Posted by: White Knight | Saturday, 10 January, 2009

Kindertyd se herinneringe

Tussen die infasering van werk en daaglikse roetine na ’n kort breek merk ek dat Wille Kjind Q by Dorings en soms Rose en ook Sonkind en Wipneus by Onder die Maan en die Sterre oor jonk wees en hul sorgelose kinder tyd van speel in die parkie en rondloop saans tot laat skrywe.

Nou daardie jare kan ek sien was lank terug want parke vir ontspanning en kinder speelplek soos wat dit jare gelede bestaan het, is daar nie meer regtig nie. Deesdae is hulle gewoonlik besaai met vullis en selfs gebreek te glasstukke en bowenal nie ’n plek waar jy jou kinders alleen sal kan laat gaan met die wete dat hulle veilig is nie. Nou sê dae is dit eerder ’n vergader plek vir moeilikheid makers en leeglêers. 😡

Parke soos daardie was maar ’n rare ondervinding in my eie kinder jare oor ons net met dit te doen gekry het as ons by ander mense of familie gaan kuier het wat naby sulke plekke gebly het. Dan kon jy ons sien baljaar op die verskillende glybane, swaaie en natuurlik die wat in die rondte kon draai. Alles vet pret veral as die groter kinders beurte maak om die ding se spoed op te jaag en die res dan moet klou dat dit bars om nie af te val nie. Almal het geweet as een seerkry gaan almal gefoeter word want die ouers het mos gepraat voor julle gegaan het.

Die ironie van dit alles is natuurlik dat die ander weer gedink het om by ons te kom kuier was weer groter prêt. By ons was nie parkies met grasperke nie en gly bane nie, maar as die spul kinders bymekaar gekom het, was dit ’n fees. Daar was spasie om te beweeg, perde om te ry en natuurlik het ’n sleepwa vol kinders wat teen ’n spoed in die pad van die treinspoor af jaag enige parkie volgens hulle verreweg oortref. Om die sleepwa weer terug by die bopunt te kry, was nogal ’n proses, maar as almal by was, het vele hande gou ligte werk van die sakie gemaak. 😆

Selfs die handgemaakte tent van ou voer sakke en afgesaagde boom takke was enige tyd net so goed soos vandag se beste “dome” tent veral as jy die regte “lining” gegaps het uit pa se stoor vir die beskerming teen die reën. Dan was nagtelike aanvalle op mekaar se vestings niks anders as kinder pret nie en die koerante se voorblad was nie daarby betrokke nie.

’n Boomhuis was ’n heilige spasie wat nie eers deur pa of ma betree was sonder die nodige vooraf “toestemming” nie, behalwe natuurlik as pa sy sigare wat minder word se stompies optel en begin vrae vra oor een van die kinders uit die boom “geval” het. 😯

Hoenders kosgee of beeste melk is natuurlik enige tyd meer plesier met kuier mens in die omgewing veral as een van hulle nie weet die rooi haan skop as jy in sy hok rondloop of Jenny se kalf gaan jou stamp as jy hom nie weg keer voor jy begin melk nie. Party mense leer ook nie en het die “prys” vir hul sondes meer as eenkeer betaal. 😈

Daar is baie ander dinge so tussen die normale dagtake gewees wat die lewe interessant gemaak het. Nie alles was altyd maanskyn en rose nie, maar die mooi het mos maar sy manier om die minder aangename te laat verdof soos die tyd aanstap. Maar die heel beste van alles het maar gebly die tye wat Pa en Ma saam die kinders kon kennetjie, vlugbal, sokker of sommer net enige iets kon speel. Vakansie kon gaan of net saam tyd deur bring.

Daardie tye saam wat almal speel en lag en sommer net elke oomblik kon oorgee aan lawwigheid was die mees onvergeetlike van alles. Niemand kan daardie tipe herinneringe met geld koop of vervang met iets anders nie. Ouers en hul kinders se tye van “beautiful memories” bou is altyd onvergeetlik en kosbaar.

Dit is die dinge wat belangrik is in enige kind se lewe, die hoeveelheid geld in jou kind se beursie of bank rekening is onvergelykbaar met dit wat hulle kry as jy self, persoonlik jou onverdeelde aandag en tyd aan hulle afstaan. Daardie tyd sonder die ewige selfoon, TV en ander dinge wat inbreuk maak. Die tye wat hulle weet en kan sien en ervaar dat nou is hulle die belangrikste en niks anders as hulle en die liefde en respek tussen julle is op die agenda nie. 😉

Al wat ek dus vir myself en elke ander een wat hier lees wil oordra is net die wete dat ongeag hoe lekker, eksoties en selfs uitspattig enige kind se lewe is, maak dit glad nie sin as jy as ouer nie tyd maak om deel te wees van dit nie. Dis nodig dat kinders moet weet hulle ouers was daar nie net in materiële voorsiening nie maar ook in alle ander vlakke van die lewe, selfs toe lag elke traan verdryf het, was hulle daar en anders om.

Maak die toekoms ’n tyd van “beautiful memories” vir julle kinders en julle self, wees deel van hul pret en plesier ook van tyd tot tyd. Sonder om natuurlik ‘n oorlas te wees. 😀

Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok. 🙄 😆

Advertisements

Responses

  1. Wow ek sou hierdie speletjies baie geniet het! Lekker seuns dinge!

    Dis waar Knight, as mens terug dink oor die mooiste kleintyd herinneringe is dit nooit aan geld gekoppel nie.

    Dus ek stem, skep herinneringe, dis gewoonlik verniet en/of hoef nie altyd geld te kos nie.

    Groete

  2. Ja, geld speel geen rol by my kleintyd-herinneringe nie. Ons was eintlik nogal armrig, maar dit het ons nie gekeer nie. En op my ouderdom vergeet ek nogal maklik, maar daai…nooit nie! 😉

  3. Hallo julle

    Ek is terug by die werk en sal later lees. Ek hoop dat julle almal lekker gerus het en weer krag het vir 2009.

  4. Dit is waar Ridder, mens vergeet die slegte en of lelike ondervindings wat met jou gebeur maar nooit die goeie of mooi nie – terwyl ek jou inskrywing lees kom daar darem baie mooi herinneringe terug van my kindertyd. Dit het maar broekskeur gegaan met ons na my pa se vroë afsterwe en moes my moeder maar uitspring en weer gaan werk – ten spyte daarvan het dit geensins ‘n impak gehad op die tyd wat sy altyd gemaak het om saam met my te spandeer nie – en dan moet jy onthou, ek was ‘n energieke laatlam wat sy op ouderdom 40 gehad het – maklik was dit beslis nie vir haar om saam “rounders”, “hopskotch” en ander bekende speletjies te speel nie, maar tog het sy en dit sal my altyd bybly.

    Gelukkig het ek op plattelandse dorp groot geword waar die dorp so te sê met die aangrensende plase aangesluit het en kon ek gelyke tyd die voordeel van plaaslewe ook ervaar saam met maats.


Categories

%d bloggers like this: