Posted by: White Knight | Tuesday, 10 March, 2009

Blogs en blaaie

In die politieke en finansiële klimaat wat ons tans beweeg is daar oorweldigende aantal nuus en gebeure wat mense noodwendig negatief kan instem. Self iemand wat ek as baie positief ervaar het nl. Jaco van Wosonki’s het verlede week baie swartgallige oomblikke beleef op hulle blog.

Ek kritiseer geensins enige persoon wat deur so fase gaan in sy / haar of hulle lewens nie. Inteendeel ek het baie begrip daarvoor. Ons almal word heeldag in die gedrukte media sowel as die Televisie en radio gebombardeer met negatiewe en morbiede vooruitsigte oor die politiek sowel as finansieel.

Natuurlik dra die huidige regering en hulle hanswors streke ook nie baie by tot ‘n gevoel van gemak en gerustheid nie. Persoonlik het ek van kleintyd af geleer om op hoogte van plaaslike en wêreld sake te bly wat maak dat mens nie oningelig is en alewig onkant gevang word deur slenters en aankondigings nie. Dis hier waar jy egter ook nodig het om te verseker dat jy die koring van die kaf kan skei in sulke sake. Julius Malema se uitsprake is op die meeste van tye slegs ’n goeie grinnik werd, dieselfde wat jy sal gee vir ’n power nar in die sirkus as jy die kinders soontoe vat.

Netso is dit ook met die Blogs. Jy maak maar kennis met die skrywers van die blogs en hul voor en afkeure en dan besluit jy wie is vir jou irriterend en wie is niks meer as ‘n nar nie. Die ou lewe is so kort dat ek regtig nie nog tyd het om my tyd met ‘n spul ape en narre wat toertjies uithaal vir wat ook al hul oogmerk of doel is nie.

As ek wil aktueel raak is daar plekke soos Sammi se Plekkie, Wosonki se kraal, Rosalindfranklin, Flippiefanus, Emil, Attie se koffie tafel, Ding se Rooi stoep, en nog ’n hele paar ander om te gaan kuier.

Vir die reise van die heelal besoek mens Boendoe se Bashings, Kaalvoet ini reën, Boer in ballingskap, Die Maan en die Sterre, Flat White Snot Blog en selfs Gert Gariep,  as hy besluit om te skryf.

Lekker kuier en gees optel plekke is natuurlik, Roer, Pikkelik, 007, Skoor, Netjane, Die Werf, Dellie se Dinge, Jo-Ann se Seepkis, Demoerin en natuurlik moet jy nie vir BB vergeet nie. Daar kry enige een se gees sommer ’n hupstoot. 😉

Dan is daar die kuns blogs, Elf is ’n uitstaande meesteres op daardie gebied.

Die krapperige blogs is daar ook soos wanneer jy aan die Rose probeer ruik en die Dorings krap jou heeltyd. 😈 Hulle neem jy maar met die nodige knippie sout en water soos van ’n eend se rug af. 😀  Veral as die meeste van daardie skrywes uit die gifbottel van ‘n Geitjie kom 👿  Maar hulle doen ook goed en gaan kyk gerus na hul Rose projek en help as julle kan. 😎

Dan is daar natuurlik die areas wat ek vermy, soos ek Huisgenoot, Heat, Rapport en Sondag vermy. Hulle beslaan ’n baie klein deel van die bog sfeer, die Afrikaanse blogsfeer wat nie baie groot is om mee te begin nie en regtig, ek het nie nog afbrekendes in die geweste ook nodig nie.

As ek iemand soek om my sedes vir my te oordeel dan weet ek waar Ds. Attie en die soortgelyke hul bevind. Niemand hoef vir my te kom voorskryf dat ek nou ander se lewens moet bevraagteken of nie.

Ek sal my eie opinie vorm en weens die feit dat ek mens is en nes Koning Dawid erken dat ‘n mens feilbaar is dan konsentreer ek liewers op my Skepper en soos Koning Dawid roem my eerder op Sy krag wat deur my eie swakheid na vore kan kom en Hom verheerlik wat my krag en genade asook oorvloed liefde gee.

Vermy dus die negatiewe en konsentreer op dit wat opbou en mooi en tot stigting van die mens en sy omgewing is.

As ek nie jou blog spesifiek genoem het nie, beteken dit nie summier ek dink jou blog is negatief nie, dis dalk net nie in die haas om te skrywe onthou nie.

Daar is gereeld “nuwe” blogs wat mens “ontdek” en my bloggrol word net langer en langer.

Groete en seën van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok. 🙄 😆

Advertisements

Responses

  1. Môresê Ridder!
    Ek lees nogals so saam met jou aan die genoemde blogs
    EN
    Ek stem 100% saam oor die wegbly van andere wat nogals nie lekker op die hart lê nie.
    EN
    dis vir my lekker dat ons op ‘n manier darem ‘n forum kon skep waar ons gedagtes en idees kan uitruil – soveel lekkerder as die genoemde publikasies
    Afr WP rocks!!

  2. Ridder, jou post is vir my vandag net ‘n bevestiging dat ons die negatiewe moet vermy en op die positiewe moet konsentreer.

    Dankie daarvoor.

  3. Haai Ridder!!! Dankie man, jy laat my bloos!!! Maar ek waardeer dit en wat meer is ek kan maar net 100% met jou saamstem!

  4. 😳 O vrek dit klink nou nie reg nie, ek meen saamstem soos in al die ander blogs wat jy genoem het en dan die wegbly van die goor spulletjie en sulke goed… 😳

  5. Ek stem! Hoekom jou doelbewus met al die goor goeters omring. Daar is meer as genoeg lekker kuierplekke 😉

  6. goeie dag mhse Ridder.

    hmm ek lees nie baie hier nie, oor geen spesefike rede (nota aan myself..om meer hier te lees) nie. maar ek moet vir jou se. sodra ek hier land en begin lees gaan ‘n uur sommer net so verby. ek geniet jou taalgeberuik, jou verwysings, jou temas. kortom: jy verkwik my siel. Dankie dat jy tyd maak om vir alles en almal te skryf in onse kuberruimte. en betreffende die negatiewe dinge:..watse negatiewe dinge?. lol
    lekker dag vir almal
    Raquel aka Berdine

  7. Ou Fossiel, jy gaan my mis die dag as die blog Maanskyn en Rose word. 😆

    Ek belowe plegtig dat ek die ander probeer oortuig om meer te skryf, maar hulle weier. Luiaarde!!!! 👿 Ek het wel ‘n paar verrassings vir die ander. Dalk convert ek hulle en hoef jy nooit weer iets van my te lees nie. :mrgreen:

  8. Baie dankie vir die verwysing met die Rose projek. Ek het die familie baie goed nagevors en hulle het regtig al die hulp nodig wat hulle kan kry.

    Elke skenking, hoe klein ookal, gaan ‘n groot verskil maak.

  9. Dan is daar natuurlik hierdie blog https://veiligehawe.wordpress.com waar mens geinspireer en moed ingepraat word.Whiteknight jy is een van die voorbeelde van die blogwereld, maar ook so in die ware lewe.

    Jou blog gee aan die vermoeide siel lafenis.Ja ek admireer jou , jy het my al baie wetend en onwetend tot ander insigte gedryf.

    Mag die Liewe Vader jou beskerm en seen al die dae van jou lewe.

    Groete by die huis.

  10. Dankie Knight ek stem, die blogs wat jy hierbo genoem het is ook van my gunstelinge 😉

    Groete

  11. Nederig dankbaar vir die kompliment, hoewel onverdiend.

    Ek eggo wat Brein gesê het .. mens wil nie graag veralgemeen en skrywers begin vergelyk en opweeg teen mekaar nie .. maar mens weet wanneer mens die tekstuur van jou woorde in mens se hande vashou .. hierdie is van kwaliteit materiaal aanmekaar gesit.

  12. Ai, WK, jy’t my al skoon ‘n kompleks oor hierdie sg. “Boendoe Travels” gegee. En nou is daar wraggies waar nog een of twee in die pyplyn… :mrgreen:

    *sug*

    Maar ek’s darem in goeie company! 😆

  13. Kan my oe nie glo nie – Breintjie, is dit wraggies JY? – HIER by Ridder??????? 😈

    Jy moet maar op jou pasopens wees – you’re out numbered – jy gaan hier 2de kom, vir seker :mrgreen:

  14. Voorwaar uitgelese geselskap waarby jy ons kombuistafel insluit hier Ridder, dankie vir die kompliment.
    My ervaring van die blog situasie is dat daar nog so handvol bittereinders uit die ou SSSB dae is wat vasbyt maar definitief minder inskrywings maak as vroeër (meeste lyk dit my skryf net as hulle iets positiefs het om by te voeg)
    Dit is waar dat daar baie nuwe blogs ontstaan, maar ongelukkig kwyn baie daarvan ook weer net so vinnig, slegs enkeles druk deur.
    Die gevoel wat ek kry is dat die Afrikaanse blogs nie regtig meer die polsende plek van ‘n jaar of wat gelede is nie.

  15. Dagse Kuiergaste 😉

    Sammi
    Jy weet mos hoe werk dit. Bou jy op lyk alles beter, breek jy af is daar netnou niks om verder te breek nie en dis wanneer die gemors begin.

    Linda
    Altyd goed om jou te sien kuier, Alles wat mooi is.

    Pikkelik
    Baie bly om jou weer te sien die kuber ruimte deur beweeg.

    Kaalvoetinireen
    Ek is nou glad nie een wat met opset myself sal loop negtief stem nie. Alle mooi vir jou daar in die verre land.

    Berdine
    Baie bly om jou weer te sien, welkom en geniet die kuier om die ronde tafel.

    Geitjie
    Jy jok jy wil maar die kitaar slaan daar. 🙄

    Brein
    Sjoe 😳 😯 jy maak my nederig.

    Wipneus
    Dis oor ek jou kuier plekke ken 😛

    Elf
    Moenie jouself te gering ag nie

    Boendoe
    Saam jou sal ek ook een van die dae Afrika ken 😉

    Nia
    Baie welkom hier by ons. Nie te erg wees met Brein nie hy is maar fyngevoelig, veral oor sy sport spanne. 😈

    Jaco
    Jy en Krista bly maar van die groot geeste op die Blogs en baie van ons kyk op na julle. Maar jy is reg die buzz het afgeneem en dis werklik baie stiller, ek mis die verskeidenheid.

    Groete almal

  16. Ek gaan more vir ‘n arm-operasie. Julle moet mooi bly en kyk mooi na julleself.

  17. Fossiel

    Ek kan ‘n week lank staak dat die ander oorneem, maar dan is alles ten gronde.


Categories

%d bloggers like this: