Posted by: White Knight | Saturday, 1 August, 2009

Handskrif

Wel ek moet vandag erken ek is laat in my reaksie op Retha se versoek om my handskrif te openbaar. Iets wat sy weer op haar beurt van Flippiefanus gekry het.

Retha ek voldoen vandag dus eers aan jou versoek, hoop nie die resultaat is skokkend nie.Β  πŸ˜€

HandskrifEk het my deel gedoen, en daarom wil ek oorlams wees en vir Jo-Ann en Bierpens vra om dieselfde te doen. Beskou julle self dus as getag in die verband.

Groete en seΓ«ninge van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok :roll: :lol:

White Knight


Responses

  1. Hehe, so much for taking a blog-break. πŸ™‚

    Ek sien mooi goeters in hierdie suiwer, standvastige, trotse, eerbare, skoon, duidelike, kragtige en pragtige handskrif.

    Groete

    Mefri

  2. Dagse Mefri

    Jy moet pasop, jy sal laat die Ridder grootkop kry en dis gevaarlik, want dan pas die kopskerm nie meer nie. 😳 πŸ˜‰

    Goed om jou weer te sien.

    Groete

  3. Jy’s gebless hoor…. ek sal dit nog doen, maar ek skryf maar lelik vandat ek altyd net tik… πŸ™‚

  4. πŸ˜‰ Nee wat Ridder, met jou nederige geaardheid loop jy beslis nie daardie gevaar nie, inteendeel…

    Daar is rustigheid, kalmte, selfversekerdheid en outoriteit in jou kommentare sigbaar en ek is sekerlik nie die enigste een wat dit raaksien nie.

    Hehe ek kan nog baie deugde byvoeg by my lysie en dit is nie omdat ek handskrifte kan ontleed nie, dit spreek vanself deur jou skrywes.

    Goed ek erken dat ek het ook tussen die lyne kon lees dat jy nie toelaat dat iemand jou hiet en gebied nie, maar dit is mos vanselfsprekend karaktereienskappe van β€˜n Ridder.

  5. Hi WK! Weer met ons? Ek het al opgegee met jou! πŸ˜†

    Jy het ‘n baie mooi handskrif. Sterk, sou ek dit noem. πŸ˜‰

  6. Nou wonder Sharona net of die Ridder altyd net in hoofletters skryf? As dit dan so is, se die ontleders,kan dit wees dat die Ridder ook aanleg het tot die kreatiewe kunste – (wat waar is, omdat ons almal weet dat die Ridder graag dig) asook strukturele sisteme/ontleding (iewers het ek voeltjie hoor fluit die Ridder is in die ingenieurswese betrokke). πŸ™‚

  7. Dagse Mefri

    Eish, jy moet stadig met die heuning kwas. πŸ˜‰
    Ek probeer maar om enige iets wat ek skryf te doen sodat dit sin maak en mense ‘n ander opsie ook gee om oor dinge te dink. 😳

    Boendoe
    Op gee op die Ridder, nooit 😯
    Netnou was ek regtig weg en dan hou julle op soek. πŸ™„
    Nee wat darem nie regtig nie, dit was maar ‘n wilsbesluit omtyd te in te ruim vir die blog. Dankie vir die kuier.

    Sharona
    Jip, daar word altyd in hoofletters geskryf. πŸ˜†
    Dit word net leliker as ek oorhaastig raak. πŸ˜€
    Die Dame moet pasop wat sy by die voΓ«ls hoor, met al die lugbesoedeling kan hulle effe van hul wysie af raak. πŸ˜‰

    Groete en alles wat mooi is vir die Hawe se kuiergaste in die week wat voor ons is.

  8. Dagse Jo-Ann

    Dankie vir die blessings πŸ™„
    Ons kyk uit vir jou skribbels daar. Mag jy ‘n wonderlike week geniet.

    Groete van uit die Hawe vir al die Kapenaars. πŸ˜‰

  9. Hi White Knight

    Sorry dit woel en werskaf so daar oppie plasie dat geen mens hond haar af maak tussen al die stof en rommel nie …

    ek sal moet ‘n pass gee op die ene … ek sou die week begin trek het … Richards Baai toe, maar dinge het nou so bietjie styf gedraai met die reΓ«n …

    Weet is nie veel gevra nie, maar die scanners is al innie bokse en ek sal nie gou anderkant gereed wees nie. So jy sal my maar eers moet verskoon…

  10. Dagse Bierpens

    Nee wat dis geen probleem nie. Mens verstaan as die kalf in die put is dan moet mens mos maar eers daar aandag gee.

    Sterkte vir die klein woordjie met die baie werk.

    Alles van die beste daar.

    Groete

  11. Mooi sterk handskrif, welkom terug Knight!

  12. Dagse Wipneus

    Hiberneer jy nie meer saam die slange en bere in die koue maande nie. πŸ™„ πŸ˜†

    Dankie vir die welkom en die kuier hier, hoop ons sien jou ook weer meer gereeld hier.

    Groete


Categories

%d bloggers like this: