Posted by: White Knight | Saturday, 25 April, 2009

Die Lig in die Vuurtoring

Die lewe gebeur maar elke dag met ons almal. Jy beplan die een ding en voor jy kan rigting kry met jou beplande koers word jy binne oomblikke geheel in ‘n ander rigting geboelie.

Wie van die sogenaamde groot vervaardigers en finansiële reuse het ‘n jaar terug besef hulle sal nou moet veg terwille van oorlewing. Slegs ‘n jaar later is talle mense wat toe nog beplan en drome gedroom het van groter, vinniger en beter, soos ‘n drenkeling ter see slegs besig is om water te trap vir oorlewing.

Die lewe het hordes mense ‘n onverwagse dwarsklap gegee en nou is daar gesinne en gemeenskap wat nie weet waar die hulp vir more vandaan sal kom nie. Dis goed om braaf te wees as jou maag vol kos is en jy in ‘n warm bed slaap terwyl dit buite reën. Wat egter heeltemal ‘n ander deur settings vermoë verg as jy honger, nat en koud is en die nag voel of dit nooit einde gaan kry nie.

Dieselfde gebeur met mense as hulle glo die lewe is nog lank en daar is baie tyd vir dinge regmaak. Die menslike in gesteldheid om te wil jaag na rykdom, eer en aansien het so oorheersend geword dat alles in ‘n geskarrel na die eerste en beste plek oral ontaard het.

Dis hier waar jy nog eendag droom jy van jou nuwe landgoed en dubbelverdieping Toskaanse huis met die Porsche en Ferrari in die motorhuis langs die Motorboot en Jet ski wat alles natuurlik net by die naweek huis staan, dis nie eers die regte Groot huis in Houghton nie.

Dan op ‘n dag gebeur die onbegryplike, jy le in die lang gras van die Vrystaat se vlaktes of in die Bosse van die Limpopo of self die Mansion in Houghton se koue badkamer vloer. Die gevoel van die dood wat nader beweeg en jy weet nie of die hulp wat jy so na roep jou betyds gaan bereik nie. Jy is nie eers seker of jy droom en die geroep jou eie gedagtes is wat jou terroriseer nie en is jy werklik besig om vir hulp te roep.

Die bogenoemde kan ‘n fisiese ongeluk, gekaapte sake transaksie, of selfs ‘n “verkeerde” politiek party wat iewers wen of dalk wetgewing wat jou maatskappy se ondergang teweeg bring. Die permutasies van gebeure is oneindig maar die resultaat bly dieselfde.

Dis wanneer jy as persoon gestroop van aardse besittings en gelowe nakend en uitgeklee staan dat die ware jy as persoon gemeet word. Dis hier waar jou somtotaal bereken word en jy weet nog voor enige ander persoon, selfs die naby jou dat jy geheel en al oorvloedig ryk of verstommend brandarm en bankrot is.

Dis dan wat jy sonder verskoning moet weet of jy nodig het om jou prioriteite te hersien en jou skure moet laat uitwas en ontsmet as gevolg van verrotting wat die vlees en gees besmet het. Die alternatief is natuurlik dat jy weet jou skatkis is gevul met edelstene en goud geberg op ‘n plek waar mos en roes nie kan vernietig nie en die dief wat sluip in die nag nie kan kom steel nie.

Dis die laaste opsie wat enige persoon ongeag van omstandighede sal laat staande bly al sou alles rondom hulle wankel, sal koers verander sonder om te sink en die rotse van vernietiging sal laat verby gaan sonder skade.

Dis jy wat soos die Profeet Elia sal opstaan en kan se, Die wat met ons is, is baie meer en sterker as hulle wat teen ons is.

Dis jy wat jou saak ongeag van omstandighede met die Lewende God reg gemaak het en deur Sy Gees gelei word wat saam jou gees getuig dat Hy, Abba Vader is. Die Skepper van hemel en aarde en sou daar duisend ander wees wat hom nie dien nie, is jy bereid om soos Daniel en sy Vriende te volstaan in jou geloof en te weet dat God se plan met jou lewe in vervulling sal kom ongeag wat mens beplan.

Jy sal daardie plan van God met  jou lewe volbring maak nie saak hoe jy deur ander vertrap of verniel word nie, jy sal elke keer opstaan en weer voortbeur sonder om moed op te gee.

Jou liggaam kan hulle verniel en vermink, maar jou Gees gevul met God se Heilige Gees kan hulle nie dood maak nie,  jou Siel en Gees sal ten alle tye oorleef en oorwin.

Neem dan die hand van Hom wat jou kan toevou en bewaar en rig nie jou oe op dit wat verganklik is nie maar op Hom wat ewiglik onverganklik is. Neem Jesus Christus  aan en gee jou lewe oor in Sy hande sodat Hy jou die weg kan wys en kan leiding gee deur Sy Heilige Gees.

Ek weet nie wie jy, of julle is nie , maar neem daardie eerste tree en begin die pad stap elke dag met jou hand in Syne en wees gerus dat Hy jou ongeag die lewens kwellinge altyd sal help, bewaar en krag gee om te oorwin. Nie noodwendig die manier wat ons dit wil he nie, maar vir seker die beste wyse vir die langer pad.

Liefde, seen en voorspoed vir jou wat vandag die Lig in die hawe se vuurtoring nodig gehad het. Jy wat nie weet hoekom nie, maar die skrywe raak gelees het, dis spesiaal vir jou wat ek die opdrag uitgevoer het en in gehoorsaamheid vir jou die pad na die  Lig gewys het.

Mag jy die liefde, genade, teerheid en vrede van die Herder en Skepper die Lewende God in jou lewe nou en altyd ervaar.

Groete en Seënwense van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok. 🙄 😆

 

White Knight

Advertisements

Responses

  1. Ridder, ridder
    Watter pragtige en diep inskrywing – jy bly maar ‘n toring van krag – dankie, jou wonderlike ding. Nou voel ek half sleg want ek slaap nog in ‘n warm bed met ‘n dak oor my kop terwyl dit buite stort reën, vir so baie van ons…
    ai…

  2. Daar is geen armer armoede as die armoede van die gees nie. Mens kla so maklik en vergeet waar jou rykdom lê. Dankie dat jy my weer herinner het 🙂

  3. Ja, dis waar wat Sammi sê hierdie inskrywing laat mens nogal sleg voel. Daar is baie in die lewe om voor dankbaar te wees.

    Mens moet net jou hand uitsteek en daaraan raak en met jou hand in Syne is niks onmoontlik nie…

    Ekke moet laat skure was en ontmet!!

    Dankie 🙂

  4. En al die duisternis in die wêreld kan nie die lig van ‘n enkele kers doof nie.
    Dankie Ridder vir die herhinder oor wat nou eintlik belangrik is.

  5. Wit Ridder, baie dankie dat jy weer vir my die pad na die Lig gewys het. ‘n Mens vergeet maar waar jou eintlike hulp en redding vandaan kom….

  6. Dankie Ridder….

  7. Ridder, wat kan ek sê. Jy is en bly maar ‘n inspirasie.


Categories

%d bloggers like this: