Posted by: White Knight | Friday, 3 April, 2009

Blogs sluit, Tags en ander goggas

Ek die Wit Ridder, verklaar hiermee plegtig dat ek nie opdragte van klein wit muise aanvaar nie. 👿 Dus sal ek onder geen omstandighede my tyd, wat baie kosbaar is vermors met ‘n beuselagtige opsomming van wat enige een moontlik kan sien as sonde nie. 😀

Die rede daarvoor is juis dat die term sonde ‘n direkte verwysing is na die voorskrifte soos vervat in die mens se handleiding en rigting wyser nl. die Bybel. Wanneer jy praat van sonde dan word die beeld opgeroep van talle sinistere handelinge wat direk verband hou met oortreding van die Tien gebooie. 😯

Jy mag nie  God se naam ydelik gebruik nie, geen ander afgode aanbid nie, geen beeld of gelykenins van God maak en voor dit neerbuig nie, steel nie, begeer wat aan jou naaste behoort nie, egbreuk pleeg nie, doodslaan nie, kwaad praat van jou medemens nie ens.

Nou indien daar wel van bogenoemde dinge in jou lewe teenwoordig is, behoort dit slegs ‘n saak tussen jou en God te wees en moet jy dit regstel deur by Hom vergifnis te verkry deur opregte berou en belydenis van die betrokke sonde voor God en Sy hulp te vra om nie weer in dieselfde strik te trap en aan versoeking te voldoen nie. Indien jy egter ‘n probleem het en sukkel om te breek met spesifieke sondes, is dit nodig om hulp te verkry van ‘n volwasse kind van God. Iemand wat vertrou kan word en ook sterk genoeg is om jou te help deur die proses om te oorwin en jou sal bystaan in dit end uit.

Nou as enige persoon vir my vra wat is my sondes en ek begin met ‘n lys van nukke en grille dan is dit nie ‘n antwoord op daardie persoon se vraag nie. Dus moet enige een seker wees wat is die konteks van die vraag.

Sou dieselfde persoon vra: Wat is vir jou sosiaal onaanvaarbare gedrag of dan irritasies met betrekking tot jouself wat ander kan hinder?,  is dit geheel ‘n ander storie.

Weereens moet jy waak teen menslike persepsie en oordeel voor jy jouself blootstel aan ander se evaluasie van jou lewe teenoor ‘n soms verwronge maatstaf.

Dus Herrie Merrie, voor jy sommer weer vir die Grootmense so ewe ongeskik 😡 kom skreeu Huiswerk, maak eers jou doelwitte duidelik. 😛

Dan wil dit vir die Hawe Hoof voorkom of van die kuiergaste in ‘n fuif partytjie betrokke geraak het en nes getroue regerings ondersteuners wat ontmoedig is, begin amok maak indien daar nie aan hulle eise vir aandag voldoen word nie.Of andersins moet daar net maniere gevind word vir die enkelinge betrokke om meer produktief met hul eie tyd om te gaan. 🙂

Soos voorheen reeds duidelik uitgespel is die Hawe Hoof baie besig en was daar ook geen onderneming van enige aard gegee dat elke dag of selfs gereeld inskrywings gemaak sal word nie. Enige inskrywings sal slegs gedoen word na gelang van die Hawe hoof se diskressie en vir geen ander rede nie.

As enige persoon gewonder het wat ‘n rede sou wees om die Ridder te irriteer dan is dit om te begin “nag en karring”.  Dan word ‘n miskien sommer summier en onomkeerbaar nee. 😈

Dit is ook opmerklik dat heelwat van die blogs heeltemal sluit of tydelik gestaak word. Wel dis my eie en persoonlike mening alleen, dat indien jou  blog ‘n probleem ondervind of jy sou nie meer lus wees nie, staak dit hetsy permanet of tydelik.

Die rede hoekom die meeste mense begin blog is oor die lekker daarvan. Ek kan vir geen wil in die wêreld dink dat enige persoon iets sal vrywillig doen wat nie lekker is nie en dan nog boonop sonder dat enige iemand voordeel daaruit trek. Stekte aan almal wie se blog dus nie meer vasmeer plekke is nie, mag dit met julle almal voorspoedig gaan en jul dae gevul wees met blydskap en vreugde. 😉

Die Hawe sal vir so lank dit menslik moontlik is, nie sluit nie en nog steeds poog om aan ieder en elke een ‘n rusplek en bron van waarde te wees. Dus moenie te gou bly word oor die enkele dae wat die Ridder se aandag nie hier sigbaar was nie, kry vir jou ‘n sitplek om die ronde tafel en raak gemaklik daar is nog baie onderwerpe om oor te kuier, debateer of self verskil. 😆

Die dele oor Christenskap teenoor Wedergebore kinders van God, Familie en die invloed van Egskeiding , opvoeding, gesondheid en andere is maar enkele van die dinge wat nog na gekyk sal word. 💡

Op sport front is daar die lief vir die Bulle en soms Sharks teenoor die Leed van Stormers, Leeus en Cheethas wat gereeld aangeroer moet word. 😈

Dan is daar die mees voor die hand liggende rede nl. om die witwaks te irriteer uit hulle wat dit nodig het. 😀

Mag elke een van julle genade en liefde van bo ervaar

Groete en Seëninge van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok. 🙄 😆

Advertisements

Responses

  1. Helloooooooooooo Kadawer!!

    Nee jong dit lyk my jy is witter as sneeu ….. is net somtyds wat jy van nukke van die donkie kar afval!!! :mrgreen:

    Wag laat ek hardloop ek is al klaar in die moeilikheid!!

  2. FOSSIEL

    Moet ek nou ook vir jou jou sondes kom uitspel?

    En ek is net Ouma se merrie, nie joune nie.

  3. Adrie – ek dink jy kort ‘n pak slae. Ridder – hoe lyk dit – sien jy kans? 😈

  4. Sonkind

    Aangesien jy nie net ‘n kroek is nie, maar ook ‘n verraaier, dink ek jy is die een wat die pakslae kort.

  5. Ridder, dankie vir jou posts. Ek sien baie uit daarna en geniet dit baie.

  6. Dagse Kuiergaste

    Sonkind
    Adrie pakslae gee? Maklik. Hoe klink sewe houe met ‘n stomp byl al op die bo-lip. 😉

    Adrie
    Jy is ‘n Merrie punt. 😈

    Wipneus
    Sien die spam filter het ‘n gat in 😀

    Linda
    Hello mens. Hoop al die gesondheid dinge is nou op ‘n end. Bly jy geniet die blog alles van die beste.

    Groete

  7. Sjoe! 😯 Hoe bly is ek nou ek het jou ge-mail en nie net kom sê jy moet saamspeel nie… :mrgreen:

  8. Dagse Dellie

    Baie geluk met ‘n goeie inisiatief daar by jou met die tandem stories.

    Ek sal wel nog deur al die stories lees, want dit wat ek net vinnig kon deur “scan” lyk baie goed. 😉

    Die inskrywing hier soos jy kan aflei was tong in die kies geskryf oor sekere mense “nag” omdat ek nie tyd het vir blog nie. 😡 😯

    Alles van die beste en ek sien uit na die resultaat van die stories.

    Groete

  9. Dagse Kuiergaste

    Vir die wat nie weet van Dellie se projek nie, klik hier
    http://delliesedinge.wordpress.com/2009/03/30/die-tandem-storie/
    en gaan lees hoe Dellie die tandem stories gereel het deur van die bloggers wat twee-twee ingedeel was en dan ‘n storie moet skryf.

    Klik op die link
    http://delliesedinge.wordpress.com/2009/04/02/al-die-tandem-stories/
    om die stories wat reeds geskryf is te kan lees

    Geniet dit en groete.

  10. Jislaaik is die Oom alweer kwaai vandag??? 😛

    hoe gannit??? lanklaas gehoor van die Oom!!!

    Liefdetjies 😀

  11. Phew en jy beweer dat jy nie kans kry om te blog nie! 😯

    Ek hang half boemelaar aan my oor – kry nie eens behoorlik kans om die rekenaar se aan knoppie te druk nie! Maar kan tyd maak vir koffietjies….

    😉

    Bravo 2 oor en uit!

  12. “Spam” was hier!

  13. eish basie van die safety jy is kwaai djy moet oppas djy sal die stroke kry

    mavis stem saam basie djy moet watch dat djy nie steel nie ok nie doodslat nie en ok nie lelik praat van die ander people

    basie moet watch vir hierie sonde hoor as mens so kwat word djy sal sommer anner mense dood slat en dan my liewe baie djy gaan in die hel brand mavis hy worry van diese sonde as basie so kwaai word

    basie wie es die mense wat djou so irritate mavis sal djou kom help gooi maar net die fone call by mavis

  14. Ek is na hierdie inskrywing so ietwat deurmekaar 🙄 Dit wil voorkom asof jou huiswerk gedoen is, maar klaarblyklik is dit geensins die geval nie…. Dit wil voorkom asof jy vir die Bulle en soms Sharks teenoor die Leed van Stormers, Leeus en Cheethas skree, maar klaarblyklik is dit geensins die geval nie. Verder kan ek maar net sê groetnis en seëninge vir jou ook! 😉

  15. jaja die een se “sonde” is die ander se “genot” en vice verse.


Categories

%d bloggers like this: