Posted by: White Knight | Wednesday, 6 May, 2009

Jou Bemanning

Soos bespreek in die vorige skrywe, bevind elke mens in ’n stadium hulself in ’n krisis van een of ander aard en kan kompleet voel asof jy afgesny is van alles rondom jou. Dieselfde situasie wat plaasvind indien ’n vliegtuig midde-in ’n storm sou beland.

Nou geen erkende vlieënier sal enigsins eers opstyg as sy vliegtuig nie in ’n perfekte werkende toestand is nie. Hy sal inspeksie doen voor hy eers oorweeg om op te styg. Indien daar enigsins blyk ’n probleem te wees sal hy onmiddellik terug keer na die lughawe of naaste een om te land en eers die probleem te laat herstel.

Wat my persoonlik heeltemal woordeloos laat is dat mense bereid is om hul persoonlike lewe te probeer aanpak sonder om te sorg dat hul eie lewe in orde is. Geen kontak met die Skepper, Verlosser of Heilige Gees nie. Alles gebeur maar so met stampe en stote en dan sal hulle maar plan maak as die probleme te groot word.

’n Vliegtuig wat deur die mens ontwerp, gebou en instant gehou word, kry die beste aandag wat geld kan koop. Dis slegs gekwalifiseerde mense wat toegelaat word om dit instant te hou en inspekteur. Die Beheer toring personeel is professioneel opgelei. Geen vliegtuig word toegelaat om meer as ’n sekere aantal ure te vlieg nie dan word dit geïnspekteer en herstel of selfs in sommige gevalle grootliks oor gebou. Niks wat eers verdag lyk word weer gebruik nie maar vervang en eers na die finale inspeksie word dit weer toegelaat om te vlieg.

Nou die mense is ook so. Baie van ons sukkel met een of ander probleem. Het sy fisies of self emosioneel / geestelik. Nou die oomblik as jy die woord gees of siel gebruik in dieselfde sin as probleem is almal se eerste reaksie: “Man is jy simpel, ek is nie mal nie” Laat ek julle net gou ’n geheim vertel, geestelike of dan emosionele ongesteldheid het niks met die term mal te doen nie. Maar wat jy baie seker van kan wees is dat iemand moet mal wees om nie hul probleem te wil oorkom en dit af te handel nie.

Enige persoon wat God dien, kan dit nie alleen doen nie. Jy het geestelike sterk broers en susters nodig wat jou ondersteun en saam jou bid in goeie en slegte tye. Manne en vroue wat nie bang is om jou te vermaan as daar gevaarligte in jou lewe aankom wat wys dat daar probleme ontstaan nie. Dis “volwasse” kinders van God wat jou in liefde bystaan en oprig en ondersteun en ook dra deur die krisisse van jou lewe. Hulle wat jou help as jy instrumente nie meer kan of koers wil hou nie en ook jou frekwensie met die beheertoring, God help suiwer en sonder steuring en dwalinge hou. Dis nodig vir elke persoon om ’n sterk ondersteunings basis te hê en deel te wees van “die gemeenskap van die heiliges” wat sonder oordeel ingestel is op God en Sy doel en opdrag vir elke individu.

Hulle wat sonder jaloesie kan saam staan en die Vrug en die Werkinge van die Heilige Gees kan verstaan en sonder huiwering kan gehoorsaam wees. Wat nie na mekaar kyk met afguns nie maar die Vyfvoudige bediening nl., Apostel, Profeet, Herder, Leraar en Evangelis kan verwelkom en uitleef in hul midde.

Die is egter nie waar dit eindig nie en soos die lewe maar sy paaie loop kom ons een of ander tyd te staan voor groot probleme. Dis hier waar soms ons bakwerk, maar altyd ons innerlike skade opdoen. Dis dan wat ons moet besef dis nodig om te gaan vir ’n herbou sessie van die innerlike, Dis hier waar jy die spesialiste moet inroep om jou te help om weer ten volle te herstel. As jy dit nie doen nie gaan jy bly sukkel met foutiewe lesings op jou persoonlike instrumentasie en bly koers verloor en jy kan selfs meer as eenkeer val en weer seerkry, maar ten alle tye gaan jy in die proses ander seermaak.

Ek is die eerste om mense te waarsku teen sommer enige kwak salwer sielkundige hulp. Maar dis die mense wat met so ’n agtergrond as wedergebore kinder van God dié kennis en onder SY leiding, jou kan help om weer ten volle bruikbaar en vry, eerstens vir jouself en dan ander baie kan beteken. Hierdie is Pastorale beraders en Sielkundiges wat wedergebore is. ’n Persoon wat op God staatmaak en hul bediening in die veld uitleef is meer werd as wat enige persoon ooit sal besef, totdat hulle self die soet smaak van werklik vry wees van dinge wat krap en seermaak en telkens tot uitbarsting kom ervaar.

Jou redding en wedergeboorte word nie hierdeur ontken en afbreek gedoen aan nie. Allermins, dis juis wanneer jy waarlik vry is dat jy nie bagasie saam dra nie, dat jy God in die oortreffende trap kan ervaar en volkome vry kan wees.

Dus kies jou bemanning vir jou persoonlike lewe versigtig, maar kies hulle beslis en pas hulle op. Sorg dat hulle dieselfde vir jou doen. Soek die beste wat God jou bied uit sy ryklike verskeidenheid van helpers om jou die donkerste van wolke te help deurgaan, maar wees vir seker dat jy wel daardie skade en letsels laat herstel met Sy leiding en die kennis wat Hy in ander geplaas het vir hul bediening.

Dit alles om soos Arende te sweef en nie net soos die Volstruis wat wel ’n voël is maar permanent op die grond bly hardloop en verlang na die blou lug en die wolke daarbo. Arende wat gesond en sterk is gebruik storms tot hul voordeel om op die strome van die storm wind al hoër en hoër te styg totdat hulle bokant dit kan sweef, in vrede en volheid. Na aan hul Skepper

Soveel te meer het jy as dienaar van God in jou bediening, Werk as leier en mede werker of in die alledaagse lewe waar jy verantwoordelik is vir mense en hul welstand, nodig om jou te omring met hulle wat jou hande hoog hou. Net soos Moses in die woestyn gemaak het met die volk wat besig was om te trek.

Groete en seëninge van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok 🙄 😆

White Knight

Advertisements

Responses

  1. Dagsê White Knight

    Sweef soos ‘n arend.
    So ver soos die wind waai…….♪

    Nee, ek glo darem nie ek is ‘n volstruis nie, dankie tog :mrgreen:

    Mens moet jou probleme aanspreek waarmee jy worstel en dan kan jy hoog vlieg… hoër as die storms van die lewe….

    Dankie weereens vir ‘n baie inspirerende inskrywing 😉

    Groete


Categories

%d bloggers like this: