Posted by: White Knight | Wednesday, 7 January, 2009

Toekoms blik …..

Met die begin van 2009 in ons midde en natuurlik die blogsfeer en veral die Afrikaanse “woernale” reeds weer baie aktief met verskeie onderwerpe het die hawe hoof se gedagtes begin wandel deur al die gebeure om ons, asook dit wat die wêreld se hoofberigte haal.

So effe van ’n blik in die toekoms, ongeveer 2020, gemaak met al die dinge, tong-in-die-kies, oor alles wat saam die spreekwoordelike hase uit die hoed spring.

Amerika se Obama

Met die vure wat nog steeds brand na die verkiesing van nie net Amerika se eerste Swart President nie maar ook ’n jong President vind ons dat die nuwe $2,000,000-00 note nie net alleen genoeg is vir brood koop nie maar ook gebruik kan word vir verwarming aangesien die materiaal eco vriendelik is en vinnig enige vuur laat brand.

Die res van die van die Senaat en Kongres sit egter daagliks en kritiseer elke nuwe aanstelling van die President aangesien die goeie administrasie seker maak dat geen intelligensie beskikbaar is nie.😯

Die oplossing vir die Midde-Ooste konflik was om dit alles te laat tot dit in hul gesigte ontplof of dan nou die terreur vuurpyle van die onderskeie groepe wat daar teen Israel moed op gegee het en nou op makliker teikens soos onder andere Amerika konsentreer.🙄

Wosonki

Met hul kwota van swak diens en hulpelose staatsdiens afdeling wat geen diens lewer nie het hulle nou ’n beweging begin wat sulke groepe monitor en dan elimineer. Die word dan vervang met mense wat die term diens lewering, kliënte diens en openbare sektor verstaan. Niemand se motor word meer as eenkeer gediens nie, paspoorte en ID dokumente word binne 24 uur uitgereik en die Polieste is altyd beskikbaar en vriendelik terwyl misdaad so onder beheer is dat die kriminele nou vooraf aansoek moet doen vir arrestasie datums.

Dellie

Haar gemmer koekie besigheid met eie strepies kode en self aflewering pakket is so gewild dat sy die hele Welkom en groot dele van die Vrystaat reeds in diens moes neem. Die enigste probleem is dat niemand meer Januarie koekies wil bestel nie, want die baksels verbrand alles in droomland.😥

Wipneus

Met die geweldige pas wat gate in die teer verskyn was hulle genoodsaak om ander weë te eksploreer en dus begin om die melkweg te karteer. Die uiteinde is dat hul inligting vandag gebruik word deur alle reis agentskappe en tweedehandse “NASA shuttle” spanne wat unieke ondervindings aan die mense wil bekendstel. Wipneus self was nog nooit op een van die vlugte nie aangesien se reeds jare lank haarself tussen die sterre bevind.

Sammi

Uit radeloosheid oor die agter uitgang van die land en sy mense het sy haar noodgewonge tot die politiek gewend en met ywerige en haarfyn beplande werkswyses die onderwys en opleiding departement tot eenhonderd persent slaag syfer, sonder manipulasie, op alle vlakke bestuur. Matrikulante kan nou inderdaad lees en ook skryf sonder mixit en taal/spel foute.

 

Weens haar sukses het sy nou ook die portefeulje van Buite en Binnelandse sake ook onder haar besorgde vlerk en saam die Wosonki’s is dit uit gebou tot ’n model vir ander lande om van te leer.🙂

 

Die Midde-Ooste konflik is ook onder haar leiding suksesvol opgelos deur die verskillende groepe te laat verstaan, einde ten laaste, dat Israel nooit sal ophou terug veg nie en dus wend hulle alle energie om sagte teikens soos Mexiko en Amerika aan te val.😳

Boendoe

Soos reeds male sonder tal in die verlede is sy gisteraand weereens met beide die History en Discovery channel se toekennings beloon vir haar uitmuntende programme beter bekend as “Boendoe’s travels”:mrgreen:

Geen taal te moeilik, geen graf te vêr of kerk te naby aan enige nuwe brug vir haar nie. Modder paaie droog op en tolke verskyn vanself as hulle net hoor dat Boendoe dalk in die volgende tien jaar by hulle sal verby beweeg.😉

Met Boendoe se hulp is reeds menigte onbekendes met hulle familie verenig en geskiedenis van alle dele van Afrika weer korrek opgeteken, soos dit werklik gebeur het en nie deur politici gekleur vir eie gewin nie.

Flippiefanus en Dominee Attie

Die het besluit om kragte saam te snoer en die Boodskap na die mense te neem en op alle vlakke soos nodig die Evangelie te verkondig. Die sukses van hul bediening lê in die sigbare opbou van Afrika as ’n kontinent van vrede en bedagsaamheid en die getuienis van nie net hul eie nie maar ander se lewens verandering is deel van ’n grootse fees. Soveel dat selfs dele soos Waterkloof en Houghton mense gevind word wat tot bekering gekom het.

Dorings en som Rose span

Die groep onder aanvoering van hul Leidster Adrie het besluit om op te hou praat oor al die onderwerpe wat hulle na aan die hart lê en het ’n vroue teen “……” aktivisme groep begin wat hul beywer vir die herstel van dit wat hulle glo, nodig het om te verbeter en verander. Aangesien Adrie egter nie haar dagboek op datum gehad het met die vergadering nie kan geeneen van hulle meer onthou wat verbeter en herstel moet word nie.😀

Brein

Sy grootste wens is uiteindelik bewaarheid deurdat Mev. Brein oplaas vir hom sy grootste fantasie gereël het, maar helaas weens die uitputting van sy Grysstof in die loop van die jare kan hy nie meer onthou wat sy grootste fantasie is nie.👿😈

Prok, Linda en al die wonderlike bloggers het natuurlik na al die jare steeds geen slegte woord oor enige ander persoon te sê nie en is altyd die steun pilaar vir almal wat moeg afgemat en uit geput is.😉

Huilgenoot

Doktor Annique het na vele jare se stilswye erken dat rooibos tee geen kuur vir swak smaak, hare of haarstyle is nie. Simon Rademan het haar om kommentaar genader na aanleiding van die soveelste toekenning aan die Huilgenoot se redaksie in die verband. 🙄

Mag die toekoms julle almal geseënd en vol vreugde laat.

 

Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok.🙄😆


Responses

  1. Ek wonder hoe lank het dit jou gevat om al hierdie dinge uit te dink. Ai… as dit maar net waar kan word.

  2. Haai, WK!! Boendoe’s Travels, ek se! Jy het vir die eerste keer vandag ‘n smile op my bakkies gekry, al vermoed ek sterk jy trek my been nou baie erg hier! 😆

  3. Ridder, nou weet ek waarmee jy jouself besig gehou het die afgelope paar dae 😛 Soos Attie se as alles maar net kon waar kom- luister radio nou so op die pad terug GP toe — volgens nuus berigte is daar matriek uitslae wat in sekere streke nog steeds uitstaande is- nou is daar allerhande verskonigs – daar is geen verskoning na my mening nie – dis net onbevoegtheid en dit is dit!

  4. So by the way, hierdie vlaggie ding is sommer nonsens! Jy’t nog nie ‘n Angola vlag nie – hoe’s dit moontlik? 😯

  5. Dagse Vriende

    Attie
    Dankie vir die inloer. Dit sal baie gaaf wees as baie van die dinge kan waar word.
    PS. vanoggend eers weer baie van die blogs kon lees en dus die dinge maar vanoggend aan mekaar gesit vir skrywe hier.

    Boendoe
    Ek iemand se been trek😯 sjoe waarvan beskuldig jy my nou.🙂 Die vlaggie ding tel nie as jy undercover is nie. Jy moet volwaardig met ‘n korrekte adres daar in Angols wees voor hulle jou sal sien, hy registreer jou as Suid-Afrikaans.😀

    Sharona
    Nee jy vat ‘n kans, jy weet nie waarmee ek besig was nie.😛 Die matriek storie begin ‘n reuk ontwikkel as jy my vra.🙄

    Groete

  6. 😆 Ridder😆
    En waar gaan JY wees? Siende dat ek soveel dinge moes aanpak en uitsorteer neem ek aan jy as hawe hoof was aan die spits gewees!

  7. […] 7, 2009 Ridder het sy kristaalbal uitgehaal en so bietjie voorspel wat hy dink in 2020 gaan gebeur.  Dit is sy voorspelling vir […]

  8. 😆

    Skerp Ridder, Skerp.

  9. Sjoe Ridder, natuurlik pak ons die taak met oorgawe aan, maar ek is bevrees die oormag is net te groot. Dit gesê sal ons aanhou om die goeie stryd te stry.
    Ten minste weet ons nou waar om ‘n goeie hawehoof te bekom vir wanneer ons eendag by daai departement uitkom😉

  10. O aarde Ridder jy dig ons darem maar die wonderlikste goed toe. Ek voel skoon gekomplimenteerd dat jy my en attie so in dieselfde asem noem.

  11. Whahaha! Baie creative!😆 Maar ek gaan beslis nie gemmerkoekies bak vir die volgende tien jaar nie, ek dink sandkasteel-planne is ‘n beter opsie!😆 As dit wegspoel, issit nie my skuld nie!😉

  12. Ek het hierdie inskrywing gate uit geniet!!! 😆

    Dis juis agv hierdie kop wat heeltyd in die sterre is, dat ek so sukkel om aan die gang te kom die jaar😳

    Welkom terug, hoop jy het lekker gerus!

  13. kan jy dalk net asb vir my die Lotto nrs ook bekyk in jou toekomsblik? dankie :))

  14. Dagse Kuiergaste

    Sammi
    Ek gaan seker maar ‘n dagblad stig wat goeie nuus verkondig en die “nuwe administrasie” se deugde besing.🙄
    Adrie
    Jy sien die “gefossileerde” brein is nog heel aktief en kan julle “jonges” goed opsom.😉
    Jaco en Krista
    Met julle het Ridder al lankal gesien kan hy enige dag oorlog toe gaan met die wete dat dit veilig sal wees.😎
    Flippiefanus
    Moenie so beskeie wees nie, ek sien waar jou hart en passie skuil.😀
    Dellie
    Jy nie eers vir Ridder ‘n ou bakseltjie maak nie😯😥
    Wipneus
    Geen verskoning nodig nie, ons ken jou mos maar so en het jou lankal so aanvaar.😉
    Rosalindfranklin
    Die lotto is inderdaad baie maklik. Jy moet net enige ses nommers tussen 1 en 49 kies👿

  15. WitRidder, baie oulike inskrywing…

    LoL @ Brein sinne, jinne maar hy het darem nou al lank daardie droom😉

    Voorspoed vir jou en die familie vir 09…

  16. Ridder, baie dankie, dit is ‘n groot kompliment. Ek probeer elke dag om Jesus se beeld na te streef – gaan maar taai partydae maar Hy gee my die krag en dra my deur. Partykeer gee Hy my net genade want as Hy my die krag sou gee, sou ek sommige ouens seker aanrand.

  17. Aaag ou Ridder…😳 vir jou, die koningin en die prinsesse… anytime!😉

  18. Thanks (((Dellie)))

    Geweet jy is ‘n staatmaker.😉


Categories

%d bloggers like this: