Posted by: White Knight | Monday, 22 December, 2008

Die Jaar se Gedeelte

Vandag is weer een van daardie dae. Mens beplan een onderwerp en dan vorm iets heel anders in jou gemoed en die uitkoms is totaal verskillend as wat jy voorsien het.

 

Ek begin vanoggend en die rigting verander sommer dadelik. Dis kompleet soos een wat beplan om see toe te gaan vir die vakansie en dan die volgende oomblik bevind jy jou in die Namib woestyn. Dors en amper ‘n gevoel van geheel verlatenheid en verlore wees.

 

Ek weet uit ondervinding as ek sulke dinge ervaar dan is daar ‘n rede en stry nie meer nie, ek doen net, daarom mag die res van die inskrywing vir meeste dalk vreemd self swaarmoedig voorkom, maar dis wel vir iemand belangrik.

 

In die meeste gevalle sal die betrokke persoon nie kommentaar lewer nie, maar dit nie ’n probleem vir my nie, solank die boodskap ontvang word en die betrokkenes daaruit positief vorentoe beweeg.

 

Vir elke een wat dit lees, weet daar is altyd uitkoms wat jou situasie positief kan verander.

 

*****

Wat bring die jaar se herinnering vir jou

jy wat so aan jou eie gedagte klou

het jy al enigsins die lewe beskou

met meer as net ’n swarte morbied bril

*****

Al het die lewe jou vanjaar

met vele dwarsklappe laat baljaar

die donker kant in gesleep

en deur die hel en terug verskeep

*****

geliefdes en vertroueling jou geskaad

self verlustig in hul eie daad

met spykers en splinters in jou gemoed

die rowe verander in diep donker klowe

*****

jou selfs vir dood agter gelaat

vir ewig in jouself laat twyfel

die goedheid se bestaan

vir altyd by jou laat weifel

*****

Jou laat glo daar is geen rede meer

vir opstaan en vorentoe beur

hoekom nog elke dag

uitstel en langer wag

*****

die tydmors om jou seer te vertroetel

aankarring in jou eensaamheid

gegiet in alle donker mislikheid

hopeloos, verlore, uitgedien, gehul in donkerheid

*****

dan bring EK vandag aan jou die boodskap

dat niks en niemand minderwaardig heet

in MY teenwoordigheid

vir jou gebring die swangerskap

*****

Die lewe van ’n Kind

Gebore as die teken van Hoop

Sy lewe op aarde uit liefde vir jou

’n boodskap wat jou aan My bind

*****

dit wat met jou gebeur

nie deur My of so beplan vir jou

omdat ander jou seermaak en vertrap

beteken jy vir My nog stééds ’n juweel se plek

*****

kom laat Ek jou neem en die liefde leer

ware gevoel van versorg en teer

want jy is soos elke een

kosbaarder as ’n edelsteen

*****

moenie die vyand die oorwinnaar maak

kom na My en bring jou saak

Ek verander dit in ’n wenner taak

want vir jou het Ek, My lewe afgelê

*****

sonder geld en skuldgevoel

nooi Ek jou, kom koop die aandeel gou

wat jou plaas in die regte baan

van oorwinning wat verlies laat taan

*****

so lief het ek jou vir ewig gehad

dat self die spotter se smaad

verdra is terwille van jou

en niks was vir my te veel

*****

al wat Ek op hierdie dag versoek

neem die eerste tree en gee my jou hand

Ek doen die res en hou als in stand

selfs al murmureer jou verstand

*****

is al wat jy moet doen net glo

dat Ek jou liefhet en die beste vir jou bedoel

staan op, skud sy bande van jou af

en breek die onnodige woeling in jou gemoed

*****

neem My hand, Ek gee dit nou

breek weg uit sy donker kou

wat so oorheers jou gemoed

en laat my liefde in as ’n helende vloed

*****

Vandag neem Ek, jou

om te wandel stap vir stap

deur die daaglikse woeling en gehandel

sodat jy weet, Ek dra dat jy nie vou

*****

ervaar dan nou My liefde vir jou

neem My hand dat ek jou kan omvou

die liefde en beskermende kou

wat verdryf die bitter en grou

*****

lankal reeds ken Ek jou naam

daarom vertrou en steun op My

dan dra Ek jou deur die lewe elke dag

en leer jou van die mooi in pag

*****

 

Staan vas en gryp die goeie met albei arms sodat jy die lewe kan deurgaan as oorwinnaar.

 

Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok.🙄😆


Responses

  1. Ridder
    Hierdie kom van diep binne jou – dis werklik roerend. Dit klink nie swaarmoedig nie, eerder ‘n “geroep” en “redding” vir verlorenes.

    Ek wens ek kon ‘n mail wat ek gekry het hier plaas, maar ‘pps wil mos nie. Dis ook die storie van die onsinkbare skip en reddingsbootjies.
    Ek gaan dit vir jou stuur – pragtige dag verder!

  2. Dagse Sammi
    Dit kom wel diep van binne en as ek dit skryf is dit seer en rou soos ek elke een se uitroepe persoonlik ervaar. Dis asof die “Outeur” my wil laat verstaan hoekom dit nodig is dat ek toelaat dat “Hy” my gebruik as instrument om ander te laat weet daar is hoop, Moenie net aan die duister vashou en daarteen blind staar nie.

    Hy is daar gereed, vir elke een om hulle te help, solank hulle die eerste tree gee en Hom vasgryp as anker terwyl die see se storm nog woed.

    Groete

  3. Dis baie mooi, WK. Dankie dat jy dit deel.

  4. Ridder dis so waar, wat jy sê, daardie eerste tree is die belangrikste, niemand kan enigiemand dwing om dit te doen nie. Ek en jy is net saaiers… Saai en wag… Saai en wag….

  5. Baie treffend, die stuk geld vir my ook.Baie dankie vir gister se gesellige ontbyt in Irene.Groete by die huis.

  6. Ridder
    So het Hy vir ons die verskillende gawes gegee om by te dra en te probeer regmaak wat verkeerd is. Ek ken jou en Pikkie se stemme en altwee van julle wil seerkry beter maak – dankie daarvoor!

  7. Dankie vir hierdie deel met ons Wit Ridder.

    Mag hierdie Christusfees vol liefde wees vir julle. ‘n Baie geseënde Kersfees vir jou en jou familie.

  8. Dis ongelooflik mooi – dankie dat jy dit gedeel het – ek het so iets nodig gehad……

    Troedels

  9. Ridder, roerend, baie dankie, dit geld vir elkeen van ons.

    Pikkie, dis waar wat jy sê. Ons dien ‘n God van keuses en Hy sal nooit Sy wil op ons afdwing nie. Ons dra al die pyn en seer in ons lewens omdat ons die verkeerde keuses maak en dan wil ons vir God die skuld gee. Hoekom sal Hy wat Sy lewe vir ons gegee het, ons enigsins te na kom? Hy wil vir ons net voorspoed en geluk gee en ons moet dit net aanvaar.

  10. Dagse Vriende

    Boendoe, ek doen dit met graagte, geniet julle rustyd.

    Pikkie, jy is heeltemal reg en so ook Linda dat HY ons altyd nooi en sal bly klop maar nooit HOMSELF opdring aan enige iemand nie.

    Brein, dis ons wat julle moet bedank vir ‘n wonderlike dag se kuier en ja jy weet wat om te doen, dis ‘n saak tussen julle, ek kan net die boodskap oordra.

    Zee, baie dankie vir jou kuiers hier en ek weet sommer die toekoms sal sy mooi kant vir julle almal wys daar in jou kringetjie.

    Inaba, jy is baie welkom en ek glo die boodskap is vir meer as een bedoel, maar as een hier positiewe uitput, is dit reeds meer as beloning vir my. Geseend sal jy wees as jy op HOM vertrou.

    Linda, asolute waarheid wat jy daar vir ons vertel, dat elke een wat verkeerde keuses maak maar net soms eers die SKEPPER raadpleeg voor onsdinge doen sal dit ook beter gaan met ons.

    Dankie aan elke een wat hier kuier en boodskappe los, mag julle elke een die liefde en vrede van die Lewende GOD in jul eie lewens ervaar.

    Genade en liefde stuur ek vir julle elke een, gevul met SY seen en beskerming.

    Groete

  11. WOW. “moenie die vyand die oorwinnaar maak nie” Ai en hoe dikwels is ons nie ons eie vyand nie? Geseënde Kersdag vir jou more!

  12. Vriende

    Mag elkeen van julle hierdie kersfees ‘n ware Christusfees ondervind en mag ons nooit die betekenis van kersfees verloor nie.

    Geseënde kersdag vir elkeen van julle en julle families.

  13. Baie mooi Knight!!!
    Geseënde Kersfees en voorspoed vir die nuwejaar vir jou en jou geliefdes!!

  14. Ridder. vir jou en jou mense, ‘n wonderlike Geseënde Kersfees! Ek wens julle, vreugde, blydskap en vrede toe! ♥♥♥

  15. PRAGTIG!!!!!!!! Jou blog is n inspirasie vir my
    Geniet jou Kersfees!!!!!!!!

  16. Hy ken ons van die begin af, toe ek en jy gevorm is waar niemand dit kon sien nie – hieraan herinner jy my vandag.

  17. ‘ek doen net,’ hierdie woorde van jou bedek my siel in ‘n snoesige wolkombers, omdat ek my eie stem se eggo daarin hoor.

    Wanneer die Gees van God so duidelik met jou praat, jubel my Mefri-hart en die melodie daarvan sweef tot in die hoogste hemel om eer aan Hom te bring.

    Geseënd is JY Ridder.

    Johannes 3:21…..sodat dit duidelik kan blyk dat sy dade in gehoorsaamheid aan God gedoen is.

  18. Hi Julle

    Wonderlik om sulke mense soos julle my vriende te noem. Julle stig my werklik.

  19. Demoerin – waar woorde, soms is die vyand ons eie streke en spreuke.
    Elsa Parkes – bly oor elke een wat bemoedig word. Glo en vertrou, die antwoord en uitkoms is naby.
    Attie – Baie dankie ook vir jou inspirasie, dit maak alles soveel makliker as ons onthou, GOD weet en is in beheer van alles.
    Mefri – Jou boodskap is vir my meer werd as al die goud en edelstene. Duisendmaal dankie.
    Linda, Pikkie, Wipneus en al julle ander dierbares, die wat net lees ook ingesluit, mag elke een rus, berusting, vrede en leiding ontvang uit SY hand.

  20. En agteros kom ook in die kraal😉

    Baie mooi woorde WK, meer kan ek nie sê nie……

  21. ((((((Ridder))))))

    Dankie

    Ek lees jou altyd raak en jy lê sag kom in die kommetjie van my hart; daar waar mens een is in SY Naam.

  22. Ridder – Dankie vir die inskrywing wat ek beslis inspirerend vind. Jou inskrywing hier het ek reeds gelees die dag toe jy dit geplaas het – intussen het ek die wonderlikste boek as Kersgeskenk ontvang getiteld “Die Shack” – dit is ‘n vertaling van “The Shack” deur William P Young en jou inskrywing hier bevat baie fasette wat in die boek voorkom. Ek het redelik “issues” met die stereotipe Godsdienstige beginsels en tradisies wat ek aan blootgestel was deur my kinderjare en as volwassene daarna. Hierdie boek net weereens bevestig wat ek ek glo ek beleef in my wandelinge met God – hierdie boek bevestig net weer ons dien ‘n Lewende en Ongelooflike Liefdevolle God -Toe ek eers die boek begin lees kon ek dit nie neersit nie, ek was totaal vasgegryp in die storie wat eenvoudig maar treffend geskryf is. Ek haal graag die kommentaar deur Ds Isak Burger aan omdat dit naastenby is hoe ek die boek sal wou beskryf:- “Ek is van mening dat mense op alle vlakke en grade van spiritualiteit deur hierdie boek geraak en selfs verander gaan word. Die skrywer slaag meesterlik daarin om jou die “klein-prentjie” mentaliteit van die lewe te laat vervang met die groter prent van ‘n genadige God en die ware sin van die lewe.”

    Ek beveel die boek graag aan – en Ridder, as jy die boek reeds gelees het of dit nog gaan lees sou ek graag jou kommentaar daaroor wil hoor/sien.

    Breintjie as jy miskien hier kuier gedurende jou vakansie – lees hierdie boek.

    Aan almal wat so graag hier in die Veilige Hawe kuier – Mag 2009 ‘n baie Geseende jaar vir julle asook julle geliefdes wees.

  23. Sjoe! Dankie, dis pragtig! So ssit ek dan weer en tjank enn is verblind deur my trane! Die spykers en splinters in my gemoed……!!!
    Dankie, ek kom weer inloer! Voorspoed, vrede, vreugde, liefde en geluk wens ek jou toe vir 2009! Ek sal weer blog, maar sal anoniem kom, sonder dat enige skoonfamilie daarvan weet!

  24. Sharona, ek gaan definitief vir my daardie boek kry.

    Mag julle almal ‘n vredevolle en vreugdevolle 2009 beleef en mag ons nooit ons Skepper vergeet uit wie se Hand ons al ons gawes ontvang nie.

  25. Ridder en gaste om sy ronde tafel,

    my wens vir julle en jul geliefdes vir 2009 is vrede, vreugde, voorspoed op al die terreine van jul lewens en ongekende liefde!

    Ridder, dankie vir die veilige hawe wat jy vir ons geskep het! Dit is absoluut net ‘n lekkerte om hier aan te doen en daar is geen haat en nyd te bespeur soos wat daar op soveel ander blogs is nie.

    Mag ons Hemelse Vader met almal van julle wees en Sy hand van beskerming oor jul en jul geliefdes hou.

    Ek vertrou dat ons volgende jaar nog lekkerder sal saam kuier om Ridder se ronde tafel in sy veilige hawe.

    Grootneus😎

  26. Hi Arabier

    Jy is darem skaars. Het die kamele jou dan so besig gehou?

    Geniet die laaste van 2008 en volg julle drome in 2009.

  27. Hallo Linda,

    nie so seer die kamele wat my besig hou nie, maar hul eienaars!😆
    Die olie baronne dink mos hul geld kan alles koop en het nie veel simpatie met ons ex-pats nie.
    EK wou al so graag op Ridder se skrywes antwoord, maar die tyd ontbreek en as ek in die aande by die villa kom, is ek morsdood moeg en moet ek verlore slaap inhaal.
    Hopelik gaan dit beter in 2009.
    Sien in elk geval uit daarna om einde Maart terug te keer SA toe.
    Dalkies vir altyd die keer.
    (Of tot die wanderlust my weer beet pak!)

    Grootneus😎

  28. Jitte Arabier, dis darem goed om te sien jy het darem nie heeltemal verdwaal daar in die woestyn nie. Dit het ook deur my gdagtes gegaan dat jy miskien reeds terug is in die land (omdat jy so paar maande terug dit ook genoem het dat jy wil terugkeer) – en dat daar miskien ‘n baie gelukkige dame is wat jou besig hou 🙂 – daarom hoor ons net mooi niks van jou nie – :-;

    Dankie vir die Nuwejaars Wense – mag 2009 vir jou net alles van die beste inhou. Groete.

  29. Hallo Sharona,

    ja, ek dreig nou al geruime tyd, maar dink regtig dit is nou tyd om huis toe te kom.
    My seuns noem my al oom!
    En ek het ‘n gevoel daar wag interresante dinge met die politiek. Ek sal graag wil deel wees daarvan.
    Daar is egter ook ‘n ander trekpleister😳

    Grootneus😎

  30. Arabier- jy is reg oor die politiek – ek kan reeds die “vibe” en vasberadenheid tussen my besigheids assosiate bespeur dat die ANC mederheid die doelwit is om uit te wis. Die verkiesing gaan dus baie interesant wees.

    Mmmm – ek was toe in die kol, daar is ‘n ander trekpleister wat jou besluit beinvloed het om terug te keer – ek is baie bly daaroor 🙂

  31. Dagse al die gaste hier by die Ronde Tafel😎

    Arabier
    Baie bly om te sien die stof storms en kamele se base het jou nie ingesluk nie, bie welkom en ons kyk uit vir jou hier in ons midde.😉

    Sharona
    Hoop julle vakansie is nog heel aangenaam en dankie vir die inloer en die die verwysing na die boek ek sal defnitief aandag gee aan dit.

    Tersia
    Hier is almal welkom en mag elke een sy opinie lug. Sterkte vir jou in alles verder.

    Groete

  32. Hallo Ridder

    Dankie, die vakansie is nog heel aangenaam – staan ook al weer einde se kant toe – was reeds 07h00 vanoggend oppad na die naaste mall toe om seker te maak ek vermy die verkeersknope en ek hoef nie in die rye te staan in die winkels nie – jy weet mos al wat vaalpens is, is hier, mens word behoorlik vertrap. Gelukkig is dit reenerig op die oomblik en gee dit my nou kans om bietjie tyd voor die rekenaar te spandeer – ook om aan sekere verpligtinge aandag te gee – omdat ek hierdie tyd van die maand mos die besigheid se “rekeninge” moet betaal en die “groceries” moet koop – stuur ook gou-gou vir die familie en bekendes in die buiteland nuwejaars boodskappe – ek raak skoon emosioneel van verlange omdat veral die jongmense nie hier in ons land kan wees nie. More kuier ek saam met Ninette (wat ook inloer by die Veilige Hawe) en haar moeder, hier by ons stukkie paradys. Voorspoedige Nuwe Jaar vir jou en jou geliefdes – mag 2009 ‘n baie Geseende Jaar vir julle wees.


Categories

%d bloggers like this: