Posted by: White Knight | Thursday, 12 February, 2009

Ek is maar so……die Slimjan

Die vorige skrywe het begin oor die onderwerp dat daar sommige mense is wat hulle swak gedrag of voorkoms probeer regverdig met die stelling, “Ek is maar so gemaak en gelaat staan, vat my soos ek is of los dit”

Wel soos ek reeds gesê het dis ‘n klomp bog want elke persoon kan ten goede verander as hulle wil. Maar daar is ook die ander groepering van mense wat by die soort optrede aansluit nl. die Slimjan groepie. Kyk die spul weet alles en nie eers die beste Advokaat se kennis kan by hulle kers vashou nie.

Wie is die Slimjan groepie wil jy weet? Tydens jou aankope by ’n winkel sal die winkel assistent die bedrag oplui, of soos deesdae die geval is, die item skandeer en die bedrag verskyn dan en jy betaal ooreenkomstig die totaal van jou aankope. Sou daar egter een van die items meer kos as wat die prys op die rak vertoon of dalk in ’n advertensie van die winkel verskyn het, kan jy besluit of jy dit betaal aldan nie. Nie Slimjan nie, nee hulle sal luidkeels aankondig vir almal om te hoor, dat die wet sê die handelaar is verplig om die bedrag wat geadverteer is of op die rak verskyn vir die produk, die kliënt moet laat betaal. Hulle sal raas en blaas en vloek en skreeu selfs maar aandring op daardie saak sal hulle en nie gaan voor hulle tevrede is nie.

Wel hmmmmmm, Slimjan, daar bestaan nie so wet nie. Winkel eienaars en handelaars het nog altyd die kliënt terwille van goeie betrekkinge die voordeel laat kry van so saak, maar dis nie ’n wet nie. Die handelaar kan jou met die beste klere in jou kas warm plek toe stuur in so geval. Jy sien as jy dit nie glo nie gaan toets dit volgende keer in die hof as jy geld het om te mors. Die reg kyk altyd na die redelike man in enige eis en sou jy dit in ag neem kan jy lelik op jou neus kyk en baie geld mors in die proses.

Die prys op die advertensie sowel as die een op die rak kan as gevolg van menslike fout verkeerd aangedui wees. Al sou die winkel alle moontlike voorsorg tref om so iets te voorkom, is dit nog stééds nie ’n voldonge feit dat daar nie foute kan insluip nie. Dieselfde kan gesê word van as die prys op die rak hoër is as die een wat deur die kasregister gelui word, sal jy dan bereid wees om dáárop aan te dring om die duurder prys op die rak te betaal. Nie so gedink nie.

Daar is vele meer, maar die feit bly staan, dit gaan oor aanbod en of jy bereid is om die prys te betaal waarvoor die eienaar dit aanbied. Die eienaar het ook die reg om enige tyd sy produk te onttrek en nie meer vir die gemerkte prys te verhandel nie.

Dis ook ‘n mite dat jy indien jy by ‘n restaurant sou kos bestel en hulle bring vir jou ‘n steak en chips inplaas van pasta dat jy na jy halfpad geëet het nie vir die kos hoef te betaal nie. Die wet in leke terme gebruik die stelling, dat as jy geknyp word moet jy dadelik sê eina. As jy eers ’n week later wil eina skreeu is dit te laat. Dus as jou kos koud of verkeerde dis word vir jou bedien, stuur dit dadelik terug, maar as jy eers begin eet het, gaan jy betaal, tensy daar iets verkeers is, soos kos wat bederf is of sleg proe, dan kan jy aandring daarop om dit te vervang. Maar wat jy bestel en geët het, gaan jy betaal al het jy net die helfte geëet.

Laaste voorbeeld is natuurlik die groepie wat hul e-pos gereeld lees en toe die een verbykom wat verduidelik dat die Polisie of Metro Polisie jou nie by ’n padblokkade mag arresteer vir uitstaande boetes nie, kyk toe is hulle in hul noppies en almal moet weet hulle ken die wet. Jammer, maar die e-pos wat deur dieselfde maatskappy se direksie en regs afdeling gestuur is tesame met ’n apologie seker nie deur jou ontvang of gelees nie. Jy mag jou nie verset teen arrestasie nie punt. Jy het wel die reg om van die nodige dokumente voorsien te word en so spoedig moontlik na die naaste Polisie kantoor geneem te word vir prosessering van die aanklag teen jou maar dis dit. So Slimjan voor jy volgende keer publiek almal wil onderrig of kwaad word as een jou reghelp, kry jou feite in orde oor wat is wet en wat is nie.

Intussen sal ek dit waardeer as jy jou probleme rustiger hanteer en nie my ore asblikke maak van jou ongemanierde en luidrugtige onkunde nie.

Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok. :roll: :lol:


Responses

  1. Ek het n gly aan goed wat se prys verkeerd gewys word. Barcoding is nie daar om die verbruiker te besteel nie. Ek wys dit altyd uit. Ek gaan selfs so ver om 2 verskillende pryse van iets wat ek nie gaan koop nie uit te wys.

    As daar n redelike rede is vir die verskil is (soos dat die promosie die vorige dag geeindig het) aanvaar ek dit en betaal. Gewoonlik is dit n fout wat reggestel word. Die min kere wat dit goedkoper was, was ek vinnig vertel dat afgemerk is. Ek bevraagteken dit ook.

    PnP se beleid is as jy n verskil in prys opmerk, kry jy die eerste item verniet en die res teen die laer prys. Ek hou van die beleid, maar het nog nie nodig gehad om hulle op hulle woord op te neem nie. Ek het Game wel aan hulle belofte om enige prys te klop gehou.

    As ek agterkom my kleingeld is verkeerd (ek gaan dit selde na) laat ek dit regmaak. Dit sluit in om terug te gee wat ek te veel ontvang het.

    En nee, ek dreig mense nie links en regs met die wet nie. Die wet se nie noodwendig wat is reg en verkeerd nie. Bv aborsies is wettig maar bly vir my verkeerd.

  2. Baie van hierdie voorbeelde van jou, is vreemd vir my Ridder – miskien is dit eie aan Gauteng😉

    Dankie vir die uitwys van die wet op arrestasie – het geglo mens moet eers ‘n lasbrief sien voor hulle jou polisie kantoor toe mag sleep. Behoede ons!

  3. Oe, nee, ek ken ook sulke mense! Van hulle is familie… 😯 Dit voel of mens se kop permanent in skaamte hang.

  4. Dit is regtig soos dit deesdae gaan, of dit net in Gauteng is, weet ek nie! 😯

    Ek is baie ongeduldig en daarby is ‘n ding reg of weg. Dus ek maak my mond oop, maar nie om almal van my probleem in kennis te stel nie.

    Ek het al hierdie situasies so van ‘n kant af bekyk, en die mense wat soos “hooligans” tekere gaan is gewoonlik baie arrogant! Mens kan arrogante mense myle vêr erken😉 “Almal skuld hulle iets, omdat hulle op die aarde geplaas is” Hulle is ongeskik en bombasties. Hulle is ook altyd reg, en almal moet na hulle pype dans. Wil nie na rede luister nie.

    Hulle het ook nie empatie en simpatie vir ander se swaarky en vernedering nie.

    Hulle moet net by my verby hou! 👿

    Soos Boendoe hang my kop ook gewoonlik van skaamte, en bekyk ek hierdie kreature met so vervelige uitdrukking en skeefgetrekte mond!! Ek is bekend dat ek nogal ‘n gesig het wat boekdele spreek! whahaha😆

    Lekker naweek Knight!!


Categories

%d bloggers like this: