Posted by: White Knight | Tuesday, 16 December, 2008

Die dag om wat te doen?

Kort voor 16 Desember 1838 kom ‘n groep Voortrekkers bymekaar en trek laer by die toe bekende Ncomerivier vir wat vandag herdenk word as die slag van Bloed rivier.

‘n Groep Voortrekkers het in aanloop tot die gebeure vir Dingaan, die Zoeloe leier gaan sien i.v.m. die koop van grond in wat vandag bekend staan as KwaZulu Natal ten einde daar te vestig. Die groep onder leiding van Piet Retief is egter deur Dingaan se volgelinge vermoor na hy die opdrag daartoe gegee het. Die Voortrekkers met Andries Pretorius as leier het besluit om die Zoeloe magte van Dingaan te straf vir die moord en daarom dus die bymekaar koms by Bloed rivier.

Die Zoeloe magte onder aanvoering van Dambuza (Nzobo) en Nhlela het herhaalde kere die laer aangeval maar die Voortrekkers se vuurwapens en motivering was natuurlik ondeurdringbaar en slegs drie van hul mense is gewond in die skermutseling op die dag terwyl daar na bewering tot drieduisend Zoeloe krygers gesterf het

Die dag word natuurlik elke jaar gevier ter herinnering van die slag wat plaasgevind het, juis oor die Voortrekkers ‘n gelofte voor God afgelê dat, sou hulle gespaar word, hulle ‘n kerk sal bou en die dag as ‘n sabbat herdenk.

Aanvanklik was die dag gedenk as Dingaansdag en later as Geloftedag maar na 1994 is dit verander na Versoeningsdag.

Nou verwag van die mense seker dat ek of die belangrikheid van die Sabbat op die dag of die Gelofte self sal bespreek. Hmmmm, nee nie my oogmerk nie, daar is genoeg Predikante en Regses vir daardie taak in ons ou landjie versamel.

My oogmerk met die skrywe is meer om na die gebeure te kyk uit ’n geestelike eerder as ’n vleeslike ons is God se Volk oogmerk. Sien wat baie vergeet het, is dat daar saam in die laer van die Voortrekkers, “Blankes, Kleurlinge en Swartes” was. Mense wat bereid was om almal te sterf vir die een doel en dit was om Dingaan en sy Zoeloes se, mag en skrik bewind te verbreek op die gebied. Juis oor nie alle groepe met mekaar en die Voortrekkers in onmin en oorlog wou lewe nie.

Wat mense vergeet is dat 16 Desember nie vir ons as Christene eerstens ‘n sweempie van ras behoort te dra nie, maar eerder die viering van ’n oorwinning oor die Bose. Dadelik ruk hordes hulle op oor die stelling. 👿 Nee ek het geensins bedoel Swart mense of Zoeloes was boos nie, maar eerder die optrede van die Zoeloes onder hul Koning Dingaan wat deurspek was van moord, doodslag en vernietiging. Almal tekens van ‘n bose greep waarin hulle vasgevang was.

Ja die Voortrekkers was oorgehaal om die moord op hulle makkers te wreek en “oorlog en dood vir sommige” was dus onafwendbaar, maar die rede vir hul optrede was nie suiwer uit moord en verwoesting gemotiveer nie.

Daarom dat ek die slag van Bloedrivier eerder sien as ’n slag waar die bose deur die Koning Dingaan en sy Zoeloe krygers vergestalt het en die Voortrekkers wat alle groepe en rasse en tale insluit, onthou daar was Engelse ook in die laer, wat almal saam op hul GOD vertrou het vir die uitkoms van die geveg soveel dat hul aan HOM ’n Gelofte gemaak het wat almal ingesluit het.

Dus juis oor hierdie gedeelte dat jy my nooit sal betrek by argumente dat die Boere volk net soos die Israeliete van ouds deur GOD self verkies is en die slag van Bloedrivier bewys dit.

Wel al wat ek vir jou dan wil sê is, moet asseblief nooit voor my bid dat Christus die Jesus ons verlosser vir jou by Vader God moet intree nie, want dan huigel jy, aangesien Christus juis lank voor die slag van Bloed rivier vir ons almal, elke volk en taal, gesterf het en daardeur met SY opstanding uit die dode die sonde oorwin het en almal voor GOD gelyk gestel het met net een opdrag, neem HOM, JESUS aan as jou VERLOSSER en bely jou sonde sodat SY bloed jou kan skoonwas en moenie weer sondig nie.

Strewe na Heiligheid en dien jou Skepper in alles wat jy doen.

Daarom gaan ek nooit Gelofte feeste toe waar Politiek en sienswyses onder die dekmantel van die Gelofte aan my opgedring word nie. Al is ek ook op die dag by die werk of waar ookal, is die Tempel of Kerk van God by my want deur Jesus Christus en die inwoning van die Heilige Gees is my liggaam en gees die woonplek ook van die Allerhoogste God en kan ek dus die nie net die Sabbat Heilig en aan God wy nie maar elke dag van my lewe. Sien Christus self het gesê dat eendag nie meer belangriker as ’n ander is nie, maar die Skepper daarvan.

Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok 🙄 😆

PS Pikkelik vra tydens ‘n vorige kommentaar of ek nie die Ridder se Avatar sal laai om groter te wys nie, aangesien haar gesig plooie kry van die kyk om alles te kan sien. Pikkelik ek sal ja, maar dit gaan nie veel help nie, dis ‘n baie ou skildery hierdie, gemaak voor die tyd van kameras. 😉

White Knight

White Knight

Advertisements

Responses

  1. Ridder, ek het vroeer vandag daar by Nikita gelees… en nou hier by jou. Dit bly darem maar interessant om so van die geskiedenis te lees.. en ook te leer!

  2. “Schizophrenic” word deur die loop van Woensdag vrygestel! Kom loer gerus in by Die Werf of Johan Swarts (Gormendizer) se blog vir die link!

    En laat weet maar wat jy dink! Moenie skaam wees nie!

  3. Moewies interessant, maar dis nie die punt nie, is dit? Jou getuienis met hierdie skrywe het my tot diepe nadenke gedwing… ‘n Man so na my hart! En ek bedoel dit op die mooiste, skoonste manier denkbaar asseblief. Jesus het beslis nie net vir ‘n uitsoekgroepie gesterf nie, maar vir elke mens. As ons mense dit net wil besef dink ek tog daar sal ‘n vrede kom wat my sal verstom. Maar heelaas… Dankie hiervoor.
    😆 Dankie ook vir die avatar… Dit maak nou nie die plooie minder nie, maar ek kan nog steeds my kop op ‘n blok sit dat dit ‘n vroue ridder is… :mrgreen:

  4. Ridder, ek en jy is presies op dieselfde golflengte. Dankie vir ‘n opbouend post.

  5. Al wat ek weet, is dat God ons sal dra en beskerm wanneer dit Hom behaag en nie ons nie!
    Weereens dankie vir jou moeite met hierdie post – ek weet hoeveel tyd en energie dit neem om feite na te vors – hmm ja, die Zoeloes was nog altyd my gunsteling ras hier aan die g@tkant van Afrika, maar deesdae begin ek ander dinge raaksien.

  6. Ek bid dat daar ‘n tyd sal kom in ons land waar hierdie dinge nie meer ‘n kwessie sal wees nie, waar ons ons kultuur kan uitleef sonder om op die een of ander manier in onmin betrokke te raak.

    Ridder dankie vir die geselsies en interaksie. Ek groet nou eers tot volgende jaar. Hoop jy en jou geliefdes gaan ‘n wonderlike feestyd beleef.

  7. Ko’ haal jou persentjie daar by my 😀

  8. Nee ek het geensins bedoel Swart mense of Zoeloes was boos nie, maar eerder die optrede van die Zoeloes onder hul Koning Dingaan wat deurspek was van moord, doodslag en vernietiging. Almal tekens van ‘n bose greep waarin hulle vasgevang was.

    Jong, ek is nie so seker of jy sommer net kan sê die Zulus was boos omdat hulle deurspek was met moord, terwyl die boere presies dieselfde gedoen het. Trouens, die boere het meer moord gepleeg op daardie dag as die Zulus!


Categories

%d bloggers like this: