Posted by: White Knight | Thursday, 5 February, 2009

Lykshuis streke

Brein skryf op Die Werf van sy ervaringe gedurende ‘n besoek aan die lykshuis. Wel dit het my weer laat terug dink aan ander gebeure wat ook in ‘n lykshuis plaas gevind het.👿

Die Ridder was deel van ’n instansie wat betrokke was by die finale afrondings aan ’n bekende hospitaal in Suid-Afrika. Deel van my daaglikse bewegings was direk verwant aan ’n area geleë in dieselfde gang waar die hospitaal se lykshuis is. Die twee, kom ons noem dit kantore, sê ingange was so ongeveer ’n meter uitmekaar gewees aan weerskante van die gang. Dus as ek by die een area se deur uitkom dan is die bordjie amper reg voor jou wat die lykshuis se ingang aandui.

Weens die konstruksie van die hele gebou en veral die kontrakteurs wat daar besig was, het hulle nie enige persoon toegelaat om, weens veiligheid redes, oral in te gaan nie. Derhalwe is daar vir al die werkers en personeel van die hospitaal, “toere” gereël voor die groot intrek plaasvind. Dis gedoen sodat almal kon weet waar om wat te vind na die hospitaal operasioneel sou wees.

Die ou spulletjie is dus in groepe ingedeel en met ’n baie fyn uitgewerkte plan deur die hospitaal geneem. Een van die redes vir die plan was om seker te maak nie een groep sal die ander sien voor hulle deur die hele hospitaal is en dan laastens in die eetsaal op eindig vir verversings nie.🙄

Voor jy egter by die kombuis kan aandoen is die laaste deel van die “toer” beplan om deur die area te beweeg wat die lykshuis insluit. Dis hier waar ’n uitgesoekte groep hulle verwelkom het. Eers is die groep binne die vertrek ingeneem en die deur toegemaak. Dan word die hele werking van die area verduidelik en net voor die gids die yskaste oop maak, sit een die hoofligte af. Dis dan wat die pers florescent lig slegs ’n heel spookagtige skynsel laat om die minste te sê.👿

Dit het dus gedien as teken vir die gids om die yskas deure oop te maak en so by die derde deur sal die “lyk” wat nou onverwags daar geberg moes word, met n Baaaaaaaaaaah orent kom onder die laken.😯

Op daardie oomblik maak jy van twee dinge seker:

1) Die deur is nie gesluit nie.

2) Jy staan nie naby of voor die deur nie.

Want met ’n yohweee en o donder, vandag vrek ons almal, probeer elke een daarbinne eerste by die deur uitkom.😕

Die gang was by die tyd so afgesper dat almal net een rigting en dit was reguit kombuis en eetsaal toe kon laat spaander. Die groep voor hulle het natuurlik dan minder vaal weer lekker gelag vir die wat nou inkom al gillende.🙂

Die ironie van dit alles was dat ’n week later, op die eerste dag wat die hospitaal operasioneel was, het daar iemand gesterf. Ridder die twyfel agtige eer gehad om nie net saam te wees toe die liggaam daar geplaas is nie, maar ook die SAP te vergesel toe die kom om die liggaam te verwyder na die Staats lykshuis toe.

Dis dan wat jy die werklikheid en skrille kontras van poetse bak en grappies maak teenoor die verlies van ’n lewe weereens besef. Iets wat ek gedurig aan herinner is in die tyd wat ek na dit nog daar was, elke keer as die lyke verwyder word, of jy deel is van die proses of net waarneem uit jou werkarea.😦

 

Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok. :roll: :lol:


Responses

  1. Ai Ridder, en het ek nou nie lekker gelag nie. Ek kan die situasie in my geestesoog sien, maar as ek ‘n slagoffer van die poets moes wees, sou ek seker net daarn ‘n hartaanval gekry het of ‘n deur gemaak het waar daar nie een is nie.

  2. Ek bly maar stil oor lykshuise ek werk by een😛

    Lekker dag!!

  3. Dagse Kuiergaste😉

    Linda
    Dit was met tye ons grootste bekommernis dat sommige van hulle net daar gaan agter bly in die yskaste.😯 Party mense gaan erg te kere as hulle skrik, veral die wat bang is vir niks nie.😈

    Thasia
    Wat doen jy in die lykshuis, toets die yskaste, bere jou mix daar om koud te word? 👿

    Groete

  4. 😆 Hier sou ek verseker hakke in die grond geklap het èn hulle sou my moes lawe om my by te kry!!!

  5. Een van die min kere waar ek rustig sou wees. 😉

    Die dood/dooies maak my nie bang nie. Dis vir my so misterieuse gebeurtenis, ek voel soms skoon jaloers op die oorledene omdat hy klaar die paadjie geloop het wat ons almal eendag moet loop. Fassinerend, die dood.

  6. Wipneus

    Hakke in die grond geklap het en lawe. Is die lawe nou na jy hakke in die grond geklap en in die muur vasgehardloop het.😯🙂

    Boendoe
    Ons deel dieselfde gevoel, hoekom dink jy was ek die lyk gewees.🙄😆

  7. Boendoe😯

  8. ja ja WK jy moet oplet in die klas OOM ek drink mos nie tsk!!

    ek weet jy glo my nie maar nou ja!!

    en o ja ek werk rerig by ‘n lykshuis tsk

    lovies

  9. Die dood maak my ook nie bang nie…ook nie dooies nie. Solank as wat hulle net besef hulle is dood!

    Ek het jare terug verpleeg (Pta-wes) My eerste sterfgeval – julle wou dit nie sien nie! Die drommel het homself doodgedrink en het donker-oranje daar gele. Lewer het so bult onder sy ribbes uitgestaan. Ek moes hom regmaak en skoonkry, voordat hy lykshuis toe gestoot word. Toe e sy arms afvee. voel ek mos nog `n pols! Ek dog ek beskyt my net daar! Ek gryp sy skouers en ruk en skreeu terseltertyd vir die Suster. Sy het net kalmpies daar ingekom en gese dis oraait, `n lyk het so af en toe nog `n pols voor als helemal gaan staan. Ek wou haa rnie glo nie en het gedink niemand wil help nie. Ek moes eers in `n badkamer ingaan en gaan kots, voor ek die outjie kon klaarkry.

    Verpleeg is nie vir sissies nie…ek sal dit nooit weer kan doen nie.

    Groentee
    Sigeuner


Categories

%d bloggers like this: