Posted by: White Knight | Thursday, 29 January, 2009

Sal nie vang nie.

Die bestuurder kom uit die gebou geloop oppad na sy motor, toe hy opmerk dat daar ’n groep by Jonas se firma voertuig staan. Hy wil eers net aanstap maar dan roep een van die omstanders hom en hy beweeg maar nader.

Nog nie eers heeltemal by die groep nie toe laat weet Ruben al vir hom dat die tsotsies probeer het om Jonas se firma bakkie te steel. Voor hy egter kan reageer roep Chris uit dat Jonas seker weer by die “girlfriend” se huis was en toe wil haar bure die bakkie steel terwyl hy in die kaya gekuier het. Haai man jy moenie nonsens praat nie, ek sal jy mos neuk beduie Jonas vir hom.

Die bestuurder tel sy hande op en wys dat die mense moet stil bly. Dan vra hy vir Jonas wat het gebeur en waar was hy? Ek was by die Poskantoor om die mail te collect en die registered envelope te kry. Ek was nie lank binnekant nie, seker net so plus minus, 10 minutes, toe ek uitkom by die deur, die pikkeniens hulle staan rondom die bakkie en probeer hom steel. Die deure hulle was klaar oop en ok die gear lock hy was besig om hom te breek.

Het hulle enige iets gesteel Jonas? Nee meneer, ek los niks binnekant die bakkie nie. Is daar enige skade aan die bakkie? Nee meneer hulle ken die tsotsi’s, niks is gebreek nie, hulle doen dit al lankal.

Wel dan is daar nog net die Polisie, jy sal dit moet rapporteer by hulle Jonas, sodat hulle kan ondersoek instel en die blikskottels aankeer. Was klaar daar meneer, dis hoekom ek so lank gevat het vanoggend. Hulle klaar vinger afdrukke ook gedoen? Nee meneer, daardie mense hulle is starrag, die speed het nie saam hom gekom by die werk nie. Jy wag en jy wag voor een hy sal jou vra kan hy help, dan hy sal nog kyk of iemand anders jou nie wil kom help nie.

Nou wat dan Jonas, wat het jy gedoen. Nee meneer, net die statement gemaak en gevra hulle moet die docket maak, want meneer hy sal daardie ding soek vir die insurance.

Dis reg so Jonas, jy moet net by sekuriteit gaan rapporteer, sodat hulle kan opvolg met die Polisie. Dalk vang hulle die spul belhamels en moet jy gaan getuig in die hof.

Aikona meneer, die polieste sal nooit nie daardie skelms vang nie. Hoekom Jonas, jy weet dit mos nie?  Ek weet meneer ek het mos gesien vandag. Omdat hulle so stadig is om te help?

Nee meneer dis oor daardie tsotsi is klein en vinnig, hulle is elke dag daar naby daardie plek en steel baie. Maar dan is dit mos maklik Jonas die Polisie kan net ‘n lokval stel en hulle vang?

Aikona daardie tsotsi’s hulle is vinnig en by daai Polieste stasie is net die klomp dik vrouens, hulle weight hy sit alles in die boude, sal mos nooit nie kan hardloop om iemand te vang nie.

Met ’n ek verstaan, draai meneer om en loop weg, hy wil nie dat Jonas of die ander sien hy sukkel om nie uit te bars van die lag nie.

Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok.🙄😆


Responses

  1. Daai polieste vrouens met die weight by die boude sien ek gereeld hier oorkant die straat. Dan het hulle iets soos ‘n gewigsverlies program lyk dit my – hulle “jog” hier in die straat verby –😯 met die ambulans wat hulle agtervolg – 🙄

  2. 😆 Hierdie Jonas is skerp!!

    As Arabier dalkies hier draai maak uit die woestyn: Veels geluk met jou verjaarsdag, mag jy ‘n wonderlike jaar hê! Hoe gaan dit met die Kamele?😆

    Knight na die kommentaar op my blog het ek kom draai gooi! Ek wil nou nie as Martie martelgat bekend staan nie. 😳 ROFL
    (Ek leen Teddy se rekenaar, hy brom vreeslik, ek het natuurlik al die skuld op jou gepak)

    Lekker naweek! 🙂

  3. Dagse Kuiermense😉

    Sharona
    Die polieste storie laat my dink aan die Selfoon add op TV met Grease as tema😈
    Ek dink ook nie hulle sal kan die dief inhol nie. Wonder waarvoor is die Ambulans? Dalk as een van hulle per ongeluk in iemand vashol.😯🙄

    Wipneus
    Ek het bree skouers, jy kan maar die skuld oppak.😉 Ten minste kla jy nie net nie en maak plan😛

    Groete

  4. LOL!
    Dit laat my onthou toe die kinders se fietse gesteel is en ons dit rapporteer (ongelukkig nie versekering), toe is daar aangedring op die registrasienommers… Hoe meer ons verduidelik dat trapfietse nie registrasienommers het nie, hoe meer het hulle gese hulle kan niks doen sonder registrasienommers nie!

  5. Uniforms was met trots gedra en daar was ‘n fiksheid program in plek jarre gelede. Die tsotsis weet goed in watter areas die gaaie te groot is.

    Baie geluk met gister se verjaarsdag, Arabier!

  6. Arabier, baie geluk met jou verjaarsdag die 30ste. Mag die nuwe lewensjaar baie geseend wees.

    Klink of Jonas van my ou tuisdorp is

  7. Arabier

    Baie geluk met jou geboortedag. Mag hierdie die mooiste jaar van jou lewe wees.


Categories

%d bloggers like this: