Posted by: White Knight | Wednesday, 18 March, 2009

Is alles God se skuld?

Dis opmerklik dat met die verswakking van die ekonomie en die gepaard gaande negatiewe uitwerking wat dit op die mense het, al hoe meer vrae ontstaan.  Self mense wat ander vorms van leed en hartseer beleef soortgelyke worstelinge het.

Hoekom laat God hierdie dinge toe? Waarom sal God in SY Alwetende Almag en Kennis toelaat dat dinge gebeur soos kinder moord, verkragting, siekte en lyding van geliefdes. Is dit verkeerd of selfs sonde om vrae te vra en te wonder oor God se doel met alles?

Kom ons kyk na die begin van alles dinge soos ons dit ken. Daar is wys uiteenlopende gedagtes en teorie oor die ontstaan van die wêreld soos ons dit ken vandag en dis nie die doel van die skrywe nie. EK stel nie belang daarin om mense te probeer oortuig dat ses dae ses dae of ses eeue was nie.God het die hemel en die aarde geskape. God het die Mensdom geskape na SY beeld. Wat egter ook belangrik is, is die feit dat God ook die Engele geskape het en dat sommige van hulle tot ’n val gekom het en dat hier die kinkel in die kabel ontstaan het.

Die deel van God se skepping het net een doel voor oë en dis om die mensdom te verlei en te probeer verhoed dat God geken en gevolg word. Die grootste struikelblok in die ganse mensdom se verhouding met hul Skepper is skuldgevoel en minderwaardigheid. Hierdie kom duidelik voor by Adam en Eva se optrede die oomblik toe hulle besef dat hulle gesondig het deur teen God se opdrag wel van die Boom se vrugte te eet.

Dit is en was nog nooit God se doel dat die mens enigsins moes swaar kry ofpyn, lyding, leed en probleme ondervind nie. Die mensdom deur sy eie toedoen en alliansie met satan het hierdie gevolge bewerkstellig. Die optrede is nie beperk tot Adam en Eva nie, al wil ons hulle vir alles blameer. Daagliks maak mense keuses en handel teenstrydig met God se voorskrifte. Daar word deurlopend besluite oor huwelike, beroepe, kinders, vriende noem dit maar op gemaak sonder om die God en Skepper van dit alles te raadpleeg.

Iemand wat rook kan sekerlik nie na jare God wil bevraagteken sodra hulle met kanker van die longe gediagnoseer word nie. Mans en vroue wat as kind gemolesteer is en sukkel met probleme op intieme gebied in hul huwelik en weier om te gaan vir berading kan nie God blameer nie. Jy kan wel aanvoer God moes jou beskerm het as kind, maar waar was jou ouers of die wat jou moes versorg? Iemand het jou gefaal, maar dit was nie God nie. Jy kan nie gedurig teen hoe spoed jaag en dan God bevraagteken as jy vermink anderkant uitkom of iemand se dood veroorsaak nie.

Koning Dawid laat ‘n onderdaan vermoor deurdat hy hom oorgee aan die begeerte (sonde) na ‘n ander vrou. Dit was nie God wat haar man vermoor het nie. Sy dood was die direkte gevolg van sonde deur Dawid gepleeg. Die straf vir Dawid se sonde was die dood van sy kind, maar God het hom wel vergewe toe hy opreg berou gehad het.

Baie mense het weg steek sondes en maak nie klaar met dit nie. Later vra hulle hoekom gebeur al die nare goed met hulle dan. Hiermee gee ek geensins voor dat alle probleme direk te wyte is aan iemand se sonde nie. Probleme en armoede is met die mensdom en God het deur Jesus Christus daardie deel bevestig terwyl Hy op aarde was.

Siekte, armoede, pyn en lyding het deur die sondeval aan satan die reg gegee om verwoesting asook chaos op die aarde te saai. Mense is die oorsaak van al die probleme op aarde deur hul oorgawe aan die liste en verleiding van satan en sy volgelinge.

Wat ek wel deur die jare besef en menigmale al persoonlik gesien en ervaar het. Daar is geen probleem te groot of the klein vir God nie. Deur Jesus Christus verkry ons krag om enige probleem te oorwin en deur die leiding van die Heilige Gees bly ons paaie in die regte rigting beweeg en vermy ons meestal baie van die probleme wat ons paaie andersins sou kruis.

Die regte vraag behoort egter te wees: Hoe kan ek God se naam grootmaak en verheerlik deur dit wat nou in my lewe gebeur?

Groete en seëninge van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok.  🙄  😆


Responses

  1. Wel ek persoonlik dink nie alles is God se skuld nie maar ek glo alles gebeur met ‘n doel!

    Liefdetjies
    xxx

  2. Amen…

  3. Korrek.
    Eerder as om te fokus op die slegte, sit eerder terug en tel die seëninge! En loop rond met die gedagte dat jy WEL meer geseën is as miljoene daarbuite!

  4. Dankie en so leer ons almal! 😉

  5. Dankie vir die herinnering aan hierdie waarheid WK.

  6. daar is mense wat nooit rook nie en longkanker kry.

    die dag toe 9/11 gebeur het byna 3000 mense dood is, is op dieselfde dag drie maal soveel aan honger dood. byna 300 000 in die tsoenami.

    is god so betrokke? ek wonder.

    die lewe is ‘n dice.

  7. Sela en amen, Ridder – geestelike verstaan verg soveel meer as die klinkklare vat of raak van wat mens net kan sien.

  8. eish dis mooi!

  9. Sanibonani Groot Baas

    Mavis roep my hiernatoe. Maar Agnes ken van God en kerke.

  10. Hmmm ek hoor wat ridder sê maar ek lees ook vir Rosalind Franklin raak…

    So dan bid ek maar vir die engele wat so besig gehou word om die besige bytjie se lyfie elke dag en ook dat ek nie paaie moet kruis met die geweldenaars nie…

    Bravo 2 oor en uit!
    007 is nie altyd seker waarin sy glo nie, maar sy glo darm in daai groter mag!

  11. Dankie Knight. Dit voel of hierdie spesiaal vir my geskryf is! Soms moet mens mos weer aan sekere dinge herinner word! 😉


Categories

%d bloggers like this: