Posted by: White Knight | Tuesday, 24 March, 2009

Ek dog dan hy / sy is ’n Christen

Hoekom sondig jy nog as jy dan ‘n Christen is?

Baie vra die vraag sodra dinge in hul eie lewe of mense wat hulle na opkyk se lewe gebeur. Dis algemeen dat mense struikel. Maar hoekom gebeur dit, jy het dan Christus as jou verlosser aangeneem en getuig dat jy God dien met jou hele hart?

Die saak kan ek net ten beste probeer verduidelik met die volgende. Sodra enige persoon gebore word, is daar reeds vir maande ’n lewe aan die ontwikkel in die baarmoeder. Vanaf bevrugting tot en met geboorte was daar reeds belofte van ’n kind aan die ouers, maar die lewe was lankal daar, van die eerste oomblik met bevrugting.

Hierdie kind word gebore en as baba, kleuter, kind, tiener en jong mens aan verskeie gebeure en elemente bloot gestel wat sy of haar persoonlikheid en menswees sal infiltreer en dit vorm gee. Die liggaam kan groei en word gevorm deur die tipe kos wat jy inneem  en oefening wat gedoen of nie gedoen word nie. Dit alles dra by tot die liggaam wat  in volwassenheid bloei en ontvou.

Die siel of emosie van die mens word gevorm deur dieselfde proses deur al die gebeure en insprake wat mense in jou lewe het. Jy ervaar blydskap en hartseer, kalmte en geweld en dit alles maak jou persepsie van dinge vorm aan neem en dit in jou eie handel en wandel weergee. Iemand wat met liefde gekoester word sal baie maklik dit self kan uitdeel dieselfde met een wat grootword in omstandighede van geweld weer kan neig tot gewelddadige optrede.

Die Gees van die mens, die een deel waar jy egter in die loop van die jare die Saad van die Evangelie hoor en dit stoor en opvang. Dan deur die leiding van die Heilige Gees kry daardie saad op ’n dag die sein om te ontkiem en begin groei.

Die verwagting op die Lewe en Wedergeboorte is ’n belofte wat baie lank reeds gesluimer het en opeens vind die geboorte plaas. Die Geestelike baba van jou lewe is gebore, iets wat nie daar is omdat jy jare reeds kerk toe gaan nie maar ‘n besluit geïnspireer deur jou beantwoording op die roepstem van die Heilige Gees wat jou lei na God se plan vir jou en die aanvaarding van Sy seun Jesus Christus as verlosser.

Die hier waar jy egter moet oplet dat die  liggaam nou reeds volwasse is, kom ons gebruik die ouderdom van 30 jaar, die Siel is ook reeds 30 jaar oud deur die lewe gevorm en geanker in sekere denkrigtings en werkswyses. Die Gees as wedergebore Baba. Nou kan jy jouself indink as daar ’n stryd ontstaan tussen twee 30 jarige mans en ’n pasgebore baba wie gaan noodwendig wen.

Dis hier waar die Christen, ek verkies die term wedergebore kind van God, die stryd teen sonde en versoeking moet begin veg. Die liggaam en siel wat vir jare gewoond was aan alles is in orde, moet nou reageer op die rooi en groen ligte wat deur ’n, baie keer onsekere baba in hul lewe aan en afgeskakel word. Dis hierdie stryd wat deur baie gekritiseer word as die persoon is dan ’n Christen maar kyk hy sondig steeds. Wees egter gewaarsku dat die proses nooit eindig nie, maar vir die res van jou natuurlike lewe gaan voortduur.

Hoe gaan enige nuut gebore persoon dus oorleef in die stryd?

Die antwoord bly natuurlik eenvoudig te wees, nl. Kos. Indien jy ‘n kind nie van voedsel en water voorsien nie, verhonger en teer hy uit en sal later selfs sterf. Presies dieselfde beginsel is van toepassing by die Wedergebore Gees van die mens ook. Sou jy die Geestelike baba nie voed nie sterf dit weer en keer enige persoon terug na hul oorspronklike weë.

Die geestelike voedsel bestaan uit die volgende komponente:

Bestudeer die Bybel biddend. Die Bybel is slegs die Woord van God sodra dit deur die Heilige Gees vir jou openbaar word, andersins bly dit slegs net  versameling boeke saamgevat in een bundel.

Bid en soek die aangesig van God. Indien jy die aangesig van God soek en in gebed Hom leer ken sal jy ’n verhouding met God bevestig wat al makliker word soos die tyd verloop.

Omring jou met mense wat ook die waarheid en liefde van God soek in hul  lewe. Soek vir jou ‘n mentor wat jou kan help in tye van nood en met kwel vrae, m.a.w. ‘n “volwasse” kind van God.

Leer om jammer te sê aan jouself, God en die wat jy te na kom. Indien jy die belangrike beginsel ignoreer sal jy vir altyd sukkel met skuldgevoelens en nooit kan groei en begryp wat God se genade vir jou as “kind” werklik beteken nie.

Hou dus aan en volhard in jou “geestelike oefening” nes jy die liggaam sou oefen vir ’n gesonde leefwyse. Onthou die groei van die Geestelike “baba”  sal mettertyd die stryd teen die Siel en Liggaamlike volwassenes wen en dis hier waar die stryd makliker word. Maar moenie die fout maak om te dink dit sal enigsins ophou nie, juis oor die ou satan soos ’n brullende leeu wat kom om te steel, slag en verwoes altyd op die uitkyk is om jou te laat struikel met allerhande versoekinge.

Groete en seëninge van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok.  :roll: 😆


Responses

  1. Dankie meneer die ridder! Lyk my jy het toe jou skarniere gaan olie! Nou praat jy mooi hard op jou perd waar en wanneer ek nodig het om dit te hoor en weer my dinkertjie en wetertjie aan die werk sit!
    😉

  2. Jip, dis nie maklik nie, en die stryd hou nooit op nie. Dit is ‘n wilsbesluit om daagliks naby Sy wil te leef en dan as jy val en weer val en weer val nie moedeloos te word nie, maar op te kyk en weer met Sy hand in joune aan te stap.

  3. “Bestudeer die Bybel biddend. Die Bybel is slegs die Woord van God sodra dit deur die Heilige Gees vir jou openbaar word, andersins bly dit slegs net versameling boeke saamgevat in een bundel.”

    Raaito nou olie my skarniere ook weer!

  4. Dankie Knight!

  5. Dankie White Knight, sommige mense verkeer onder die indruk dat sodra jy weergebore word, alles onmiddellik verander en jy glad nie meer foute mag maak nie. Maar dit is ‘n leerproses en om foute te maak is tog maar hoe sommige van ons leer (binne perke natuurlik, jy moet darem ‘n besef hê van wat reg en verkeerd is). Sommige mense dink selfs jy ondergaan ‘n persoonlikheidsverandering!

  6. Ridder, dankie vir die post. My grootste begeerte is om ‘n Jesus op aarde te wees.

  7. Hierdie was ‘n baie insiggewende inskrywing, Ridder. Dankie daarvoor.🙂

  8. Dankie Ridder

  9. hello basie van die safety djy praat net so mooi soos mavis se maruti

    hau basie hoekom is djy so lui om hie te skryf djy skryf darem banja min vi iemand wat hy moet kyk by die safety

  10. Ek gaan nie met julle saam stem nie.Met ander woorde wat jy eintlik wil predik is “Eenmaal gered altyd gered” Dit werk nie so nie , daar gaan baie kinders van die Here en mense wat hulle harte vir Jesus gegee het Hel toe, die wat agter die naam van Jesus skuil en SY NAAM kommin maak. Kyk nou weer vir Joost , soos die slagoffer van hom se sy kan nie glo hy bring die Here hier in nie.En hy se hy is `n rolmodel vir Christene.
    Jesus self se in Mattheus 7 dat nie almal wat vir Hom se Here,Here sal in die koningkryk van die hemele in gaan nie, Maar net die wat die wil van Sy Vader doen., Hy sal vir hulle se gaan weg van my ek ken julle nie.Daar is geen, maar geen middeweg nie, dis of reg of weg.Maar soos iemand eendag vir my gese het as jy eers God se kind is is jy sy kind, maar miskien is jy net `n stoutkind, jy moet net se Vader vergewe my. Ag asseblief.Jesus soek nie loumense nie want dan sal hy jou uitspoeg. Hy soek warm mense.Hy soek mense wat die vrug van bekering dra.Maw, liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid,vriendelikheid, goedheid, getrouheid,sagmoedigheid en selfbeheersing.
    Sien sake staan so, daar is net een vrug, maar met aldie bogenoemde “vitamienes” in.Kom ons gebruik nou weer vir Joost hy se glo hy en sy vrou het `n “oop” verhouding so dit beteken hulle kan spyker en hoer en rumoer soos hulle wil..Waar kom die getrouheid en selfbeheersing nou in. Heiligmaking is `n proses.
    Salomo se dat God die mens reg geskape het, maar dat ons baie slim planne soek.Soos Xanika se dis `n leer proses en ja mens gaan foute maak, maar baieeee mense hou te veel daarvan om daardie “foute” oor en oor te maak ten koste van ander en om nog met een hand aan Jesus vas te hou en met die ander aan die wereld.
    Soos ek se jammer maar dis waarom die meeste mense nie kerk toe gaan nie, want die wat wel gaan stel ons ander telleur, erger as wat sataniste en nie Christene ons telleurstel.Maar ja plaas dat Christene, kerkmense, wedergebore kind van God hand in eie boesem steek, introspeksie doen en voorbeelde wees.Dis ongelukkig waar hulle die hele doel faal.Maar nee hoekom sal ons nou op ons borste slaan en berou betoon, nee selfregverdiging en verskonings verskonings, verskonings is aan die orde van die dag.
    Die ander ding is almal beskuldig die satan/duiwel vir alles, maar wanneer vat ons verantwoordelikheid vir ons eie dade vir die dinge waar ons, onsself verlei na ons eie hartsbegeertes.Die duiwel kan nie pa staan vir al ons foute nie.

  11. Dagse Brein

    Soos telke ander mis jy die doel van die inskrywing.

    1) Die afleiding wat jy maak dat “Eenmaal gered altyd gered” kom nerens in die skrywe voor nie. Lees weer.

    Die teendeel is eerder waar, dat baie mense neem die besluit om God te dien en Christus as verlosser te aanvaar, maar dan op ‘n later stadium dwaal hulle weg weens verskeie redes. Die uiteinde is dat jy nou weer verlore is.

    2) Op geen stadium het ek die duiwel die skuld gegee vir enige iets of persoon se optrede nie.
    Jy sal sien dat ek waarsku dat satan listig is mense in versoeking bring, maar die uiteindelike sonde bly joune, nie hy wat die versoeking daarstel sin nie.

    3) Op geen stadium het ek ooit die indruk geskep dat kerk toe gaan enige persoon ‘n kind van God maak nie. Elke een wat God dien moet dit uitmaak met die Skepper self hoe jy Hom moet dien.

    Daarom juis vermeld ek altyd dat vir my persoonlik bestaan daar ‘n groot verskil tussen ‘n “Christen” en ‘n waarlik “werdergbore kind van God”

    4) Mens kan nie ander mense blameer indien jy nie God wil dien of dan “kerk toe gaan nie” dis uitsluitlik ‘n verhouding tussen God en jou en nie iets wat ander se optrede jou toegang gee of ontneem nie.

    As almal hulle moes skik na ander se optrede in soverre dit die wedergeboorte en aanidding van God betref, dan sou God self vir dieselfde rede nie eers moeite gedoen het om Christus as die hoogste offer vir die mens op aarde te gee nie.

    Die hele beginsel van Christus as verlosser gaan juis daaroor dat elke individu self besluit wil ek die Heilige Gees se roepstem om Christus as verlosser aan te neem aanvaar of nie.

    Dis lankal nie meer ‘n groeps idiaal soos met die Jode die verkose volk van God die geval was dat dit ‘n kollektiewe saak is vir die hele groep nie.

    Groete

  12. Nee Breintjie – ek kan ook nie saam met jou stem oor sekere stellings wat jy maak nie – eish jy maak my soms baie moeg :mrgreen:

    In 1 Joh 3:9 spreek dit die kwessie aan van Sondelose Volmaaktheid. “Iemand wat ‘n kind van God is, doen nie meer sonde nie, omdat hy uit God gebore is” – Die gebruik van die woord “sonde” beteken nie dat ‘n mens wat bekeer is, nooit weer gaan sondig nie. Dit beteken eerder dat wanneer mens bekeer is hy/sy nie meer in ‘n toestand van KONSTANTE sonde leef nie – die gebruik van die woord “sonde” moet in die regte konteks hier gesien/gelees word aangesien dit ‘n werkwoord is wat in Grieks vir “sonde” gebruik is, in die teenwoordige tyd – wat ‘n konstante aksie aandui. In hierdie verse in Johannes word dit nie beweer dat ‘n persoon na bekering nooit weer sondig nie en dat die persoon wat gered is in hierdie lewe volmaaktheid bereik het nie. Teenwoordige tyd dui ‘n verbreking van die aanhoudende houvas van sondes op die peroon wat gered is – ‘n beter verklaring is “Wie uit God gebore word sal nie aanhoudend en uit gewoonte sondig nie”.

    God is getrou en regverdig – (Hy weet ons gaan nog steeds stoute kinders wees al het ons bekeer) –

    God sê vir sy kinders om nie te sondig nie maar Hy weet hulle sal en Hy gee vir ons ‘n oplossing daarvoor – Hy maak voorsiening daarvoor – en as ons, ons sondes bely – vergewe Hy ons sondes en maak ons skoon van enige ongeregtighede – Breintjie, ek dink dit staan so in 1 Joh 1: ? iewers.

  13. Ja, Ja julle is albei reg, maar hoekom maak Die handelinge van God se “kinders” soveel seerder as die handelinge van nie gelowiges?

    Wat help belydenis van sonde, maar net die volgende oomblik doen jy dit maar weer teenoor jou naaste.Ek dink sommige mense maak misbruik daarvan, want as jy waarlik en opreg berou het gaan jy dit een of ander tyd moet stop.Wat die meerderheid nooit doen nie.Hulle het `n skyn van Godsaligheid, maar het die krag daarvan verloor.Ek sluk swaar aan die kinders van God se dinge, maar tenminste weet ek Witridder het my nog nie teleurgestel nie, maar jou hart is reg, maar die meerderheid daarbuite is huigelaars.

  14. Breintjie – as jy blatant misbruik maak van God se regverdigheid is dit “tickets” met jou – dan is daar net een roete vir diegene wat dit misbruik en dis reguit warmplek toe – ek is van mening dat God Sy ware en egte kinders ken – en vir hulle is daar deur hulle belydenis vergifnis – dus as gevolg daarvan (Breintjie) kan jy of ek nie oordeel dat die “meerderheid daarbuite” huigelaars is nie – daardie oordeel is God sin alleen.

  15. Ek glo sommige mense wat maak asof hulle Christene is, is totale leunaars, hulle loop met die bybel onder die arm, ek ken sulke mense, my buurvrou is een van hulle. So ook ander wat ek ken.
    Dit maak mens naar!!!!
    Ek boer nie in die kerk nie, maar bid gereeld sommer soms as ek werk toe ry.

  16. Ek voel elke persoon is verantwoordelik vir sy eie optrede, ek glo ook dat as jy ander mense seermaak gaan jy verantwoording voor God doen daarvoor.

    Indien iemand sê hulle is ‘n Christen en bly aanhoudend dieselfde ‘sonde’ doen, en hulle weet dit wat hulle doen is sonde, glo ek dat hulle nie werklik tot bekering gekom het nie anders sou hulle tog hulle rug op daardie sonde gedraai het, of ten minste probeer het.

    Dit is waar dat baie mense in baie kerke seergekry het as gevolg van sogenaamde Christene. Ek wil eerder nie sê ek is ‘n Christin nie maar ek wil hê mense moet dit eerder in my elke dag handel en wandel, my liefde en passie vir ander mense raak sien en hulle moet vra wat het sy wat ons nie het nie.

  17. Sharona nee ek oordeel nie, ek se hulle is huigelaars en ek stuur hulle nie warmplek toe nie. Maar soos “sapphire gem” se jou werke moet jou vooruitloop.Maar ongelukkig is die openbare werke wat hulle vooruitloop, naywer, tweedrag, gat-toe-stekery, mense in die grond intrap en hulle kyk neer op ander, met ander woorde baie van hulle het geestelike hoogmoed.

    Anti Sharona om bewerings en beskuldigings te maak is nie oordeel nie, oordeel is `n mening wat mens vorm dan dit evalueer, n bevinding maak en dan die uitspraak of straf aankondig.En dit het ek nie gedoen nie.Sommige Christene kom so maklik met die verweer, moenie oordeel en wys nie `n vinger nie, hoekom omdat hulle skuldig voel.As mens jou se se dan oordeel mens kwansuis.

  18. Huiswerk . . . .👿

  19. Adriana – Breintjie hou daarvan om vir my “huiswerk”:mrgreen: te gee en daarom het Breintjie al weer my kommentaar “verdraai” om by sy verweer te pas – Breintjie, in my laaste kommentaar praat ek nie direk met jou (due uwe) nie – dis ‘n algemende stelling/kommentaar en dus beskuldig ek jou nie – (wat se mens nou van daai skoen wat pas? 😈 ) – dis ‘n obserwasie.

    Breintjie – Sekerlik kan goeie oordeel bepaal wanneer dit “Geestelike Hoogmoed” is of iemand wat werklik by “Voorbeeld” lewe – as mens jou met Geestelike Hoogmoed ophou mors jy jou kosbare tyd – hoekom jouself nog bemoei met sulke elemente wat geen waarde inhou nie, nie eens die kommentaar is die moeite werd nie.

  20. Sharona “huiswerk” beteken, Adriana het vir ons huiswerk uitgedeel, op haar blog. Dit is nou volgens haar ‘n april fool joke. 🙄

    Ek en Knight is onder die wat nou gestraf word!👿 Klein merrie!! LOL

    Weet sy nie, ons is nie meer vandag se kinders nie😯

  21. Wippie! – Ahhh, so julle was was weer besig vanaand in my afwesigheid by Adriana (ek moet bieg ek kuier eintlik baie min daar) – teminste hou Adriana vir jou en Ridder besig en uit die “kattekwaad” uit met die “huiswerk” –😆

    Net gedink – Adriana verwys na Breintjie se kommentaar as die “huiswerk” vir ons in die Veilige Hawe aangesien Breintjie mos geen einde het nie – Groetnis!

  22. Ag kom ondersteun my op http://die-werf.co.za dis nie `n mooi ding nie.

    Sharona ek like jou nog baie en jys reg.

  23. Knock knock Koning Athur staan voor die hek!!

  24. My perd is dors!! 👿 Dieremishandeling!!

  25. Knock knock

  26. Knight !!!!!! Ek gaan jou kop afkap!! Ek is jou koning …… o grote Koning Arthur, vir jou!!!

    Die perd se tong hang nou al op die grond!

    Ek wil in!!!!!!!!!!!!!!!

  27. Oh goeiste – wonder waar is is die Wit Ridder ??

    Die plek lyk heeltemal verlate Koning Arthur – geen niks gaan hier aan nie – al vir dae lyk dit my :mrgreen: Laat ek ook probeer:

    knock-knock – koeweeeee – is anybody at home????

  28. Hy lê tussen die spinnerakke Sharona jy kan mos sien hoe gevrek is die plek!! 👿

  29. Laat ek die vacuum cleaner gaan haal

  30. Wag dat ek my manskappe gaan haal

  31. Ek bring olie – miskien is hy vas geroes in sy “metal suit”

  32. Guinevere hang nou al sommer so skeef oor die perd van die dorste – die arme vrou!!

  33. Smeer olie Sharon ek bring die vuurhoudtjies!!!

  34. Fireworks dis wat ons vandag kort!!!!!!!

  35. Hierdie plek ruik soos ‘n verlate begrafplaas!! Jy ruik sommer die “dood”

  36. Posted by: White Knight | Tuesday, 24 March, 2009

    8 dae terug – hy is dood!!!!!!!!!!!!!

    Ons moet hout bymekaar maak, in die Knight eeue het hulle die kadawer op ‘n hout konkoksie die see ingestuur en dit met pyle vuur geskiet, poefff!!! blaas die hele storie in die lug in – en alles verdwyn in die see!!!!!

  37. Wippie – lyk my niks gaan help om Ridder uit die dooi te laat opstaan nie :mrgreen:

  38. I see dead people😯

  39. Terwyl ek hier gelees het, het so baie dinge vir my duidelik geword rondom die wedergeboorte, sonde, versoeking, die aanbidding van ons Drie-enige God en hoekom dit nie vir ongelowiges sin maak nie.

    Ek loop nou al dae oor die onderwerp en top en nou weet ek. Dankie Ridder, ek het jou skrywe ongelooflik baie geniet en die openbaring was beslis ʼn bonus gewees.

  40. Dagse Mefri

    Ek is bly as die inskrywing vir iemand iets beteken het. Hopelik kan dit vir jou nog ander punte ook help verstaan.

    Baie dankie vir die terugvoer, ek waardeer dit opreg.

    Groete


Categories

%d bloggers like this: