Posted by: White Knight | Tuesday, 17 March, 2009

Ander se moeilikheid

Elke groep, organisasie of familie het met tye maar ‘n ou plekkie wat skaaf, by wyse van spreke. Dis dan wanneer sommige kan moeilik raak en die harmonie versteur binne ‘n gegewe groep.

Gewoonlik eindig sulke onderonsies en konfrontasies nie by die enkelinge of groepe direk betrokke in die situasie nie. Mense neig om fokus te verloor sodra konflik ontstaan en dis dan wanneer hulle soms persoonlike voor en afkeure betrek by die saak. Die meeste gevalle is dit ook hier waar die mynvelde ontstaan en enige persoon wat ’n opinie sou lug oor die saak onmiddellik as vriend of vyand gemerk word.

Met verloop van tyd gebeur dit gewoonlik dat die oorspronklike persone of groepe die werklike verskille oplos, maar die res van die “vriende en vyande” baklei nog een stryk deur.

Dis is die rede waarom mens baie versigtig moet wees in sulke situasies om enige uitsprake te lewer. Juis in ‘n forum soos die blogs en ook via kletskamers en ander mediums waar persoonlike kontak nie plaasvind nie. Enige een kan kommentaar lewer met ’n humoristiese ondertoon maar ander sal dit verkeerd verstaan juis oor hulle nie jou stemtoon hoor of liggaam se houding kan sien nie.

Gegrond op suiwer wat hulle sien jy skryf, word jy as vriend verwelkom of vyand gekruisig. Daar is ook natuurlik die stokers, hulle geniet om enige vuur aan te blaas en buite verband te laat opvlam, Sulkes is daar altyd en moet met die nodige minagting of stilte benader word.

Wat belangrik is van dit alles, bly natuurlik om mekaar met respek te behandel en ook te fokus op die probleem. Dit help altyd om nooit summier ‘n ander party se idees te verwerp nie, maar te probeer verstaan hoekom hulle dan spesifiek daardie standpunt huldig. Sodra mens verstaan en begrip het vir ander se omstandighede help dit ook om te verstaan hoekom hulle in sekere situasies so optree wat dan verskil van ander se verwagting.

My persoonlike gevoel is om indien mense en groepe begin verskil, eerder neutraal te bly en dan as daar positiewe insette gelewer kan word om die fokus terug te bring na die probleem en dit te help oplos. Glo maar dis moeilik, juis omdat mense wil glo jy ondersteun hulle en nie die ander party nie.

Dus familie en enige ander groep of persone wat betrokke is in ’n dispuut moet vinnig kennis dra dat daar nie betrokke geraak of kant gekies word nie. Elke een vir homself en die res bly buite. Arbiter of vrederegter is soms nodig om partye te help maar los my en my gesin buite julle argumente, anders kry jy dalk net ‘n oorlog wat jy nie voor gereed is nie. 😉

Wat ek persoonlik as rede vir die verbreking van my eie reel sien is, in die gevalle waar iemand afgeknou of verneder word. 😡

Groete en seëninge van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok.  🙄  😆


Responses

  1. Baie, baie goed geskryf. Ek stem so met jou saam. En nou moet ek met skaamte byvoeg dat ek ook al ‘n keer of twee innie gat getrap het, en nounog sukkel om uit te kom.

  2. Guilty as charged.

    I can take anything but indifference.

  3. Ek speel darem nooit bemiddelaar nie en hou my uit ‘n persoonlike vete uit.

  4. Ridder
    Jy leer ons Adrie darem mooi 😉 vir ‘n “fossiel” is jy darem net te wys – very nicely put!
    Dan het ek self ook al my mo3r gekoer op ‘n paar kolle. 😳

    Hoekom raak die skrif net kleiner of benodig ek nou ‘n beter verkyker?

  5. Nee, man, laat die fights begin! Dit raak nou juis effe boring hier in blogland! :mrgreen:

    Ernstig, ek dink mens kan verskil, maar speel die bal, nie die persoon nie.

  6. lol@Sammi! Ek ook natuurlik, maar Ridder se manier is die regte manier.

  7. Dagse Kuiergaste
    Ek het glad nie ‘n probleem as enige persoon / persone / of groepe verskil of selfs kwaad word vir mekaar nie.

    Dis wanneer elke jan Rap en sy maat daarby betrek word of betrokke wil raak dat ek die streep trek. Dis onnodig en veroorsaak net dat alles erger word.

    Groete

  8. Mmmm. Sou sê goed gestel. Tot nou toe het ek darem al reggekry om nie in ‘n vuisgeveg ingetrek te word nie, want natuurlik heelemal anders is as redeneer en ‘n opinie oor ‘n onderwerp verdedig.

    Ons is mos almal groot genoeg om ons eie persoonlike battles te fight. Die sad ding is dat daar wel poepholle daarbuite is wat voel hulle moet mense persoonlik aanval…die doel? Fok weet?

  9. Ek wou myself eers bluf en ‘onskuldige-Sannie’ gepleit het, maar toe onthou ek hoe my nekhare gerys en my naels lank terug uitgeskiet het; gereed om te beskerm en vuur te spoeg toe iemand my sagteplekkie-smaatjie aangevat het.

    Dis moeiiiiilik om die leeuwyfie in my te keer as iemand poog om my hartsgoed te bedreig en te verinneweer, veral as dit deur jaloesie en afguns aangedryf word. Soms is dit nodig om iemand oor die vingers te tik, maar mens moet verantwoordelik veg…. ek wonder of ek regtig weet hoe doen mens dit?

  10. “Die Bybel is slegs die Woord van God sodra dit deur die Heilige Gees vir jou openbaar word, andersins bly dit slegs net versameling boeke saamgevat in een bundel.”

    Hmmm okay ridder jy olie weer my skarniere ook!


Categories

%d bloggers like this: