Posted by: White Knight | Monday, 27 July, 2009

Elkedag se dinge

Die Hawehoof is nog steeds spring lewendig, seker tot baie mense se ergernis, maar glad nie van plan om permanent te verdwyn nie.

Die afgelope tyd se hoof opskrifte het maar net weereens bewys dat alhoewel baie dinge verander bly dit nog maar in wese dieselfde. “Nuwe ANC regering,” selfde ou streke. Nog eens word geld op spandabelrige wyse bestee sonder dat daar een enkele stuk werk nog verrig is of vorige probleme afgehandel of aangespreek word.

Nuwe motors en privaat huise teen astronomiese bedrae is aan die orde van die dag. Uitgawes vir elke gier en gril word na hartelus gemaak en natuurlik skreeu die antie in die Kaap dis vermorsing en onnodig.

Wel dan was die voor 1994 regering seker nie in alle opsigte sleg nie. Ek kan nog die koerant fotos onthou van Dr Mulder en ander Ministers wat by die Uniegeboue opdaag in hul kleiner Mazda 323 “ampsmotors” in die dae van brandstof te korte. Laat mens dink né.

Springbokke wen darem nog so met rukke en stote en dus bly Div gelukkig om uit die kake van die publiek en pers te ontstnap. Geen pragtige prentjie as jy die rugby moet kyk nie, maar wen bly seker ‘n wen soos die manne gereeld sê. Soos Naas aangehaal word “Kyk na die telbord”.

Radio Jacaranda 94.2 bereik nog steeds nie my eerste keuse om die stilte oppad werk toe te verbreek nie. Grootliks oor die ligsinnige manier van omgaan met die waarheid en natuurlik sekere omroepers se ego’s wat groter as die land se grense geword het.

Verlede jaar was dit dalk nog nuus, maar Steve Hofmeyr se sekskapades en losbandige lewe met vroulike persoon een, nee twee, ag nee wat gee maar op, is natuurlik nog steeds die grootste bron van daai moreel afbrekende tydskrif en baie dagblaaie se joernalistieke armoede wat omtrent weekliks in almal se keel afgedruk word.

Steve se eie gedrag om sy optrede en eskapades te regverdig wil ek nie eers bespreek nie. Al wat ek hieruit leer is dat mense se voete nie die massiewe las van ongegronde bewondering en aanbidding kan dra as dit nie stewig geanker is in die ware Rots nie.

Die rede hoekom ek aanvanklik hierdie blog begin het, het met tyd wel eerder geneig na die plaas van skrywes wat ‘n positiewe impak om mense se lewens moes maak. Juis daarom sal ek sover moontlik myself asook ander wat artikels vir plasing stuur slegs oorweeg, indien dit daarvan weerhou om iemand direk te verkleineer of oordeel. Juis omdat elke persoon menslik en dus feilbaar is.

Ek glo dat elke mens die vermoë het om te verander mits hulle bereid is om te erken daar is fout in hul lewens en dan hulself ten volle oor te gee in die hande vanGod,  Die Skepper en Jesus Christus die Verlosser. Slegs as wedergbore mens onder die leiding en beskerming van die Heilige Gees kan jy die daaglikse rampe en probleme van die lewe teen staan en oorwin.

Indien jou lewe nie getuig van die Heilge Gees en Jesus Christus in jou lewe nie, moet jy maar jou “ontmoeting” met Jesus gaan hersien en weer dink oor jou beeld wat jy aan die wêreld voorhou as “Christen” want iewer het die programmering ‘n bug op getel.

Groete en seëninge van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok :roll: :lol:

White Knight

Advertisements

Responses

  1. Ridder!!!
    NET vanoggend wonder ek wanneer jy weer jou verskyning gaan maak en HOE. Hmmm ja, ek onthou daardie rede van waarom jy jou blog begin het 😉 baie goed!!
    En jip, the same old same old
    Maar tenminste word dit lente een van die mooi dae
    En ons vonkelfeetjie vlieg selfs hoër as voorheen
    DANKIE, vriend!

  2. Dagse Sammi

    Baie bly om jou weer raak te lees. Hopelik sal beide van ons nie so skaars wees in die blog sfeer soos die afgelope tyd nie.

    Alles wat mooi is vir julle daar in die kolonie. 😀

    Groete


Categories

%d bloggers like this: