Posted by: White Knight | Wednesday, 10 December, 2008

Die Storie is…….

Beeld se berigte laat mens vandag weer aan verskeie dinge dink, hier volg enkele van dit.

Cope het reeds meer as 400 000 betalende lede landwyd.
Of die syfers korrek is, sal mense maar moet sien en net die toekoms sal leer wat werklik die impak gaan wees van die “nuwe” politieke party op die reeds vol Suid-Afrikaanse front. Die geluide wat uit die monde van COPE se leierskap kom klink al te vreeslik goed vir die res van ons, wat maar te bly sal wees as enige iemand die arrogansie van die ANC aan bande kan lê.

Wat my persoonlike opinie betref, dink ek natuurlik dit gons in die binne kringe van wat eens ‘n magtige en onvernietigbare ANC en hul meelopers geblyk het. Hulle is meer bang vir die nuwe beweging as wat hulle wil erken. Die ANC se arrogansie is weereens duidelik sigbaar in die “laat” registrasie van kandidate vir die tussen verkiesings wat hierdie week moet plaasvind.

Juis daardie optrede het nou gemaak dat die verkiesings sonder die ANC kandidate sal wees en nie werklik sal wys wat COPE se bedreiging vir hulle is nie. Dalk, was hulle registrasie met opset laat gewees, wie weet?

Opleiding van “regse kindersoldate
Die sogenaamde opleiding van “regse kindersoldate” is gewone weerbaarheid opleiding wat deur die polisie self goedgekeur is.

Gister was dit net mense roof en dreigende oorlog teen swart mense. Vandag na die koerante hulle kwota verkope gehaal het met gister se berigte en natuurlik die nodige vrese en onstabiliteit geskep het wat daarmee gepaard gaan, is daar skielik ’n anderkant van die storie.

Soos ek al tevore genoem het, is daar ’n verantwoordelikheid wat gepaard gaan met die sogenaamde persvryheid. Dit word natuurlik geheel en al misbruik ten bate van sensasie skepping wat weer op sigself die sirkulasie syfers verhoog. Berigte soos die, behoort die betrokke joernaliste en redakteurs, as dit blyk verkeerd te wees, persoonlik tot verantwoording geroep word.

Berigte met ‘n inhoud soos die, kan vêrreikende gevolge inhou vir die reeds sensitiewe rasse situasie in ons land en onverantwoordelike optrede ontlok.

Wat eerstens uitbasuin is as ’n regse oorlogs masjien is niks meer as die herstel van die ou beproefde weerbaarheid opleiding stelsel wat in elke geval lankal reeds nodig is in ons eie land.

Verkragting van nog ’n persoon.
Net gister skryf die “Herrie Merrie” van Dorings en soms Rose oor die onderwerp van verkragting, en vandag is daar weer n berig in die koerant .

’n 23-jarige vrou van Onderstepoort, noord van Pretoria, wat vermoedelik haar kamervenster weens die somerhitte oopgemaak het, is verkrag toe ’n booswig deur die venster geklim het.

Eerstens wil ek dit baie duidelik stel dat geen mens ooit “verdien” om verkrag te word nie. Dit is ’n laakbare en walgende daad wat nooit enigsins regverdigbaar kan wees nie.

Hiermee wil ek ook nie die “Herrie Merrie” se skrywe kaap nie, maar net die belangrikheid van dit beklemtoon.

Volgens die berig het die aanvaller deur ’n oop venster die huis binne gekom. Dis hier waar mens maar net weereens kan herhaal: Mans en Vrouens wees waaksaam, moet nooit onveilig handel nie. Ken jou regte en maak seker jy dring daarop aan as daar wel iets met jou gebeur.

Moenie die oortreder laat wegkom nie, meld die saak aan en maak seker die blikskottel word vervolg. Kry professionele hulp en verwerk die situasie, moenie die slagoffer bly nie.

Intellektuele eiendom
Mnr. Pieter King, gewese hoof van die SA Weerdiens se kantoor in Upington, kan geen sent eis vir hoogs gespesialiseerde rekenaarprogramme vir weervoorspellings en weerdienste wat hy geskryf het nie.

Die berig beklemtoon maar net weereens die feit dat werkgewers elke stukkie bloed uit ‘n werker sal tap en daarmee regkom as jy nie jou regte ken en daar volgens handel nie.

Sou Mnr. King sy programme tuis geskryf en patenteer/registreer het asook dan dit aan die weerkantoor verkoop het of beskikbaar gestel het onder lisensie was sy saak dalk beter.

Baie maatskappye stipuleer egter dat enige patente of uitvindsels/ skeppings wat ’n werknemer sou doen of maak tydens hul diens van die betrokke werkgewer sou wees, outomaties die eiendom van die maatskappy word.

Lees dus eers jou aanstelling brief deeglike asook die personeel handleiding voor jy enige dokumente onderteken. Die paar minute in so geval kan jou later baie tyd en geld spaar, soos in Mnr. King se geval. Wees dus bedag op sulke dinge.

Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok  🙄 😆


Responses

  1. Die Herriemerrie gee jou en enige iemand anders toestemming om my skrywes te Kaap as dit tot iemand se voordeel kan strek.

    Ek het my bedenkeninge oor daardie weerbaarheid kampe.

  2. Net vandag lees ek in ons plaaslike koerant (Gemsbok) van ‘n meisie 17 wat deur ‘n 52 jarige man verkrag is tydens ‘n besoek aan vriende van haar familie. Wat die ergste is, is die feit dat die res van die familie almal in dieselfde huis was, maar ‘vermoedelik’ onder die invloed van drank!!! Wat de hel!!! Beteken ons kinders dan so min????

  3. BTW – Upington se weer… 41 C en nog steeds aan die opklim!

  4. Soos ek al gese het. Hierdie 16 dae as aktivisme word amper aangewend sodat die booswigte hulleself kan bemark.

  5. Die artikels gelees, maar nie so diep daaroor nagedink nie, behalwe die COPE ding. DIt lyk gaan nog baie interessant word. Polities gun ek die ANC elke ondersteuner wat hy verloor.

  6. Ekself is baie bly oor COPE. Ons kort maar ‘n party wat geen sterte met ou verlede het nie. ek sal dit ondersteun as ek weet hoe hul God gaan behandel.

    White Knight wil jy nie ‘n arm gaan gooi in die stuiwer by die Werf? Brein het jou input ook nodig!
    vreugde oor die Kersgety as ek dalk nie weer kan kom inloer nie

  7. Ek word sommer die dinges in! 👿 Watse land is die dat dit ‘nalatig’ is om met ‘n bleddie oop venster te slaap? Die skurke rule, en ons moet aanpas by hulle. Kotsenswaardig.

  8. Baie geluk!!! http://pik234kelik.wordpress.com/2008/12/10/die-drie-nee-vier-goed-en-toekennings/

  9. In my besigheid sit ek ook agter tralies en traliehekke en werk. Toe ons jongmense was het jy nie eens jou kar se sleutels uitgetrek as jy gou by die bank of winkel ingegaan het nie. Ons het met oop deure en vensters geslaap.

    Sleg hoe dinge verander het. Daar is geen respek meer vir die lewe van ‘n ander nie.

  10. Stem saam met Boendoe. Ek kan nie verstaan hoe ons in ‘n land kan bly waar kriminele meer regte het as wets gehoorsame burgers nie. Nog ‘n ding waaroor ek wonder…

  11. Sjoe, op ‘n manier was dit absoluut salig om geen nuus te gehad het van enige gebeure nie. Jou sinopsis laat my sommer weer benoud voel.
    Een ding is verseker, Afrikaans is STERK in die Kaap en hulle is uiters g@tvol vir die ANC.
    Die kleurlinge lê soos hulle lag oor Zuma se stelling van die Wes-Kaap oorneem “Nei, mevrou, dissi ons mense daai nie”

  12. Ek is ook baie bly oor Cope!

    Wat my veiligheid aan betref ek bly in Ford Knox! Weet net nie of dit regtig soveel sal help – as hulle wil in, sal hulle seker maar in! 😦
    Mens installeer maar alles om so klein bietjie veiliger te voel!

  13. Dankie White Knight. jy weet waar voor
    Wipneus, jy moet kom kuier in die weskus, hier sit ons oop deure en geen diefwering en alle deure staan wa wyd oop. kinders klim nog oor die mure om by mekaar te gaan speel. lekker. hemels. als gaan weer so wrod watch maar en VERTROU! Jesus rule!

  14. Prok aan watter deel van doe weskus woon jy want hier waar ek bly voer misdaad hooggety.


Categories

%d bloggers like this: