Posted by: White Knight | Friday, 20 February, 2009

Akkedis sindroom

Die beskrywing hierbo is nie ’n erkende sielkundige of mediese term vir enige situasie of gebeure nie, of dalk is dit. 😯 Die term word gebruik om ’n situasie of gebeure te beskryf soos die Hawe Hoof dit ervaar het.

Met die beweeg van een area na ’n ander in ’n gebou sien ek opeens ’n Akkedis skarrel oor die teel vloer en in ’n poging om te probeer weg te kom van die naderende “gevaar”. Sy ingeboude oorlewing stelsel laat hom verwoed hardloop / gly oor die teels en later teen die gladde mure van die gebou. Met die staan ek stil en bekyk die Akkedis se geskarrel en beweeg self so dat hy nie meer my kan sien en hoor nie.

Byna onmiddellik beweeg die Akkedis stadiger, maar maak nog seker hy verdwyn uit die gevaar sone uit. In die proses beweeg hy natuurlik vinniger na sy bestemming en dis nie lank voor hy veiligheid bereik en uit die oog is nie.

Dit laat my onmiddellik dink aan die mens. Nes die Akkedis in die gebou word ons ook soms uit on natuurlike habitat geneem in bevind ons te midde van gevaar situasies. Die pogings wat ons aanwend is baie keer niks anders as ’n gegly op een plek, eerder as loop of hardloop na ’n bestemming of plek van veiligheid.

Voorbeeld van die situasie is natuurlik, ons Suid-Afrikaners, en veral die blankes, wat die swart gevaar sien en glo, die land en ons veiligheid bedreig en raak besig met allerhande aktiwiteite wat na niks lei nie. Voor 1994 is daar kos opgehoop en skuilings ingerig, wat ons weet niks van gekom het nie. Tyd wat definitief meer positief aangewend kon gewees het om eerder meer van ons mede landsburger te leer. Dit sou insluit hulle voor en afkeure asook wat verwag hulle van die land en sy regering. Dit kan ’n beter begrip vir ander se geloof en kultuur kweek wat ook die leuens van die media en politici sal neutraliseer.

Die akkedis sindroom is vir my ’n voorbeeld van energie wat vermors word op dit wat ons as “gevaar” glo en visualiseer. Hetsy of dit ontstaan uit eie ondervinding of groepe se geloof of druk. As iemand in jou buurt beseer is kyk na die omstandighede en maak seker dis nie by jou van toepassing nie, beveilig jouself, maar moenie vir elke skaduwee en wind geluid ’n bomskuiling bou en vir jare weg kruip nie.

Dus behoort ons elke een seker te maak wat is werklik vir jou ’n bedreiging in jou omgewing, vriendekring, media, wat ook al die situasie jy jou in bevind. Dit gaan help dat ons nie soos die Akkedis soms ‘n deel van ons verloor terwille van oorlewing nie. Die Akkedis kan sy stert verloor en heel gemaklik nog voortleef.

Kan jy as individu ’n deel van jou verloor deur sitasies en gevolglike irrasionele besluite en dan nog werklik voortbestaan. Baie mense skei, bedank hulle werk, immigreer, daar is hordes voorbeelde, maar is jy werklik veilig en volledig na dit alles?

My beeld van die Akkedis is dat hy sou aanhou skarrel al was ek nie die gevaar nie en in die proses kon hy onder ’n trollie, in ‘n deur wat toeslaan of self ’n motor se wiel sy lewe verloor het, terwyl ek hom dalk juis van dit sou wou red.

Sy identifikasie van die “gevaar” laat hom vlug, maar dalk is die gevaar juis die redding waarna hy gesoek het. Dus laat ons nie deur die Akkedis sindroom optree en rondskarrel al glyende op die lewenspad nie, maar vra vir die leiding sodat ons die ware gevaar en helper van mekaar kan onderskei. Dit kan help dat meer van ons minder seerkry en heel bly in die daaglikse wandel.

Wie van julle kan met die skrywe assosieer, waar dit in jou lewe ’n rol gespeel het sodat jy verkeerde besluite geneem het oor wat jy gedink het gevaarlik vir jou is?

Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok 🙄 😆

Advertisements

Responses

  1. […] soos ‘n akkedis op vlug slaan nie, jy gaan jou stert verloor!!  […]

  2. Wip – “Meeste akkedisse kan weer ‘n been, stert of poot aangroei as dit afval. Dit verwar die aanvallers gewoonlik en laat die akkedis ontsnap. ” :-;

  3. Ek beleef die (emosionele) energie vermorsing wanneer ek meer besig is met ander wat die lewe vir my moeilik maak as wat ek besig is met die dinge wat vir my lekker is.

  4. Dagse Kuiergaste 😉

    Wipneus
    Vasbyt moet net nie deurbyt nie 😈

    Sharona
    Jy is reg met jou stelling, maar is dit regtig altyd nodig? Mens krt baie keer onnodig seer oor die verkeerde besluite en persepsies wat lei tot die besluite.

    Ds Attie
    Baie beslis die geval diekant ook. Te veel mense en hul dinge wat onnodige energie kom mors met hul streke en nukke. Sterkte vir jou, veral met die tieners. 🙄 😆

    Groete

  5. Hallo Ridder-ek verstaan jou redenasie heeltemal-maar Wip weet presies op wat die kommentaaf van toepassing is. Mooi dag verder vir jou.

  6. Knight ek byt vas, maar ek is bang vir deurbyt!! dinge hang aan stringe, ek sal jou nog vertel 😉

    Sharona dankie tog vir sterte wat weer aangroei! 😉


Categories

%d bloggers like this: