Posted by: White Knight | Friday, 12 December, 2008

Oorsig van die Blogs en Huiswerk.

Met die jaar wat die pas makeer, en nie soos gewoonlik net-net op sy spore bly nie kan mens seker die tyd in beslag neem om na ’n paar ander dinge ook te loer. Moenie my verkeerd verstaan nie, by Die Hawe snel alles nog teen ’n ongelooflike pas om sekere dinge in plek te kry voor die sperdatums en ander dergelike dinge. Maar dis die lewe en jy kan die vakansie atmosfeer tog duidelik aanvoel by almal al werk ons nog.

Wel Pikkelik het my gemerk met ’n toekenning en Huiswerk. Sien die saak van huiswerk en Ridder is nie groot maats nie, maar baie dankie Pikkelik ek sal my bes probeer om aan jou opdrag te voldoen aangesien die Ridder maar ’n redelik nuweling is in die gemeente van die b(l)oggers.

Die voorwaardes vir die toekenning is dat ek dit moet terugverwys na haar en dan vyf ander bloggers benoem.   Maklik – hmmm, nooit daar is baie nice mense op die blog parlement, maar ek sal op my manier probeer. Dus moet ek seker vyf aanwys wat sy en ander nog nie gedoen het nie en wat nog wel blog en nie met vakansie is nie. 😕

Pikkelik skryf die volgende oor Die Hawe hoof.

White Knight.   “Want daar is ‘n vars uitkyk op alles.  Hy is eerlik in wat hy skryf en hy laat hom nie aan die neus rondsleep nie.  (En nou vra ek om verskoning as die uwe dalkies ‘n dame is, want ek is self nou so deurmekaar soos ‘n trapsuutjies op ‘n smartieboks…)”

Wel Pikkelik sal ek nou uit die Staal pak uitklim en die geheim uitlap of dit nog vir ’n tyd so laat. 😯

Nee wat die White Knight is ’n seuntjie van geboorte af, sonder enige sjirurgiese hulp, en sal hopelik my hele aardse lewe in die gedaante deurbring. 😛

Hier volg dus die Hawe se oorsig van die blogsfeer.  Hoop julle oorleef dit. 😉

Pikkelik het ’n blog gemaak in ’n blik

alles is reg vir groet en terg

selfs in die hitte van die stryd

is daar groete en vriendelikheid

*****

Op Ding se stoep met voete omhoog

kry jy koffie bekers en filosofiese denke boog

manman wat weet hy kan

maar nogtans huiwer met sy plan

die lewe weer terugvat

soos net ‘n boerseun kan

*****

Rondom Attie se koffietafel

kry jy die blog se Dominee

wat nie bang is om die mens te gee

sodat ander van nederigheid kan leer

met wete dat seer oorwin kan word

juis oor die lewe se kort

*****

Wat sal die blog lewe tog wees

Sonder Dellie se dinge

deur haar kind is sy “tydelik wees” gelaat

maar die dans lesse sou daarby baat

nartuurlik te vra vir help

het sy menige een van ons al gered

voor ons, ons kan gedra soos ’n IT skaap

*****

Flippiefanus steek sy kop al weer

waar die bye se werk gebeur

sy vrae en redenasie eindig nimmer meer

daarom reeds ’n holte gele

op die plek waar die heuning maker belê

*****

Die Herrie Merrie en haar rissie spul

strooi dorings meer as rose

op ’n blog met ’n kletskamer kul

maar sake van belang

word gedurig aan die groot klok gehang

*****

Wipneus is natuurlik die met maan gepla

swaai aan die sterre met kamera en als

meer as een blog is ook nog reg

solank dit pad oophou op die bloggers melkweg

van hulp en raad sal sy altyd weet

deur eie beproewinge en meet

*****

Op soek na die waarheid is almal mos

maar vir Sammi is daar geen beter kos

as om die land en sy mense

weer bymekaar te bring in vrede

is haar grootste wense

*****

Boendoe reis tussen see en deur bos

gaan besoek en kuier elke hoekie

selfs kroeg stories in haar boekie

maar sy is nie self ’n pampoen

wat leef met kinders in ’n skoen

*****

Roer gryp haar tweewiel ystersaag

om deur die klowe en berge te jaag

selfverklaarde rusbank patat

kom sy met waagmoed en vasbyt

sonder om eenkeer uit te sak

ondersteun en help sy ander

tot ‘n wonderwerk wat lewens verander

*****

Die Werf is ’n besige spul

kry selfs die terug wat hul verkul

met die Brein, volop Vrouens en ‘n Pagoda kooksel

is die skrywes en onderwerpe oor elke pil en gril

internet en ander selfs wapen loos

sal jy bars, maak jy net een boos

*****

Die bloggers het vermeerder en gegroei

ver gevorder van die slakke en parra spul

nog steeds sommige ape wat ander wil laat bloei

maar op die meeste is dit ‘n lekker en prettige spesie

sodat almal mekaar kan ondersteun en groei

in harmonie met vrede as spil

bou hul uit en speel saam die hele spul

*****

Daar is nog so baie ander wat ek hier op die blogs ontmoet het, kuiergaste en ander wat self hul eie blogs het. Daar is  BB “die Dierbare”,  Jaco en Krista “Wosonki”,  Emil,  Prok,  Linda vd Weskus,  IdaJvR,  Ninette,  Johan Swartz,  Rosalind Franklin,  Sharona,  Demi,  Suzanne, 007Meisie,  Sigeuner,  NetJane,  Jo-Ann,  Vygie,  Demoerin,  Sonia,  Emma Dixon,  Thasia,  Saphire Gem,  Patches,  Carina,  Zee en die lys hou net aan en aan.

Natuurlik kan ek glad nie my vriend Die Arabier vergeet nie, hy is deesdae seker maar net te besig om die kamele bymekaar te hou die dat hy so skaars is. 😆

Vir elke een van julle wat ek genoem het in die skrywe en ook as ek jou naam nie neergepen het nie, julle het almal op verskillende manier my lewe kom verryk en my gehelp om sake ook met ander oë te bekyk. Daarvoor sal ek julle almal dankbaar wees vir altyd.

Mag ons nog lank mekaar se stoep deur trap en filosofies raak oor selfs die kleinste dinge of sommer net verspot wees oor mekaar se pret en die ondersteuning in tye van nood. Dit voel na slegs twee maande se blog, jip net twee maande, of die meeste van julle se vriende en familie se leed ook my en myne geword het.

Gaan julle elke een goed, voorspoedig en geseënd en rus die wat kan behoorlik uit maar asseblief gaan nie weg nie, die blog familie het julle nodig. 😳

Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok.  🙄 😆

Advertisements

Responses

  1. Ek wil nou nie spoeg of skinder nie, maar DIS nou mos hoe huiswerk gedoen moet word!!! Dit is sowaar wel gedaan! Dankie vir die 2 maande se kuier… Alles wat mooi is vir jou en jou gesin.

  2. WOW!!! Stunning!
    Ridder, jy oortref jouself en ek stem met Pikkie, SO moet dit mos gedoen word – MAAR ek is nou “confused” beteken dit dat ek nou ook moet huiswerk doen?
    😯

  3. Dankie Ridder

    Was dit nie vir die belangrike sake nie, het ek nie geblog nie.

    Ek kul darem nie op al my blogs nie. 😆

  4. Wie kul nou al weer waar? LOL.

    Mooi wense vir jou ook White Knight.

  5. Wel gedaan Ridder en baie dankie vir die vermelding. Jy is heel behendig met die taal. Ek geniet jou sienings van dinge. Dit gee ‘n besondere perspektief.

  6. Dankie Knight!

    Arabier is seker besig met die kamele 😉

    ‘n Baie mooi geseënde Feesseisoen ook vir jou en jou geliefdes!!

  7. Ek stem, 10/10 vir hierdie huiswerk van jou!

    Is dit nie snaaks nie, hoe mens geheg kan raak aan mense wat jy nog nooit ontmoet het nie/nooit sal ontmoet nie? Ek is regtig lief vir my blogpelle, flaws and all. 😆

  8. Goed gedoen. A+ vir jou huiswerk. Dankie vir die noem!

  9. Dankie Ridder, so ken ek jou. Jy was maar altyd een van my gunsteling by SSSB en dankie dat ek deel van jou vriendekring mag wees.

    Dankie aan ieder en elk van julle wat ek hier in die Hawe ontmoet het vir manier waarop julle my lewe verryk het.

  10. Dankie Linda ek het jou kommentaar ook baie geniet! Geseënde Kersfees ook vir jou en jou geliefdes!

    Boendoe ek is ook mal oor my blog pêlle!!! 😛

  11. Ridder, ek weet ek val nou heeeeltemal uit my blik uit, maar wil jy nie maar vir ons jou avatar/gravatar prentjie in volgroote iewers opsit nie. Ernstig, my oge is al seer gekyk, ek sien ‘n gesig en ‘n swaard en dit lyk amper soos ‘n wilde bos blonde hare… Ek MOET weet hoe die prentjie in werklikheid lyk sonder ‘n vergrootglas… Ag please man! 😉

  12. Wee’jy Ridder, ek dink nou net daaraan – ek het nog nooit ‘n comment hier gelos nie – (maar ek’s seker as jou blog van botter was, sou jy sulke platpootspore gesien het… dis myne :mrgreen: *tsk* @ ‘dierbaar’ -nogal – maar ekke waardeer! en ek waardeer jou inloere daar by my ook!
    Blessings vir die feesseisoen!!

  13. 😯 Ekke was so besig met koekies bak, dat ek hierdie possie van jou heeltemal gemis het! Maar hier is darem varsgebakte gemmerkoekies! :mrgreen: Sommer ‘n groot koekblik vol vir almal!

    Gelukkig doen ek vanaand die rondtes om almal te beginne groet – ons gaan mos see toe! :mrgreen:

    Ridder, ek wil hier by jou ‘n baie spesiale dankie aan ons vriend Arabier rig – my liewe mens, jy het nie ‘n idee wat jy in hierdie jaar vir “iemand” beteken het nie. Dankie, dankie, dankie! Mag die Here vir jou liewe Arabier, spesiaal bless hierdie Kersfees. 😉

  14. Ridder
    Ridders reis mos maar van hier na daar en oral. Ding het jou nie elke keer oral raakgekuier nie, maar daar waar Ding jou gesien het, het jy Ding telkens getref as iemand met besondere insig en ordentlikheid. En die tipe verdraagsaamheid wat net saam met wysheid kom. Dis gereeld asof jy eers ‘n bedryf van verskeie kante beloer en asof jy werklik moeite doen om jou woorde keurig te kies om presies te vertel wat jy wil kommunikeer.

    Ding waardeer en geniet en respekteer jou teenwoordigheid in ons blogbeskawing. Jy het vir baie mense reeds ‘n ketting of ses kom loskap en jy het vir vele ‘n lig aangesteek. Dankie daarvoor. Mag jy in die toekoms nie vergeet om dit aan te hou doen nie.

    En natuurlik, baie, baie dankie Ridder – dis ‘n besondere verrassing om hier by jou vermelding te ontvang – jy haal vir ouding skoon van sy stoep af; dankie, Mater 😳

  15. […] vir my mooi is nie, maar ek moes diegene noem wat ek leer ken het deur  inskrywings en deelname. Ridder, my huiswerk is gedoen,  nou kan ek rustig Kersfees […]

  16. Ek dink dit is die eerste keer wat ek hier inloer, dalk nie, wie weet, maar baie goed geskryf en ‘n geseënde Christusfees


Categories

%d bloggers like this: