Posted by: White Knight | Monday, 23 February, 2009

Ting-a-ling

Een laat middag staan seun by Pa en kyk vir die skape wat terugkeer na die kraal. Die gewone roetine word gevolg om die skape te inspekteer vir enige sigbare probleme asook die trop te tel soos hulle in beweeg na hul skuiling vir die nag.

Met die grootste groep reeds in die kraal merk seun iets op wat nie reg lyk by van die ooie nie. Hy kry pa se aandag op die saak gevestig en die wil natuurlik uitbars van die lag. Seun verstaan nie die storie nie, die ooie kom aangeloop so effe agter die res van die trop en elke een het ’n lammetjie met ’n rou riem vas gemaak op die rug. Seun vra vir Pa wat is aan die gang, maar pa beduie hy moet vir John self vra.

John, hoekom is die lammers by die ooi vas gemaak ? Hau, my kleinbaas, jy sien die babies van die skaap hulle is klein en wil nie loop nie. Ja John, maar hoekom so vasmaak? Eish kleinbaas, dis mos die ooi se baby, nie myne nie. As die ooi die ting-a-ling wil hê dan die ooi hy moet self die ting-a-ling dra as daai baby nie wil loop nie. Hulle is te banja vir John om te dra en ok dis nie my kjind daardie een nie.

Seun kyk vir Pa en wonder wat gaan Pa daarvan sê.  Maar Pa ken van eie ting-a-ling hê en vir eie ting-a-ling sorg,  Pa verstaan hoekom Jonas plan maak met daai lammers.

Sien Pa weet as jy wil ting-a-ling hê moet jy self vir daardie ting-a-ling sorg, al wil die soms nie eers self loop nie. Dan moet jy maar optel en dra, al is dit ook hoe swaar voor hulle groot genoeg is vir selfsorg.

Alles van ting-a-ling is jou verantwoordelikheid van geboorte tot groot wees, al is die eise soms erg en die rieme skaaf, maar vir ting-a-ling  moet jy maar versorg en sorg op alle terreine.

Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok 🙄 😆


Responses

  1. 😆 Ja, mens sal daai ting-a-ling moet dra!!! En die rieme kan soms erg skaaf!

    Lekker week!

  2. Baie oulik en waar 😀 Lekker week! GO SHARKS GO! 😛 (moes dit net se) Liefdetjies

  3. Sjoe Ridder, dis ‘n rare onderwerp, die Ting-e-Ling situasie – maar ek glo dit is uit ontkenning /geheimhouding daarvan deur baie wat juis in die situasie is. Onopsigtelik en onder hoogs konfidensiele omstandighede dra pa maar saam aan die Ting-e-Ling en hopelik verdien hy baie vreugdes en kry erkenning aan die einde van die versorgings prosess.

  4. Baie waar, Ridder!!

  5. As almal maar net so gewillig is om te dra as ting-a-ling nie kan loop nie.

  6. Baie oulik geskryf en so waar. 🙂

  7. Dit is so waar!

    Klink vir my Ridder moet baie die prinsessies rondra.


Categories

%d bloggers like this: