Posted by: White Knight | Saturday, 15 August, 2009

Wanneer is genoeg?

Welkom aan die gaste wat hier inloer. Maak julle tuis met ‘n koppie koffie en beskuit, of ‘n gemmer koekie, 😉  en geniet die gesels oor verskeie onderwerpe.

Vandag is natuurlik die onderwerp van wanneer is genoeg nou regtig genoeg?

Die vraag gaan werklik oor elke aspek van die lewe. Die paartjie wat een kind het sal vir jou verduidelik dat een nou genoeg is, hulle bure oorkant die pad met ‘n sesling en nog twee tweelinge en die anders enkeling kind sal weer verduidelik hulle wou so graag dat die een eerder ook ‘n tweeling moes wees. 😯

Bill Gates wat as een van die rykstes, in sommige gevalle as die rykste man in die wêreld, klassifiseer word wil net nog die program bekendstel en ook hierdie groep van rekenaars voorsien. Daar is nooit genoeg rekenaars of programme en speletjies in die hele wêreld nie.

Sir Richard Branson wil net nog een nuwe maatskappy stig of adrenalien polsende toertjie verrig om ‘n ander bekend te stel. Geen uitdaging blyk ooit vir hom te groot te wees nie en hy doen dit alles met ‘n glimlag of dan op die foto’s natuurlik.

Donald Trump bou die een na die ander reuse wolkekrabbers op elke moontlike en onmoontlike plek. Dieselfde met Sol Kerzner en sy hotelle wat hy oprig en die een meer eksoties en uitspattig as die vorige een.

Tiger Woods jaag elke moontlike PGA titel na.  Jack Nicklaus is  die een wat tans die houer van die meeste titels is. Hierdie is natuurlike die vier mees gesogte golf toernooie van almal, Die Amerikaanse Ope, Amerikaanse Meesters, Britse Ope en die PGA toernooi. Hoeveel toernooi moet nog Tiger se loopbaan gewen word voor dit genoeg is?

Karre word vinniger, Vliegtuie vinniger en groter, wapens dodeliker en bakterie en virusse al vreemdes. Mense se waardes verander en dit wat hulle glo en uitleef is lankal nie meer in lyn met wat vir die vorige eeu die alpha en die omega was nie.

Hoeveel geld is genoeg, hoeveel vrouens, watter vlak van die lewe het jy genoeg geleer of werk jy genoeg ure aan jou drome om dit te maak realiseer.? Kan mens ooit genoeg tyd saam jou geliefdes deur bring of hulle verseker dat jy vir hulle lief is?

Die dag as jy besef daar is probleme, het jy dan genoeg gedoen om jou verhouding of huwelik te red of maak werk? Het jy genoeg kere gesê jy is jammer of die minste gewees? Het jy werklik vergewe en weer probeer of net jou gewete probeer sus en ander se monde gesnoer in die proses?

Die antwoorde sal mens nie hier kan gee vir al die probleme nie omdat juis die mensdom so totaal gediversifiseerde is in hulle denke en geloof asook siening oor ‘n saak. Al wat ek weet is dat jy niks maar net mooi niks kan doen as die ander lede van ‘n gesin of groep nie meer wil saamwerk of probeer nie. Dis dan wat jy moet besef dat jy alleen staan en jouself moet afvra of dit nie genoeg tyd en energie gegee was vir ander en nou moet jy aan jouself begin dink nie?

As jou besigheid vennoot jou aanhou in die wiele ry en skade berokken, skop hulle onder die alie en beweeg aan in ‘n ander rigting sonder hulle. Maar het jy dan genoeg gedoen om seker te maak voor jy jou in daardie saak begewe het om met hulle ‘n vennootskap te sluit?

Kan enige persoon ooit genoeg kere aan ander die evangelie verkondig? Hulle vermaan om op die regte pad te wandel en hulle saak met God reg te maak?   Die omkeer te maak in hulle lewe weg van die sondaars pad af? Wanneer begin die verkondiging van die waarheid wat reg en verkeerd is genoeg raak?

Die Bybel is deurlopend gevul met manne en vroue wat deur God opgeroep is om die regte weg aan die volk te wys. Wie is ek om God se opdrag te bevraagteken?

Persoonlik dink ek dat geen sondaar enigsins belangstel in ‘n ander persoon se gekerm oor sy of haar sondes nie. Die enigste antwoord is dat jy, soos God die sondaar moet liefhê en daarom die waarheid moet verkondig aangaande die Evangelie van Verlossing in Jesus Christus, maar die sonde mag jy nooit goedpraat of daarmee saam stem nie.

As jy dit kan doen in liefde sonder om die persoon te veroordeel is jy een stappie nader aan beter, maar of dit genoeg is?  😕

Groete en seëninge van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok :roll: :lol:

White Knight

Advertisements

Responses

  1. Hi Knight

    Jip wanneer is genoeg, genoeg?

    Baie goeie inskrywing wat vrae beantwoord waaroor ek die laaste ruk self ook wonder. Dankie.

    Geluk met jou 100ste inskrywing, sien uit na die volgende 100! :mrgreen:

  2. Moresê WK,

    Ek glo nie daar is werklik ‘n regte of verkeerde antwoord op hierdie vraag nie, juis omdat jou genoeg en my genoeg noodwendig van mekaar gaan verskil.

    MAAR,
    Dit gesê kan ‘n mens sekerlik onderskeid tref tussen dit wat belangrik is en dit wat noodaaklik is (en dit is nie noodwendig dieselfde ding nie!) Dit is noodsaaklik om te werk ek geld te verdien om vir jou gesin te sorg, maar die oomblik as die najaag van wins ten koste van jou tyd met jou familie word, dan is dit sekerlik genoeg?

    Op die ander sy is iets soos eerlikheid, in vandag se wêreld glad nie noodsaaklik nie, maar tog vir my belangrik. Daarom dink ek nie jy kan ooit genoeg eerlik wees, genoeg liefde gee, genoeg omgee ensovoorts ensovoorts.

  3. Dagse Kuiergaste

    Wipneus

    Hmm, ek sien jy kan mooi tel, dankie dit was miskien nie die maklikste of beste 100 tal nie, maar dis darem daar. 😉

    Plasie

    Dis voorwaar jammer dat die dinge wat mooi is en die lewe aangenaam maak soos ordentlikheid en goeie maniere asook beginsels volgens die Woord van God so skaars en yl gesaai is deesdae.

    Ten minste weet ons darem wie die mense is wat wel volgens daardie riglyne lewe.

    Groete


Categories

%d bloggers like this: