Posted by: White Knight | Tuesday, 2 December, 2008

Seënwense vir elke een

Die jaar is amper verby en baie mense is reeds of gaan binnekort met verlof. Daarom wil ek vandag gebruik om aan ’n ieder en elke een wat in die kort tydjie al by die Hawe kom kuier en hul sitplek ingeneem het om die ronde tafel, bedank en ook voorspoed toewens vir die pad wat voorlê.

Mag jou Ster helder skyn

Mag jou Ster helder skyn

Liewe vriend / vriendin / kuiergas en vreemdeling

Die lewe bring min soos jy oor ons pad,

daarom wil ek nie nalaat om by hierdie geleentheid

vir jou spesiaal dankie te sê nie

omdat daar ‘n tydperk is wat ek jou my vriend/vriendin kan noem

Jy sal opmerk dat ek nie aandag gee aan die Kersvader idee nie,

Juis oor ek nie die ware redes wil verberg nie –

Daardie rede is dat jy uniek is in jouself soos GOD jou geskape het

SY werk in jou persoon geplaas het.

Dis my opregte begeerte dat net soos die Engele destyds,

die blye tyding aan die herders gebring het.

Jy ook in jou lewe die aankondiging van mooi en die goeie sal hoor.

Wanneer die gejaag verby is en jy rustig raak

by die huis of in die winkel sentrum,

met huis take besig is of net ontspan,

Die teenwoordigheid van die Lewende God,

Jou sal rustig maak, sodat jy weer sal onthou

nie net alleen het hy jou geskape nie

maar ook Sy enig gebore seun Jesus Christus vir ons gegee

Sodat ons nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan beërwe.

As jy die gelui van klokke hoor

om die jaar 2009 aan te kondig

daar vir jou ook nuwe tye van seen en voorspoed aangekondig sal word

Die jaar 2009 vir jou ‘n jaar van vreugde sal wees.

Juis oor die teenwoordigheid van God in jou lewe

die Heilige Gees se teenwoordigheid jou wese sal vervul

jou sal lei dat al jou dade en gedagtes tot eer van God sal wees.

Jou lewe in die toekoms gevul sal wees met die blye boodskap

van vrede, vreugde, voorspoed en liefde

sodat ander God en Jesus Christus in jou lewe sal herken

en jy aan hulle Sy Grootheid openbaar

Mag jou getuienis wees omdat jy oorloop van die liefde uit Sy hand ontvang

Jou seëninge se oorvloed borrel om ander te bemoedig

En jy die ware rustigheid van die Vader beleef in en om jou

Sodat jou teenwoordigheid rus en vrede na ander bring

Groete en dankie vir jou vriendskap

Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok🙄😆


Responses

  1. Vir jou ook. Lekker rus – ek werk dwarsdeur.

  2. Dankie, WK, en dieselfde goeie wense vir jou en jou gesin.

  3. Dankie Ridder, vir besonderse seënwense. Dieselfde geld vir jou.

  4. Baie dankie vir jou mooi wense Knight.
    ‘n Geseënde Kerstyd en my beste wense vir ‘n mooi en blink 2009 – vir jou en jou geliefdes.

    En ek is so bly jy het ‘n blog oopgemaak, ons lees en leer te lekker hier! 🙂

  5. Dankie Ridder, Geseende Kersfees.

  6. Dis mooi. Dankie, White Knight, dieselfde vir jou.

  7. ‘n Baie geseënde kersfees vir almal.

    Mag 2009 vir almal nuwe vreugdes bring.

    WK, vir jou en jou gesin hoop ek 2009 gaan ‘n jaar wees waarna julle kan terugkyk en sê dit was ‘n geseënde jaar, en dat julle God se hand daarin sal raaksien. Dat dit waarvan julle droom, en dit waarin julle glo en hoop tot vervulling sal kom.

  8. Goeiemôre Sir WK,
    Dankie vir die mooi seënwense, mag dit vir jou en gesin ook ‘n besondere feestyd wees. As julle reis, reis veilig en kom uitgerus terug.

  9. Ridder, dankie vir die besonderse boodskap. Mag die Kerstyd ook geseënd wees vir jou en jou gesin.


Categories

%d bloggers like this: