Posted by: White Knight | Tuesday, 18 August, 2009

Die Koning se kabinet

Dagsê aan die Hawe se kuiergaste. Elke dag bring nuwe dinge, maar een saak wat ek nie graag ‘n verandering aan wil sien nie is dat die meeste mense lekker moet kan kuier om die ronde tafel.

Nie almal sal altyd gelukkig wees met elke ding wat hier geskryf word nie, maar dis nie die oogmerk nie. Wat ek wel voor hoop is dat elke kuiergas iets hier sal vind wat hulle weer die proses van dink oor dinge en ander se siening sal laat verstaan, nie noodwendig met dit saam stem nie. Hopelik beter sal verstaan dat die lewe en omstandighede jou vorm en elke mens se omstandighede anders is en daarom reageer ons anders, al sou ons, ons in dieselfde situasie bevind.

Die Koning en Sy kabinet

Op ‘n dag beweeg die Koning deur se grondgebied en elke keer as die amptenare hom net die mooi plekke wil wys, dan beveel Hy hulle om in ‘n ander rigting te draai. Met die word sy kabinet en amptenare natuurlik onkant gevang aangesien hulle nie voorbereid was vir dit nie.

Die onverwagse verandering van rigting laat hulle telkens te midde van seker die armste en mees vervalle areas van die rykdom beland. Die Koning klim verskeie kere selfs uit sy amps voertuig en onder luide protes van sy sekerheids personeel, stap Hy tussen die mense rond en groet en gesels met hulle.

Met tye vertoef Hy by sommige van die mense wat weens verskeie redes of moeilik, of glad nie oor die weg kan kom op hul eie nie. Die meeste van hulle spreek ook teenoor die Koning die wens uit dat as daar tog net ‘n manier was, hulle graag iets vir ander sou wou beteken, ‘n bydra maak om ander se lewens te help verbeter.

Die Koning was eers baie ontsteld oor die onversorgde toestand wat Hy by sekere mense en groepe in Sy land ontdek het. By navraag aan sy kabinet tydens die reis word aan Hom gestel dat die mense arm, sieklik, minder slim of selfs gebreke het wat dit nie die moeite werd maak om hulle op te hef nes die ander wat hulle hom wou gaan wys het nie.

Die uitspraak het die Koning eerstens met hartseer en daarna met woede vervul, soveel so dat hy met enkeles oor die hele kabinet ontslaan het. Sy opdrag was ook verder dat hulle onmiddellik in poste moet dien waar  slegs die opheffing en versorging van die gebiede wat deur hulle afgeskeep was prioriteit mag geniet.

Uit die groep wat hulself ongeag hul eie omstandighede nog bereid verklaar het om vir ander ‘n beter lewe te wil bewerkstellig het Hy vir hom ‘n nuwe kabinet saamgestel met die opdrag dat geen persoon in die Koninkryk beter of meer aansien as ‘n ander het nie. Vir hulle in sy kabinet het sommige vlerke gegee om te kan beweeg as hulle nie kon loop nie. Ander het tegnologie gekry vir die oordra van hulle liefde en omgee vir ander. Die wat kon beweeg maar nie die pad sien nie, het Hy helpers gegee om die pad aan te dui.

Van daardie dag was die Koninkryk nie meer verdeel deur die bestaan van aansien en trots aan die een kant en verstotelinge deur persepsie nie. Maar elke een was gelykvormig deur Hom wat hulle lief gehad.

Jy kan enige dag as jy mooi kyk die Vlinders met vlerke sien op pad om vir ander die nektar van Sy skepping te bring. Hulle wat gehaal en gelei word weer deur ander tot by selfrespek en oorwinning. Asook die wat tegnologie ontvang en korrek gebruik tot uitbou van elke een en herstel van die Koninkryk.

Mag elke een van julle die voorreg geniet, om die skatte van Sy skepping te aanskou om julle. Verby die uiterlike kyk sodat die vodde en gebreke nie die alpha en die omega is nie, maar die Skat binne in elke kruik of houer verheerlik kan word.

Groete en seëninge van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok :roll: :lol:

White Knight


Responses

  1. Dankie Knight – ek kry altyd stof tot nadenke hier by jou. Moenie ophou skryf nie🙂

  2. Hy het elkeen van ons bemagtig sodat ons kan wees wat Hy wil he ons moet wees waar Hy wil he ons moet wees op die tyd wat Hy wil ons daar moet wees.

  3. Dagse Sonkind

    Dankie vir die inloer, ek waardeer jou kuier hier om die tafel.

    Hello Attie
    So waar dat Hy ons waardig maak om alles te kan wees soos wat dit in Sy plan vir ons lewens inpas. Jammer dat baie dit mis deur nie gehoorsaam te wees nie. Dankie vir jou insette altyd.

    Groete

  4. Koning, Abba, Vader, Skepper!!

    Jou 101ste inskrywing Ridder – Dankie vir JOU!

  5. Goeie more, dankie vir jou inloer by ons en vir jou ondersteuning.

    Treffnde posting, ja die geleentheid en moontlikhede is daar God het ons nie hier gelaat met geen hoop en niks nie.Ons is almal homogeen voor Hom wat ons eerste lief gehad het.

    NS, Emil hrt jou twee maal gister n verduidelikking gevra op my posting van Toordery, ek sal dit waardeer as jy dit kan verduidelik.

    Mooi dag vir jou en almal hier.

  6. Dagse Sammi en Brein

    Sammi
    Ja, voorwaar die 101ste inskrywing. Alles wat mooi is en voorspoed vir julle.

    Brein
    Mag die Trooster wat Jesus Christus van die Vader gevra het jou persoonlik kom troos in hierdie tye.

    Groete

  7. En dis inskrywings soos die wat jou blog een van my gunstelinge maak. Dankie Knight

    Groete

  8. Dagse Wipneus

    Dankie vir jou ondersteuning. Ek probeer maar met die leiding van Bo doen wat ek kan in die ou deur mekaar blogsfeer.

    Groete


Categories

%d bloggers like this: