Posted by: White Knight | Tuesday, 3 March, 2009

Selektiewe verslaggewing of nie?

Eerste dinge eerste.

Ek het my persoonlik al menige male uitgespreek teen die “sieklike gewoonte” wat daar  wêreldwyd ontstaan het om die sogenaamde bekende / beroemde / berugte mense se lewens te wil oopvlek en aan die wye publiek opdis as in belang van die mense om te weet.

Tweedens weet ek waardeur mense gaan as hulle enige vorm van trauma in hul lewens beleef. Niemand in so situasie wil onnodige aandag kry en ander se ongevraagde opinies hoor nie. Daar is nie verniet ’n ou Afrikaanse spreekwoord wat lui “Lag en die hele wêreld lag saam, huil en jy huil alleen nie”.

Baie min mense kan positief bydra tot iemand wat in so situasie is.

Dit alles gesê verneem ek tydens ’n gesprek oor misdaad, dat iemand verwys na ’n berig in die Sondag koerant wat handel oor die egskeiding van “dir Piet Byleveld, Suid-Afrika se eie celeb-polisieman”. Dis die verwysing wat ene Retha Fourie wat die berig geskryf het.

Wel die berig verskyn op bladsy ses, (internet weergawe), van die Sondag. Lees volledige berig hier.  Hierin word sekere bewerings gemaak o.a. dat daar ook ondersoek ingestel is na die moontlikheid van ‘n derde party as oorsaak van die huwelik se verbrokkeling.

Die werklike redes vir sy huwelik se verbrokkeling is asook die feit dat Piet Byleveld wel skei, is nie vir my die punt nie. Wat wel opvallend is van dit alles is die verwysing na, ’n Goeie vriendin van Byleveld het ook aan Sondag gesê daar is nie sprake van ’n ander vrou nie. “Piet vertel my alles. Hy sou vir my gesê het as daar ’n ander vrou in sy lewe is,” het sy gesê.

Nou wonder die hawe hoof oor die goeie vriendin wat so alles weet, aangesien dit baie bekend is in die Romeinse stad dat Dir. Piet Byleveld, Yolanda Barnard, ook ’n verslaggeefster, of is dit nou skinder skrywer, 😕 van Sondag. gereeld (lees weekliks) besoek.

Hierdie tipe van berigte word mos gewoonlik deur Yolanda Barnard, Gavin Prins van Rapport en Eagon Williamson voorheen van Beeld geskryf “in belang van die mense wat moet weet.”  Dit is ook alom bekend dat Platkuif van Bosparra en Yolanda Barnard plus die ander twee stooges (handlangers) bevriend is – en dis moontlik die rede dat daar op Bosparra reeds vooraf “geskimp word” dat sekere berigte gaan verskyn soos baie wonder hoe hy dit weet.

Dieselfde Yolanda Barnard wat ‘n ander blogger, Bierpens, met, ja julle het reg geraai Piet Byleveld gedreig het omdat Bierpens haar optrede bevraag teken het. Dis net opvallend dat dieselfde Yolanda Barnard ‘n hele berig in Sondag afstaan aan die feit dat Joost haar gebel en kwansuis gedreig het oor iemand met die naam Yolanda Supersport bel en oor hom navraag doen. Oeps en daar lek sy die hele bewering per ongeluk uit in haar berig oor die grimeer kunstenares.

Nou wonder die Hawe Hoof oor die berig wat op bladsy ses verskuild lê, asook hoekom iemand wat niks het om weg te steek nie, dit nodig vind om volgens die berig, beskermings bevele teen sy vrou en haar regsverteenwoordiger te verkry  wat hulle verbied om met die media te praat.

Is die sogenaamde reg van die publiek nou nie deur juis dieselfde mense in die wiele gery wat altyd daarop hamer dat bekende / beroemde / berugte mense se doen en late oop moet wees vir die publiek nie? Ek bedoel ander mense se doen en late word op die voorblad geplaas en uitbasuin sodat niemand dit mis nie.

My eie eerlike opinie is los mense uit dat hulle kan aangaan met hul lewens. As hulle geld steel en belasting betalers se geld mors of met misdaad wat mense te na kom betrokke is, ondersoek dit en lewer verslag, maar los die res uit.

Moenie seleksie toepas nie.

Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok 🙄 😆


Responses

  1. 🙄 Ridder – die ou satan wil net nie wyk vandat ek die berig reeds Sondag elektronies gelees het nie. Die swernoot sit stewig vas hier op my skouer en fluister so elke nou en dan in my oor – “wat steek Dir. Piet Byleveld weg 👿 dat hy so ver gegaan het om sy vroutjie en haar prokureur se monde te snoer deur ‘n hofbevel te verkry” – en – 👿 hoekom word sy (Pietbyl) se kant van die storie heel selektief en met substansie gepubliseer.
    ❓ Hoe onregverdig is dit nou nie? 🙄 Selektiewe verslaggewing op sy beste.

    Me Yolanda Barnard, soos altyd hou toe nou daai dolk styf en slinks teen haar lyf en neem haar kans met oorgawe om Joost wat tans die geselekteerde nuusmaker is en in die versier van die media skinnerbekke is, met die dolk verder te vergruis – Joost, hoe durf jy op Yolanda Barnard se tone trap? Teen hierdie tyd weet jy mos sy is ‘n tierkat – jy pak haar nie met kaal hande aan nie – versigtig wees ❗ sy het dan tot 😎 “master spy” Piet Byleveld tot haar diens om jou summier op jou plek te sit – :twisted” en dit word nie beskou as ‘n dreigement nie net ‘n vriendelike 😀 waarskuwing.

  2. 😆

    Nou sit die duiwel ook my skouer vas!
    Ja moenie seleksie toepas nie! a-nee-a!!! 😈

    Gaan ons nou ook ‘n vriendelike waarskuwing kry? Moet ek solank gaan wegkruip Knight? “shock:

  3. My jinne. Vertel jy my nou iets wat ek sowaar nie geweet het nie. Ek begin sommer jammer voel vir ou Josie. 😉

    PS. Wat moet mens doen om Yolanda se aandag te kry?

  4. […] Gaan kyk bietjie hier […]

  5. Boendoe, bly eerder weg van Yolanda af want iemand wat kan lekkerkry as ander seerkry, het ‘n moviese skroef iewers los. Sy ly definitief aan ‘n minderwaardigheidskompleks wat sy probeer “boost” deur ander se seerkry.

    Ek stel glad nie belang in die celebs en dit wat hulle doen nie. Hulle is maar net sulke mense soos ons en heel moontlik doen Yolanda se buurman dieselfde as Piet, maar hy is net nie bekend nie en daarom skryf sy nie daaroor nie want sy kry niks daaruit nie.

  6. Selektief en onnodig – sy het geen waarborg dat sy nie een of ander ‘n nuuswaardige ding gaan aanvang nie, en dan gaan sy waarskynlik ook aan die groot klok opgehang word nie, alhoewel… dalk is sy glad nie nuuswaardig nie, eerder minderwaardig.

  7. Ek het hier kom lees, weggestap, gaan dink…want ek wou nie meer hieroor praat nie (OF dink nie) want dis werklik, werklik siek verby. So verdomp siek dat ek nou al werklik werklik naar is vir hierdie mense en hul siek uitkyke.

    MAAR JY, Ridder – som dit SOOO mooi en goed op en waaragtig eendag is eendag wat hierdie mense verantwoording sal moet doen.

    Het ek genoem dat ek dink hierdie REGTIG SIEK is?

  8. Goed opgesom. Seleksie word gegrond op wat die waves gaan maak en die koerante gaan verkoop…. met ‘n knippie sout hier en daar om die drama aan te wakker sonder inagneming van die betrokkenes se gevoelens.
    Om die waarheid te sê is ek nou so bietjie moeg gehoor en gelees van die bekendes se manewales.

  9. http://blog.jacarandafm.com/breakfast/
    Gaan luister!

  10. 😆 ek sukkel om die smile van my gesig af te kry!!

  11. Dagase Kuier mense 😉

    Sharon
    Ek verstaan jou “duiwel op die skouer”. Dis hoekom ek ook hierdie geskryf het. Dit maak my geheel en al siek en sat vir mense wat in die naam van morele reg en standaarde hulself in ander se lewens in wurm om net daarna te loop skinder.

    Wipneus
    Wees gewaarsku 🙄 😆

    Boendoe
    Bly liewer weg daar, dis nie jou tipe mense nie. Hulle hou nie van die natuur nie 😯

    Linda
    Jy is heeltemal reg, hulle is ook maar net mense. Wyse man het eendag die volgende opmerking gemaak: “Net oor hulle bekend is beteken nie hulle piepie nou Eau de cologne nie.”

    Ds. Attie
    Hierdie optrede is wat ek met alle eerlikheid kan se is vir my nogals ‘n maatstaf van iemand se ware verhouding met die Skepper. Ken jy Hom en Sy liefde waarlik, loop jy nie heeldag en soek vir ander se seer en pyn nie. Jy help eerder die sieke gesond maak.

    Sammi
    Jy is reg dit maak mens behoorlik siek, so tipe siek wat jou kan afsit van kos af. 😦

    Demoerin
    Ek kan nie die alewige gekarring met ander se doen en late aanvaar of goedkeur nie. Dis die koerante, tydskrifte, Televisie net waar mens gaan word dit injou keel afgedruk.

    Wel mopinie oor die hele saak bly onverander. Ek stel nie belang in ander se privaat lewens nie. As kind het ons nog pak gekry as jy stories aandra en was dit sommer vinnig verduidelik dis lelik om te skinner. Vandag maak sommige ‘n lewe uit skinder stories. 👿 😡

    Groete

  12. Ridder, kan jy nou meer, en toe gebeur dit -Stooge Prins is “met sy broek op sy knieë gevang” – 😯

    Wippie – my instinkte dui aan dat hierdie maar net die begin is – 😛 hier op die maan, raak my gemakstoel al hoe gemakliker, en my yskoue Jamesontjie proe al hoe lekkerder 😉

  13. Sharona? 😯 Nee man, julle moet die goed bietjie meer uitspel vir my! Julle weet mos – glad nie in touch nie! :mrgreen:

  14. Ridder…. ek het in my water gevoel (soos Wipneus nou sal sê) dit is nie lank nie voor iemand sê bubbeltjie gebars gaan word nie. Mens kan mos nie orals op die www gaan goed sê wat partymense sal onthou nie!

  15. boendoe – jy sal naderhand hierdie unieke “morsekode” stelsel begin verstaan 😎
    Ek moet maar versigtig wees om my “luck nie te veel te push nie” as ek hier kom kuier om die Ridder se rondetafel – hy kan nogals kwaai raak as dit nodig is. :mrgreen: Derhalwe kies ek woorde mooi en hou die stellings diplomaties. 😛

  16. Dagse Kuiergaste 😉

    Ek hou vir julle dop ne. 😯 😀

    Klink vir my iemand is met die hand in die “koekie blik” gevang. 😕
    Hoekom klink die stelling nie nou nie vir my reg nie. 👿 😈

    Groete

  17. Mmmm… en watse tipe koekies is daar in die blik? 😆

  18. 😆 Boendie jy moet tussen die lyne lees! “Hulle” jaag aan, en dink ons het nog nie “evolve” nie! 😛

    Dink seker ons het smarties vir breinselle 🙄

    Mos vir jou gesê jy moet jou water gereeld toets Zee!!! 😆

    Koekies??? 😯

  19. Selektiwiteit is ‘n vreeslike ding.

    Ek onthou ‘n storie wat iemand vertel het oor die skelm melkboer wat water by sy melk gegooi het. Die lessie uit die storie was dat niemand ‘n suiwer leuen sal glo nie, maar ‘n leuen met ‘n bietjie waarheid gemeng, gaan ver. Niemand sal die “melk” koop as dit net bottels met water was nie.

    Selektiwiteit maak net so. As jy net sekere dinge berig, en ander verswyg, kan jy kies watter persepsie jy wil skep. Tog interessant dat die ou mensdom so vatbaar is vir suggestie. Hoe maklik ons deesdae oor die skynbaar’s, klaarblyklik’s en oënskynlik’e lees. Hoe ons nie die moeite doen om ‘n treetjie terug te gee en vrae te vra oor die geheelbeeld nie, maar eerder in emosionele sirkels bly redeneer oor die beweringe.

    Ou Jakobus het waar gepraat, die tong is ‘n ding wat met vuur uit die hel aangesteek word.

  20. Ek is lus om lekker te poep en romany creams te ruik as julle so lekker klets en so waar praat! Ek kan net sê dito… 😉

    Die ou volkie van ons moet werklik iets beters kry om hul geld op te spandeer!!!

    Bravo 2 oor en uit!

  21. […] dink as jy dink ons gaan al die stories vir soetkoek opvreet! Bygesê moet mens moontlik ook die “met-’n-knippie-sout-by” verslaggewing in gedagte […]

  22. Dagse Kuiermense 😉

    Kalonkie
    Baie welkom by die Hawe se ronde Tafel. Daardie beskrywing van jou is heelyemal in die kol. Dankie vir ‘n beskrywende voorbeeld oor die saak.

    007
    Sjoe, ek sien jy het ook jou duikboot of is dit sinkbat se periskoop hier ingeloer. 🙄

    Ek dink nog altyd dis “chocolate Brownies” wat jou so winlawaai maak 😆

    Groete

  23. White Knight, Sharona, Wipneus, Boendoe, 007Meisie,

    Hoe lekker om al die name hier so bymekaar te lees!!!

    Julle maak mos nou my dag!

    Ek moet sê, Hoe lank glo ek al dat eendag, ja eendag sal die klomp sissende slange se pragtige potte wat satan vir hulle gemaak het begin oorkook en sal ons almal kan sien wat hulle self aan die brou het! dankie, dankie en dankie!
    Nou moet dit nog net in die nuus (soos Platkuif altyd sê) “gebreek” en op die voorblad “gesplash” word, kan julle dink hoe wonderlik dit gaan wees, dan is daar nog een persoon oor wat ek ook so “gesplash” wil sien want hy is die grootste kwaad stoker en skinderbek wat hom verlustig in ander se seer en dit altyd glo eerste “breek” op sy blog. En glo my daar is genoeg geraamtes in daardie kassie ook. 😉

  24. Dankie Wipneus vir die leidraad om hier te kom lees!

  25. …. en so het almal maar hulle geraamtes, party se beendere raas net meer.

  26. Dagse IdaJvr

    Baie welkom hier by die ronde tafel, hoop jy kuier lekker saam die res van ons. Ja soos die wiel draai dan kom die boonste speek ook onder. Sommige wiele is getr so groot mens dink hulle sal nooit onder kom nie, maar dis juis hulle wat die een wat so lekker spot en verlustig vergruis met sy grote en gewig as hy eendag wel onderkom. 😯

    Demoerin
    En kan daai bene raas? Dink jouself in hoe klink dit as twee geraamtes op ‘n sinkdak besig raak. 😉

    Groete

  27. Hi White Knight,

    Thankx vir die erkening in jou inskrywing…

    Ek wens net ek het meer vermoeëns gehad om dinge verder te druk … ‘n ander jaar ‘n ander tyd sou ek Platte opgeneem het op sy drygement om my te dagvaar…

    Ek is net dankbaar daar is nog ‘n wa vrag goeie mense op die aarde wat kon insien dat die drie party alliansie van Yolanda niks goed vir die blanke volk inhou nie…

    Jy som dit baie goed op om te sê die swaard sny nou eweskielik nie na altwee kante toe nie.

    Ek is net jammer vir die, nou al honderde, onskuldige kinders wat moes ly onder die … almal moer weet … beleid van Sondag en Huisgenoot.

    Nee wat mens was nie sulke wasgoed in die openbaar nie, ons is ‘n trotse volkie en ons kinders het die reg om beskerm te word van hulle ouers se sondes…

    En nee… Platkuif ek dink nie ons hoef soos die Amerikaners te wees met Celeb bashing nie… Wil ons dan soos hulle ook ander kulture se kinders vermoor in die naam van Christus?

    Nee wat bash ‘n Celeb op die terrein vir wat hy ons bied…

    ‘n popster vir sy musiek, ‘n poletiekus vir sy lieg en bedrieg en ‘n kerk leier vir sy morele sedes en waardes…

    o ja … en poeliesie manne vir dwarsbooming van die gereg….

  28. rerigwaar dit maak ‘n ou moeg.

    groete aan almal


Categories

%d bloggers like this: