Posted by: White Knight | Friday, 6 February, 2009

Alles en nog.

Wel die week was deur baie dinge regoor die wêreld gekenmerk. Waar kry jy dat  Niekie van den Berg as DA lid  en Moeammar Ghaddafi van die Afrika Unie so hand aan hand loop vir politieke opskrifte.

Barack Obama het natuurlik die korporatiewe arena se “fat cats” in die bek geruk met ‘n $500 000-00 per jaar vergoeding limiet as hulle hulp van die staat ontvang in die moeilike tye. Klink baie maar in vergelyking met hul gewone “sky is the limit” vergoedings pakette is dit baie min.

Boendoe oorleef haar tuinmaak en take. BB en Bad to the Bone is uiteindelik in die Kaap en 25 Februarie 2009 vir haar debuut CD te Centurion teater is net om die draai. Lekker rus julle.

Sammi soek huis en ding maak karre stories so oor die hele spektrum op die plaas. Die werf besoek lykshuise en lywe in die Malls. Dellie is deesdae ‘n kenner op die gebied van buitehuisies. FlippieFanus soek nog meubels voor hy Prinsie weer kan laat voorleef. Natuurlik is Jaco en Krista heeltemal te kreatief en laat mens skaam kry vir al hulle werk op die plaas.

Wat bly oor vir die naweek? Nie veel nie maar kom ons gebruik die tyd vir lag en ontspan, geniet so paar dol definisies, dalk al gesien maar hulle bly oulik.

L A G ‘n B I E T J I E……..

1. HUWELIKSERTIFIKAAT: ‘n Soort Jaglisensie wat jou tot een bok beperk;

2. KREDIETKAART: Iets waarvan die limiet ook die mikpunt is;

3. VLEISBRAAI: ‘n Partytjie waar die kos so ‘n bietjie rou en die gaste so ‘n bietjie gaar is;

4. BABA: ‘n Soort engel waarvan die vlerke korter word namate die bene langer word;

5. BABAWAENTJIE: Verlede jaar se pret op wiele;

6. BEGROTING: Iets wat jou laat wakker le nog voor jy jou geld bestee;

7. DIEET: ‘n Manier van maer word waarvoor jy gou dik word.;

8. ETENSTYD: Die enigste tyd wanneer ‘n kind nie wil eet nie;

9. GESINSVAKANSIE: Wanneer jy alles saamneem waarvan jy eintlik wil wegkom;

10. GEWETE: Iets wat pla as alles baie lekker gaan;

11. KORTPAD: ‘n Pad waarop jy niemand kan kry om jou te se waar jy is nie;

12. UNIVERSITEITSGRAAD: Kwitansie wat ‘n kind ontvang vir die rekening wat pa betaal het;

13 MIDDELJARE: Wanneer jy jou emosies vir simptome verruil;

14. PREDIKANT: Ses dae is hy onsigbaar en die sewende dag is hy onverstaanbaar   (Sorry Ds Attie)😉

Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok🙄😆


Responses

  1. 😆 @ huweliksertifikaat!

    Lekker naweek vir jou ook Knight!

  2. Ek like die VLEISBRAAI😛

    Lekker naweek WK en jy MAG maar bietjie kom groet hoor tsk!!

    Ek weet jy mis my nie maar die ander mis jou😛

    Lovies

  3. Middeljare janee😆

    Ek het darem nou meubels in my kantoor … maar nognie ‘n rekenaar nie.

    Lekker naweek ridder.

  4. Begroting – kyk, hieso lag ons nou nie meer da-oor nie! Die stootwaentjie het ons darem nou al verruil vir gr 2! Dankie tog!

  5. Ek is nou in die middeljare.

    Lekker naweek vir julle klomp. Dit is baie warm in die Kaap.

  6. Ek lag vir daai huweliksertifikaat en baba! Bwhahahahahahaha!!!! 😆

  7. HET Ding hierdie nou kostelik gevind – Dankie, Ridder. Poetsig, man, poetsig! Daai huweliksertifikaat! Neeee, net een bok? Wanneer is die jagseisoen om?

  8. LOL @ middeljare!

  9. Ja, ek kan wragtig nie besluit which is worse: Niekie van den Berg op die radio of in politiek. April Gek is nog so ver…


Categories

%d bloggers like this: