Posted by: White Knight | Monday, 2 March, 2009

Verandering

Dis tog seker ‘n erkende feit dat dinge verander. Die stelling word mos gemaak dat al wat nooit verander nie is die feit dat dinge wel gaan verander, niks bly vir ewig dieselfde nie. 😕

Wel gister beweeg ek met die Koningin en Prinsesse na ‘n plek naby die grote Pretoria opsoek na ‘n spesifieke voorwerp vir die tuin om te pas by die wat reeds daar is. Ongelukkig is daar nie voorraad nie en gaan ons vêrder.

Synde dat ons naby die groot groen dam is besluit ons om daar te gaan draai en sommer iets te nuttig vir die honger gestel. By ‘n bekende landmerk in die omgewing gaan ons toe met groot verwagting aan met die vooruitsig van ‘n feestelike maal en lekker kuier.

Eerstens word ons egter begroet met ’n hele nuwe uitleg van die restaurant. Tweedens het die dekor verander en seker nodeloos om te noem die spyskaart ook. Nuwe eienaars word ons ingelig.

Wel ons is nou daar en soos gewoonlik gee ons iemand maar die voordeel van die twyfel. Die kos was wel smaaklik, maar die porsies nie wat mens gewoonlik daar gekry het nie. Diens is beslis swak en natuurlik die kersie op die koek, die prys van die geregte is totaal nie in verband met die tipe of hoeveelheid van kos nie.

Dis jammer, ons het dit regtig geniet om daar te gaan ontspan in die verlede as ons in die omgewing is. Sal maar in die vervolg verby ry Spur toe. 😈

Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok 🙄  😆

Advertisements

Responses

  1. Sjoe, dit moes regtig goor gewees het as jy nou al die spur oorweeg as alternatief! :mrgreen:
    Sal dit darem nie ‘n welkome verandering wees as mens so nou en dan verandering ten goede kan ervaar nie?

  2. Dagse Kuiergaste 😉

    Jaco
    Jy sal verbaas wees oor hoe nice die Spur se kos kan wees as jy die regte gereg bestel. 🙄 Dit is seker nie so sleg nie, maar ek dink die verwagting wat geskep is uit vorige besoeke is dalk eerder die probleem. Maar in hul huidige formaat sien daai restaurant ons nie gou weer nie. 💡

    Groete

  3. Just passing by.Btw, you website have great content!

    ______________________________
    Don’t pay for your electricity any longer…
    Instead, the power company will pay YOU!

  4. O maggies Ridder, ek is nie vol nonsense nie maar jy treat my nou glad nie as jy my uitvat na die Spur toe nie.

    Ons het regtig nie een ordentlike eetplek by ons nie. Gelukkig is Langebaan nie ver nie want daar is elke tweede besigheid ‘n eetplek en sommige van hulle maak lekker kos teen bekostigbare pryse.

  5. Dagse Linda

    Ahaa, dis waar jy verkeerd is. Jy ken ook nie die Spur waar ons gaan nie. 😆

    Hierdie is ‘n Sondag middag gesins ete saam, glad nie ‘n treat die Koningin special ete of aand uit nie. 😉

    Groete

    Groete

  6. Ek wonder net soms hoekom mense aan goed verander waarmee daar niks fout is nie. Die gevolg is meeste van die tyd ‘n disaster.

  7. Verandering is nie altyd ten goede nie, soms maak dit afbreek aan juis dit wat mense na seker plekke toe laat gaan het.

    Een rede hoekom ons gesin by die Spur gaan eet is omdat die kinders kan speel en die groot mense kan ten minste ‘n sinvolle gesprek met mekaar voer sonder om in die rede geval te word.

  8. Ek het ‘n gunsteling restaurant gehad in Centurion sentrum. Baie lekker kos en die uitsig was baie mooi!

    Toe is daar verandering 😦 (En die meer word ook elke dag vuiler 👿 )

    Ek is opsoek na ‘n nuwe eetplek!


Categories

%d bloggers like this: