Posted by: White Knight | Wednesday, 8 April, 2009

Hoe lyk Suid-Afrika tans?

Die regering van die dag is tans net besig om voete te sleep met die verkiesing wat op hande is en niemand begin enige nuwe inisiatiewe nie. Dan is daar natuurlik die volgehoue gerugte van korrupsie en ander ongerymdhede wat bly na vore kom.

Swak diens

Geen departement is seker meer in die oog as die Departement van Binnelandse sake nie. Juis hulle volslae onvermoë om behoorlike beheer uit te oefen op die uitreiking en beveiliging van inligting ten opsigte van Paspoorte en Identities’ dokumente. Dis ook juis hierdie probleem wat aanleiding gegee het vir die Britse regering se instelling rakende visums vir Suid-Afrikaanse burgers.

Die onvermoë van die regering om die land se eens wonderlike paaie in stand te hou. Nee wat, spandeer eerder die geld op onbenullige sake soos naam verandering van Dorpe, Stede en strate.

Misdaad

Hierdie sakie kan en gaan bes moontlik nog erger raak gesien in die lig van die pas afgelope gebeure rondom Jacob Zuma se sake wat nou weens “inmenging van regerings kant “ terug getrek is. Die hele situasie is egter niks meer as wat dit in enige Afrika staat is nie nl. Nie wat jy is nie, maar wie jy ken. In die eerste plek moes die vorige hoof Adv. Pikoli glad nie uit sy pos gehaal geword het nie, nou het dieselfde skuif van Thabo Mbeki om Jackie Selebi te beskerm moontlik in sy gesig ontplof deurdat die een persoon wat moontlik die ruggraat gehad het om teen die Zuma faksie staande te bly juis deur hom, wat Zuma se vyand is, verwyder.

Die ongelukkige nadraai van dit alles is dat daar nou ‘n gaping gemaak is vir vele ander om die reg op alle maniere te omseil wat Suid-Afrika op meer as een manier gaan laat verval in die wêreld se oë as net nog ’n Afrika staat sonder enige beginsels en betroubare regstelsel. Hoe oortuig jy beleggers om in so ’n land te belê juis as hulle geen waarborg het dat hul beleggings veilig is en indien iets gebeur hulle kans op regverdigheid sal hê nie.

Die ANC wat geskeur het.

Hierdie is vir my nou geensins ’n probleem nie. Dit is nodig en dis tyd ook. Die hele gezoem soos bye vanaf die aanloop tot die Polokwane beraad en die daarop volgende wegbreek van die Cope faksie is geheel en al wat die land nodig het. Die huidige ANC is totaal mag behep en hulle begin al hoe meer die beeld dra van ’n groep wat wil voorgee dat hulle onaantasbaar is.

Die komende verkiesing is meer as slegs net ANC teen die wegbrekers van Cope. Dit gaan oor meer mense binne die geledere van die voorheen benadeelde groepe wat nie meer die land se kwessie sien as Wit teen Swart met die ANC as simbool van die vryheid van daardie groep. Die mense begin nou meer besef dat om “vry” te wees ook ’n prys en verantwoordelikheid het. Die maklikste in natuurlik die stelling wat jy al hoe meer hoor, dat as ek belasting moet betaal verwag ek darem diens en voorsiening van basiese geriewe. Dis iets wat baie van ons reeds vir baie lankal ken.

Hierdie binne gevegte van die ANC party het ook meer te doen met die “expats” teen die “struggle prisoners”. Die eerste groep het almal tydens die vryheidstryd in die buiteland gaan wegkruip en hulself bekwaam en in die algemeen geleef op die vettigheid van die ou Suid-Afrika se vyande wat maar te mildelik in hulle behoeftes voorsien het. Die ander groep het die “onsmaaklike” tyd van Apartheid eerstehands beleef deur dat sommige van hulle self tyd in die tronk deur gebring het en vir jare van hul vryheid ontneem is.

Die probleem is egter dat nou wanneer die hele spul vry is en self 14 jaar al verloop het baie van die tuisblyers steeds geen “voordeel” kon trek uit die hele situasie nie en dit is ’n groter bron van ongelukkigheid as baie ander.

Soos met meeste sulke gevalle kan jy net die heuningkwas soveel keer gebruik voor die smaak ook maar bitter word en die klank van beloftes nie ’n dak oor die kop gee nog kos vir ’n honger maag nie.

Die huidige situasie lyk maar op sy beste nie rooskleurig nie, maar die voordeel is dit kan net beter gaan. Wat die komende verkiesing elke Suid-Afrikaner op sy beste kan dien is natuurlik dat daar ’n geheel nuwe Regerende party moet aan bewind kom, maar ’n goeie tweede plek sal wees dat die regering dan ten minste moet kan bestaan uit ’n koalisie wat natuurlik gedryf word deur ’n sterk teenstander om die regering in toom te hou.

Groete en seëning van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok.  :roll: 😆


Responses

  1. Dagsê Ridder,

    Jislaaik ek lees al hierdie dinge en hoor al hierdie dinge en my hare rys al hoër en my broekie bewe al meer en my moed sak al laer oppad na my skoene toe en ek wonder . . .
    Ek wonder want dit begin al meer lyk asof daardie beter lewe waarna nig Sammi op soek is dalk nie hier te vinde is nie. Terselfder tyd hoor ek so met die bostelegraaf langs van ‘n klein plekkie genaamd Botswana hier naby ons waar die reg nog iets beteken, waar jy meer doller vir jou pula kan kry as vir jou rande en waar die grond en die lug en die bome dieslfde lyk en ruik as hier by die huis. En ek wonder . . .

  2. More, Riddertjie!

    Man, ek het julle gemis, hoor!

    Ek is nog op so high om terug te wees, niks sal my afsit nie. Sal seker met die tyd weer makker word. 😉

    Maar vir nou: Suid-Afrika is hemels! SAA vlieg nog steeds soos ‘n droom. Die diens op die lughawe en by die hotel was fantasties. Ek het nog net smiles gesien hier by die huis. Nee, ek kan verseker nog nie kla nie. Maar gee tyd…

  3. Moresê Ridder!
    Soos ‘n vriend van ons in Ierland vertel – te duiwel met die politiek en ekonomie – ons moet begin om die lewe te geniet. Min wat ons aan die Afrika uitkyk kan verander MAAR ons kan ons eie manier van sien aanpas by wat sin maak.
    Somerset-Wes kry nogsteeds my stem vir kolonie trek😉 alles werk daar…
    Miskien moet ons belê in Botswana, Jaco!

  4. More Knight

    Ek is heeltemal bewus van al die negatiewe dinge. Maar omdat ek verkies om positief te lewe speel ek doof vir al die negatiewe goed. Natuurlik maak dit soms die lewe vir my moeilik, SARS ens maar ek deal with it en beur voort.
    Want ek gaan nie my land verlaat!! So maklik soos dit. Dus omdat hierdie dan nou my keuse was moet ek maar net gewig ingooi en die beste van ‘n slegte saak te maak. 😉

    Wat my hoop gee, is soos jy reeds genoem het, dinge lyk nie goed nie, maar dit kan net beter gaan!

    Geseënde Paasfees vir jou, die koningin en die prinsessies
    Groete van my huis, varkhok en shack!

  5. Om nie te weet van die negatiewe dinge nie sal terribly naïef wees. Maar ek gaan ook nie dat die dinge van my jannie-jammergat in die hoekie maak nie, en dit gaan ook nie veroorsaak dat ek my tassies pak en oor die water gaan nie. Ek is hier om te bly!
    En intussen bly daar maar net hoop….


Categories

%d bloggers like this: