Posted by: White Knight | Wednesday, 15 April, 2009

Gaan jy bly of gly?

Baie mense het seker na aanleiding van die vorige skrywe gedink dat ek net negatiewe dinge rondom die huidige situasie sien in Suid-Afrika. Wel hiermee wil ek dan ook die saak net duidelik uitklaar. Ek staar my nie blind vir die foute en probleme van die land nie, allermins. Dit beteken net dat ek wel erken daar is foute maar vir geen oomblik gaan ek my rug draai en wegloop van dit wat hier aan die gang is nie.

Ek wil hiermee reguit verklaar dat Suid-Afrika ook my land is net soos dit miljoene ander mense se land ook is en ek geensins van plan is om te immigreer nie. Of die ander groepe nou daarvan hou of nie, ek is hier tot ek opdrag ontvang van my Skepper om na ’n ander land of kontinent te gaan.

So almal wat swak diens lewer en die regering se misdadige verminking van die reg ten spyt, ek gaan julle ieder en elk, hel gee tot julle regkom en beter diens lewer asook die reg korrek toepas. Ek verklaar voorts dat daar nie kompromieë met jou en jou soort sal wees ten einde die luiheid en arrogansie te verbloem nie. Julle is en sal altyd teenoor my as inwoner en belastingbetaler verantwoordelik bly en dis hierdie reg wat ek het en gaan uitoefen om julle en die soos julle wat sonder trots en respek vir jou medemens omgaan en die posisie wat jy beklee misbruik vir persoonlike gewin.

Moenie verwag dat ek my standaarde gaan verlaag nie. Eerder jy gaan jou standaarde en werketiek verhoog om weer aan die mense van die land rede te gee om trots te wees op hulself en mede burgers.

Hiermee sal ons voortgaan tot julle weer uit geledere die regte wee kies en volg wat van julle verwag word. Alhoewel dit nie die begin is nie sal ons seker maak dat op 22 April 2009 daar wel gestem sal word vir verandering. Dit is dalk nie die verandering wat julle in gedagte het nie, maar meer nodig het as wat julle besef.

Intussen sal ek en die geliefdes naby aan my vashou aan die geloof soos Koning Dawid van oud weerspieël in sy skrywe van Psalm 91.

Psalm 91

1 Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.

2 Ek sal tot die HERE sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou.

3 Want Hy is dit wat jou sal red uit die net van die voëlvanger, van die verderflike pes.

4 Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil; sy trou is ‘n skild en pantser.

5 Jy hoef nie te vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie,

6 vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie!

7 Al val daar duisend aan jou sy en tien duisend aan jou regterhand—na jou sal dit nie aankom nie.

8 Net met jou oë sal jy dit aanskou en die vergelding van die goddelose sien.

9 Want U, HERE, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak.

10 Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie;

11 want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë.

12 Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip stamp nie.

13 Op die leeu en die adder sal jy trap, die jong leeu en die slang vertrap.

14 Omdat hy My liefhet, sê God, daarom sal Ek hom red; Ek sal hom beskerm, omdat hy my Naam ken.

15 Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee.

16 Met lengte van dae sal Ek hom versadig, en Ek sal hom my heil laat sien.

Dus moenie dink dat ek en die naby aan my sal vlug en weggaan soos julle lastige vlieë in die kraal met beessterte verjaag nie. Inteendeel, kyk maar gedurig oor die skouer want julle sal nie weet waar en wanneer enige een van ons of die wat soos ons voel julle dophou en gaan regruk op die spore van waarheid, reg en geregtigheid nie.

Wees dus in die toekoms versigtig, baie versigtig want jou sondes en luiheid gaan jou inhaal en verbygaan. Dis dan wat julle nie moet kla nie, maar verstaan die mense van Suid-Afrika het genoeg gehad van derde wêreld se diens en vlaag op vlaag van misdaad en korrupsie.

Groete en Seëninge van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok.  🙄  😆

Advertisements

Responses

  1. Amen.

    Net vandag dink ek dat die media ons ook negatief maak. Kyk net, ek was dorp toe, het lekker in P & P gestaan en besluit wat ek moet vat uit die vele keuses op die rak, en toe ek uitgaan het niemand my harrass nie. En my kar het toe ook nog gestaan waar dit was. Daar IS misdaad, maar ek wonder… In ‘n jaar was ek net eenkeer ‘n slagoffer. Die res van die tyd was daar net vrede en vreugde.

  2. Ou Ridder, ek gaan nie eers die feit probeer verbloem dat ek bitterlik negatief is teenoor onse landjie op hierdie stadium nie. Jy hoef maar net my spoor te volg om dit te sien (o.a. hier ook)
    Maar soos ek daar by Sammi vertel het, as dit werklik my volle intensie was om die land te verlaat, was ek al weg. Vir nou sal dit maar moet doen tot ek weer inspirasie vind by mense soos jouself, Sammi en Boendoe en Ding en al die ander wat verklaar het dat hulle hier is om te bly.

    Groetnis

  3. Amen.

  4. Nee wat ek sal maar bly 😛 waarheen moet ek wat arm is nou gaan? die ander lande soek mos net ryk en slim mense 😀

    Lekker dag!!

  5. o ja!!!

    GO SHARKS GO!!!!!!

  6. Viva Fossiel

    Ek is ook vas van plan om te bly. Dit is nie net praat nie, ek het onlangs ‘n baie goeie aanbod om oorsee te gaan werk van die hand gewys.

  7. Uitstekend Ridder!! Yes man, hierso is sommer ‘n groot klapsoen vir JOU.
    Reguit gepraat…

    As mens dan so graag ‘n “leier” wil wees en met soveel beloftes kom, MOET mens verantwoordelikheid daarvoor aanvaar. En ons as die publiek moet ook verstaan dat ons die reg het om hulle daartoe te dwing.

  8. Nice positiewe inskrywing 😉

    Wag dat ek gaan, ek wil ieder en elk gaan hel gee, wat slegte diens lewer! :mrgreen:

  9. Amen Ridder!!

    Ek dink dat dit tyd is om ons fokus te skuif van die negatiewe goed wat ons elke dag ervaar en wat ons depressief maak en ons fokus en energie rig op Jesus Christus.

  10. Wat Sammi sê. 😉

  11. Ek is bly my mede-Saffas gaan almal hulle HEL gee, want dit sou ek ook wou doen en enige tyd wanneer ek terug in die land is, gee ek hulle netsoveel HEL saam met julle almal saam. Julle ken my nie, het nog nie gesien/gehoor HOE ek hulle op hul hel kan gee nie!! 🙂 So ‘n mond moet melktert kry! ek het so pas melktert hier gehad deur ‘n mede-landsgenoot gemaak en my ingeleef in my “verlore” kultuur! Sterkte met die hel en hou aan om hul op hul hel te gee! 🙂


Categories

%d bloggers like this: