Posted by: White Knight | Tuesday, 28 July, 2009

Angus Buchan en Gretha Wiid

Goeie dag kuiergaste van die Hawe. Sit gemaklik by die ronde tafel, geniet jou koffie en beskuit terwyl jy saam die res van ons hier vertoef.

Ek wil vandag ‘n onderwerp aanraak wat geweldige groot media dekking geniet en meeste van dit is verdraaide – soos verwag vir sensasie – van gebeure en dinge wat mense na aan die hart lê.

Mense soos Oom Angus Buchan, ja ek noem hom uit respek oom, en Gretha Wiid wat met ‘n passie en ‘n liefde vir ander mense hulle onderskeie bedieninge uitleef. Hierdie mense het ‘n pad gestap in hulle eie lewens waar beide van hulle sowel as die naby aan hulle in meer as een geval moes vertrou op God vir leiding en oorlewing.

Hulle het soos Fanie De Villiers van krieket faam gewoonlik sê: “Gegradueer uit die Universiteit van die Lewe”. Die kennis wat hulle opgedoen het en gebruik in hulle bediening is nie opinies van sake en mense nie, maar dit wat hulle persoonlik self ervaar en soms met pynlike gebeure moes leer in hul eie lewens.

Daar is niks wat enige mense jou uit ‘n boek kan leer wat soveel trefkrag het as juis wanneer jy op jou einde en totaal moedeloos oor ‘n saak is, en God kom dan tot jou redding sodra jy Hom ten volle vertrou vir die uitkom en ophou om jou eie planne te volg.

Juis daardie seer en pyn asook verlorenheid wat mense soos Oom Angus en Gretha persoonlik ken maak hulle passievol vir die werk van God omdat hulle deur eie ondervinding ander wil help om nie die nodigheid van die selfde seer te moet ervaar nie.

In Suid-Afrika met sy hoë egskeiding, selfmoord en ander wêreld leierskap syfers, vir die verkeerde redes, het dit juis nodig geword dat daar te midde van die opgehoopte agressie en losandigheid mense begin opstaan en hulle uitspreek teen juis daardie dinge.

Baie mense hou nie van die manier waarop Oom Angus en Gretha die boodskap uitdra nie. Vir my persoonlik is dit dieselfde as toe die Dissipels vir Jesus daarop attend maak dat ander mense ook die evangelie verkondig en vir siekes bid en duiwels uitdryf. Jesus se antwoord was, ” As hulle nie teen ons is nie, dan is hulle vir ons”.  Dus as Gretha en Oom Angus se metodes en woord keuse nie in die  leerskole en hoë klas vorming van die mensdom aangeleer is nie, “so what”.

Die huwelik as kern van die gesin  asook die gemeenskap en die volk is in ons land meer siek as gesond, as mense dus opstaan en dit begin aanspreek en die gevolg is dat die wat luister hul huwelik regruk en lewe in orde kry is ek geheel en al tevrede daarmee. Hulle bereik met hulle metodes en bedieninge baie meer as die mens gevormde mates en godsdiens reëls wat almal so geredelik wil toepas.

Ons land en die mense se geestelike toestand is juis in meeste gevalle die gevolg van al die godsdienstige reels en regulasies wat mens ingestel het en daarmee meer skade as goed aanrig juis oor dit soos Louis Malherbe altyd gese het – “Kontak verloor het en geen begrip het van waar die tyre die teer slaan nie” Baie instellings en kerke het voeling en tred verloor met die werklike probleme waarmee die hedendaagse mens te kampe het in ‘n wêreld wat voortdurend verander maar God konstant bly in Sy liefde en Genade vir die mens.

Dus voor jy weer mense soos Oom Angus Buchan en Gretha Wiid wil kasty en met jou pen en rekenaar wil stenig, kyk maar eers diep in jou eie lewe en bepaal hoe perfek jyself is en hoeveel jy vir God se Koninkryk bereid is om te doen en opoffer. Hierdie mense het nie gevra vir bekend wees nie, al wat hulle wou doen is ander mense help om die Liefde, Genade, Beskerming en Herstel van ‘n persoonlike vehouding met die Lewende God te ervaar.

As jy dus wil kritiseer gaan tel eers hoeveel mense se lewens het jy help verbeter en herstel. Jy mag dalk net verbaas wees as die volle totaal van jou berekeninge ‘n ronde nul is en jy dalk self een van die is wat hulp nodig het juis omdat jou kritiek eerder ‘n noodkreet om hulp is.

Mag God se seën en genade met hulle en die soos hulle wees. Indien dit wel nodig is dat Hy, die Lewende God en Jesus Christus deur die leiding van die Heilige Gees hulle sal help om net sterker te word en dit wat moet verander en verbeter vir hulle die krag gee om dit te kan doen.

Mag God julle ore sluit vir die venyn wat deur die vyand inspireer word. Mag ander julle dra in gebed dat God julle en die wat dierbaar en geliefd is seën en bewaar van alle teëspoed en gevaar.

Amen

Groete en seëninge van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok :roll: :lol:

White Knight

Advertisements

Responses

  1. Dit verstom my altyd dat daar mense is wat ander so graag wil afkraak. As hierdie mense dan hulself verwerdig om ander mense so te kritiseer dan moet hulle mos voel dat hulle die ding beter kan doen. Hoekom hoor ons dan niks van wat hulle bygedrae het nie?

  2. Ridder – tien uit tien vir hierdie skrywe van jou. Ek het my nou net bloedig vererg daar by Facebook, waar mense vertel Gretha se kop het haar gelos en al sulke snert. Dis nes jy se^, Flippiefanus – beste stuurman staan altyd aan wal – soos die gesegde lui.

  3. Dagse Flippiefanus

    Dis my siening oor die hele situasie ook. As jy wil kritiek lewer moet jy mos ‘n oplossing ook kan gee vir dit wat jy voel nie reg is nie. Die gevoel wat ek kry is dat mense juis kritiek lewer omdat die situasie hulle dalk direk aanspreek in hul eie lewens. Dus voor jy iets aan jou eie lewe doen, kraak eerder die boodskapper af.

    Alles van die beste vir jou.

    Groete

  4. Dagse Sonkind

    Gelukkig / ongelukkig gaan ek glad nie op Facebook in nie, so ek het geen benul van die argumente daar nie.

    Wat ek wel kan aflei uit die tipes kommentaar wat ek gesien het in die media, is dat die mense weer net een reel gelees het van die media se opinie en dan daarvolgens ten hemel skreeu maar geen idee van die werklike waarheid het nie.

    Alles wat mooi is.

    Groete

  5. amen.
    en @R175 is dit nogsteeds ‘n bargain


Categories

%d bloggers like this: