruis se vrae en twyfel op te los nie. Maar wat ek wel weet is dat die lewe baie makliker is as jy weet by watter adres om te gaan vra vir hulp. Daardie adres waar jy enige plek enige tyd jou kan afsonder, jou knieë buig en roep om hulp. Dis dan, wanneer jy bereid is om te luister na die antwoord wat die Heilige Gees aan jou oordra vanaf die Vader en Jesus Christus dat jy met vertroue kan voortgaan.

Daarom vind ek dit in sy geheel vrugteloos en mors van energie en tyd om in enige argumente oor God betrokke te raak op die internet. Juis oor jy nie die persoon wat jy mee wil debatteer ken nie en dus geen benul het of die persoon:-

a) Enige Kennis van God het.

Maw. is die persoon al ooit vertel van die Bybel en God, Jesus Christus en die Heilige Gees.

b) Die persoon se siening oor sonde en die nodigheid van wedergeboorte.

Verstaan hulle dat sonde die oorsaak is dat mens nie meer vrylik toegang tot die Skepper het nie.

c) Hoe het die persoon hul kennis van God, Jesus Christus en die Heilige Gees opgedoen.

Vir sommige mense is die Bybel ‘n straf omdat dit as sulks aan hul voor gehou is deur dat hulle stukke daarvan moes leer as straf vir “sondes” wat gepleeg is.

Jy kan nie verwag dat iemand wat God nie ken nie en as sulks nie wedergebore is, moet verstaan as jy begin praat oor die geestes wêreld en die invloed wat dit op hul lewens kan he nie.

So voor enige iemand ‘n volgende se idees of standpunt oordeel of probeer oortuig van ‘n siening, moet jy eers seker maak van watter punt daardie persoon se idee hul oorsprong het. Is dit eie ondervinding, iets wat hulle self gelees het, of meer net iewers gehoor het.

My eie siening oor dit is dat ek die evangelie aan almal sal verkondig, maar dis nie my werk om mense van sonde te oortuig nie, dis die funksie van die Heilige Gees. Ek is maar net die gelowige wat bereid is om as spreek buis vir die Evangelie van Liefde en Hoop op te tree.

Die res van die werk is reeds deur God, Jesus Christus en die Heilige Gees gedoen. Persoonlik glo ek nie dat jy mense in die algemeen sal bereik deur hul in massas emosioneel op te sweep en dan uit te roep vir ‘n “sondaars” gebed en dan is al hul probleme op gelos nie.

Bekering is meer as net een enkel gebed, dis ‘n geheel verandering van lewens uitkyk en optrede wat begin by die besef dat jy wel verlore is en bekering nodig is. Maar dis net die begin van ‘n lewenslange proses en verandering van lewenswyse. Goeie mense is nie noodwendig gered nie, dus waarborg ‘n goeie morele optrede jou nie toegang tot die ewige lewe nie.

Dis ‘n volgehoue proses wat slegs begin by die stappe van Bekering, die Doop van die bekeerling tot vergifnis van sonde en doop met die Heilige Gees. Dus kan geen argumente of debatte met beperkte spasie en onderwerpe enige persoon se saligheid bewerkstellig nie. Op die meeste kan dit verwarring bring juis oor mense geneig is om persoonlik te raak met sulke debatte en fokus verloor oor hoekom die debat aanvanklik begin is.

Daarom is dit belangrik om eers seker te maak wat die skrywer van ‘n onderwerp bedoel voor jy die siening sommer net afmaak as verkeerd. Dieselfde geld natuurlik ook as enige een kommentaar lewer dat jy die lyn van die gesprek volg en nie net die kommintaar isoleer en dan op dit reageer nie.

Groete en seëninge van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok :roll: :lol:

White Knight


Responses

  1. Ridder, ek deel jou siening, dit is puik geskryf.

    Wat ʼn plesier om vandag weer op wp te kuier, ek het baie gemis.

    • Dagse Mefri

      As jy so min kuier op wordpress wil ek jou net welkom heet 😉 Geniet die res van die blog ook.

      Mag daar vir jou mooi dinge wees elke dag.

      Groete

  2. Ridder, dankie 🙂 jy is dierbaar.

  3. Hello Knight

    Die blog lyk baie mooi 😉 ‘n Verandering is so goed soos ‘n vakansie.

    Dankie vir hierdie positiewe inskrywing en ja, dit is makliker om by “Daardie Adres” vir hulp te gaan vra.

    Mooi bly

    • Dagsê Wipneus

      Dankie vir jou kommentaar oor die veranderinge. Hier word by die Hawe ook maar soms probeer om ordentlikvoor te kom. 😯 😉

      Die beste plek vir enige raad is maar die adres van die Vader, Seun en Heilige Gees.

      Groete

  4. Middagsê, Ridder

    “Jy kan nie verwag dat iemand wat God nie ken nie en as sulks nie wedergebore is, moet verstaan as jy begin praat oor die geestes wêreld en die invloed wat dit op hul lewens kan he nie.”

    Hmmm. Ouding vereenselwig Ouding nogal met hierdie.

    Ridder, die wonderlike hiervan is dat daar mense is soos jy – jou praat en daad stem ooreen and you walk your talk. Dit neem langer, maar dit maak net ‘n soveel groter, blywende inslag.

    Dankie dat jy jou oortuiging lewe, Ridder.

    Dan groet Ding maar eers weer.
    LXD

    • Dagsê Ding

      Die langste wedloop ongeag van waar in die ou wêreld van ons begin ook maar net met die eerste tree wat elke atleet gee. Ongeag wie struikel en dalk selfs val langs die pad, dis hulle wat opstaan en selfs net aanhou vorentoe beur, wat die wedloop voltooi.

      Groete en mooi wense vir jou en die geliefdes ook daar by jou kraal.

  5. Ek dink ek hou hiervan:

    Die EEN waaroor die Bybel sy bestaan te danke het is nie belangrik nie, maar wel hul eie idees. Die verhouding met die Skepper bestaan nie, wel ‘n klomp kennis oor wat hulle dink God moet wees en wat nie en ook hoe ‘n Christen behoort te lewe en wat onbetaamlik is vir ‘n Christen.

    Dit gesê: ek dink ook daar is mense wat sou argumenteer dat die Bybel nie juis anders is as enige van die ander getuienisse wat jy noem nie; ook net nog ‘n klomp idees deur mense neergepen.

    Ander sal weer argumenteer dat ander geskrifte om en oor die Bybel wél ook aanspraak kan maak op Goddelike inspirasie, en dat die Bybel nie noodwendig en uitsluitlik hierop kan roem nie.

    Sou mens nie met argumente (ek verkies “debat”) ander van jou oortuiging kan oorreed nie, waar laat dit ons met die opdrag “Gaan na alle nasies …”? Ek sien jou punt: in hierdie post-moderne era waar almal tergelyk reg en verkeerd kan wees, is logiese debatvoering deesdae soos ‘n abstrakte kunswerk sonder enige konvensie of bepaalde vorm. Uiteindelik moet ‘n mens wel ‘n konvensie aanhang – en ek kies, met die risiko dat iemand my nou godsdienstig gaan noem, een waar verdraagsaamheid en medemensskap die bo-toon voer.

    Dankie vir dié!

    • Dagsê Emil

      Baie welkom vir die kuier hier om die ronde tafel en ook jou idees wat jy met ons ander deel.

      Ek stem saam met die stelling dat daar wel plek vir debat is in enige onderwerp. Wat ek egter vermy is wanneer dit in argumente ontaard en mense begin mekaar aanval of kleineer.

      Daarom vind ek geensins fout met jou uitkyk van verdraagsaamheid en medemenskap nie.

      Die probleem wat ek egter waarneem met sulke gesprekke is baie keer dat daar misverstande is juis oor mense verwag, die ander party weet net soveel soos hy/sy van ‘n onderwerp. Alternatiewelik as hul verskil dink die een die ander weet niks. 🙄 😯

      Groete en mooi wense vir julle mense naby die grootdam. 😉


Categories

%d bloggers like this: