Posted by: White Knight | Wednesday, 31 December, 2008

Maak vol …. vir 2009

Maak vol en gaan sommer die olie en water na. Terwyl julle besig is, maak seker die bande se druk is korrek. Dit is seker ’n baie bekende gedeelte in ons almal se lewens. Wat behoort ’n algemene roetine te wees elke keer as ons die motor vol brandstof maak is egter ’n  ritueel wat ons laat vir tye wat ons op verlof gaan. Dan maak ons ekstra seker alles aan die motor is veilig en korrek vir die reis wat voorlê, want ons wil darem immers die reis sonder voorval aflê.

 

Nou ja aan die einde van die 2008, wat nie net vol verrassings op sport en politieke gebied was nie, maar ook donker finansiële tye vir ons gebring het, wonder almal of ek nou deurmekaar is om oor motors en hul versorging te praat.

 

Nee glad nie, dit is vir my net opvallend hoeveel ooreenkoms daar is tussen die voorbereiding wat ons doen om met vakansie te gaan maar dat baie van ons nalaat om dieselfde voorsorg te tref vir ons daaglikse lewe wat persentasie gewys die tyd op verlof totaal oortref.

 

Mense sal bereid wees om daagliks deur die lewe te worstel met ’n siekte of skeet maar dit moet reg gestel word voor hulle op verlof gaan. Ander stel weer die regmaak uit tot hulle van verlof terug keer, geen mens kan mos nou probleme regstel voor jy met verlof gaan nie, finansies, huis, motor en gesondheid kan alles mos maar wag tot ons terugkom, daar is buitendien ’n hele jaar voor om dit reg te kry.

 

Dan is vandag mos die laaste dag van die huidige jaar en almal weet volgende jaar gaan dinge beter gaan, die Nuwejaar se voorneme is reeds maande gelede opgestel en almal sal sien hoe dinge verander sodra die klok net eers twaalfuur geslaan het. Wag maar die vet gaan sommer vanself wegsmelt, geld gaan inrol soos bossies en die rook sal ophou ens. Die lys is oneindig lank en verskil van persoon tot persoon.

 

Wel wat ook al jou voorneme en skete en behoeftes, daardie breukdeel van ’n sekonde tussen twaalfuur en volgende jaar gaan niks verander nie. Jy as individu is die een wat sal moet besluit wat is belangrik en werk maak daarvan om dinge te verander.

 

As jy wag vir die regte tyd om te trou, gaan in jou binnekamer en maak die saak met GOD uit dat die een wat jy dink wel die regte persoon is en hou op tyd mors sodra jy sekerheid het trou, of verbreek die verhouding en moenie jouself langer weerhou van ware geluk nie. Vra SY leiding om die regte een te ontmoet.

 

Indien jy dit nodig vind vir werk en loopbaan om vêrder te studeer, moenie uitstel nie gaan en neem die besluite en ondersoek alles wat nodig is en doen dit. Elke week, maand en jaar wat jy uitstel is nog een wat verlore is nie weer terug gekry kan word nie.

 

Die een fout is natuurlik elke een se gesondheid, wat ons so willens en wetens nalaat om na om te sien. Maak plan, gaan sien die dokter, begin reg/gesond eet en oefen en doen wat nodig is om jou gesondheid sovêr moontlik op die beste vlak te kry. Onthou dit gaan nie oor jou alleen nie, maar die geliefdes om jou ook. Niemand wil agter gelaat word met herinnering omdat iemand anders nie na hulle self omgesien het nie.

 

Natuurlik die belangrikste saak van almal, as jy nodig het om die reis van 2009 en vêrder die toekoms aan te pak met die regte rigting wysers, maak jou saak met die Skepper van die Hemel en die Aarde reg. GOD is altyd vier-en-twintig uur aan diens saam met JESUS en die HEILIGE GEES. Kry jou lewe weer in lyn met die Skepper daarvan en moenie nalaat om jou daaglikse rigting aanpassings te maak nie.

 

Die toekoms is in elke een wat hier lees se eie hande, jy maak besluite ten goede of tot jou eie en ander se nadeel.

 

Daarom wil ek elke een ‘n wyse 2009 toewens wat gevul is met GOD geïnspireerde wysheid, genade, liefde, gesondheid, voorspoed, vrede en vreugde.

 

Ook is dit ons wens en bede vir julle dat in 2009, ongeag die wêreld ekonomie vir julle elke een ’n getuienis van welslae en sukses sal wees.

 

Liefde vanuit die Hawe aan elke een van julle waar ook al die kamele, motors, vliegtuie en skepe jul bestemming mag vind. 😎 😉

 

Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok. 🙄 😆

Advertisements

Responses

  1. Ek het geweet jy gaan so mooi nuwejaars boodskap gee! 😛

    Voorspoed ook vir jou en jou geliefdes Knight. Mag 2009 vol geluk, liefde, gesondheid en mooi dinge wees!

    Groete

  2. Bietjie laat – Ridder dis baie mooi gestel, BAIE waar ook – God gee en ons moet kies…
    ‘n Wonderlike 2009 vir jou, die koningin en die prinsessies!

  3. Ridder, baie dankie vir ‘n mooi boodskap.

    Mag elkeen wat hier kuier sy hoop op Jesus vestig en die pad volg wat Hy ons aanwys.

    Wonderlike jaar vir julle almal.

  4. Dankie vir jou wyse woorde Ridder. Hoop jy gaan ook ‘n goeie 2009 vol wysheid en dit wat daaruit voortspruit, beleef.

  5. Hey WK’kie

    Heppie Heppie 2009 vir jou en al jou mense hoop dat dit ‘n great jaar gaan wees vir julle!!

    Kom kuier nou bietjie vir ons toe we miss you in die sitkamer!!!

    Liefdetjies
    xxxx

  6. dankie White knight vir al jou inspirasie oor die jaar en mag Jesus jou ewige lig bly vir almal om te sien in 2009!

  7. Dagse Kuiegaste

    Dankie vir die inloer en al die mooi wense. Mag julle elke een ‘n wonderlike toekoms beleef.

    Groete


Categories

%d bloggers like this: