Posted by: White Knight | Monday, 1 December, 2008

Wêreld Vigs dag

Vandag word wêreld vigs dag gevier. Juis in die korporatiewe gemeenskap is die ding mos nou baie prominent veral in Suid-Afrika waar niemand mos mag diskrimineer nie. Elke Jan rap en sy mede kollegas moet mos nou vandag ’n kersie aansteek en dan word ’n rympie voorgelees en siedaar ons almal onthou die wat gesterf het aan Vigs deur die afgelope jare en ook gaan niemand vêrder Vigs opdoen nie, probleem opgelos.

Moet natuurlik ook nie vergeet dat daar na wille keur pakke kondome aan ieder en elk uitgedeel word nie. Dis geen wonder Gauteng se regering verklaar dat daar ’n tekort aan kondome is in die Provinsie nie. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek het baie begrip vir mense wat aan enige vorm van siekte ly, veral hulle wat dit onskuldig gekry het soos byvoorbeeld ’n persoon wat deur besmette bloed tydens ’n oortapping die HIV virus opdoen.

Met die vorige bedeling van Pres. Mbeki en Maantoe die knoffel en beet dokter van Leningrad was dit mos heelhuids en luidkeels ontken dat dit ’n gevaar is en dat mense daarvan doodgaan. Die ironie is dat oorkant die Presidensie in Pretoria, ja jy lees reg Pretoria, is daar ’n tehuis vir die versorging van Vigswesies genaamd, Abba house. Hier word kinders van geboorte tot en met twee jaar versorg deur die personeel of sodra hulle aangeneem word. Hierdie kinders se ouers is dan reeds self oorlede aan Vigs of sonder sorg gelaat en het self die virus onderlêde, maar daar is nogtans mense wat hulle versorg en aanneem selfs om sodoende ’n lewe te gee wat solank en normaal moontlik gelewe kan word.

Wel die hele gedagte agter die viering van ’n wêreld vigs dag is seker beredeneer baar en jy sal baie argumente vir of teen die onderwerp kry. Maar persoonlik wil ek eerder sien dat die geld wat gemors word met al die tierlantyntjies en partytjies om die dag nou te hou eerder spandeer word vir die werklike bekamping van die siekte en om mense se lewens gehalte te verbeter, naamlik om die antiretrovirale middel beskikbaar te stel en ook opvoeding, want een van die grootste elemente van die epidemie is natuurlik ’n gebrek aan morele waardes.

Natuurlik is iemand soos Stort koppie se manewales met veel jonger HIV positiewe vrouens ook glad nie bevorderlik vir die uitwissing van die probleem nie. Dis juis die tipe van optrede wat by die jeug moet uitgewys word as verkeerd. Maar o nee, hy word mos deesdae sommer met Jesus Christus vergelyk. Ga, dis loutere onsin dat sy twak wat hy oor homself gebring het, kan vergelyk met Christus wat onskuldig was se lyding.

Wat my by die punt bring waaroor ek behoorlik die vieste in is vir die hele Vigs dag vieringe. Moenie ’n wild vreemde vrou stuur om sommer links en regs pakke kondome op getroude, Boere Afrikaanse mans se tafels te kom neergooi en dan kwaad word as hulle jou terug roep en die goed vir jou terug gee nie. As niemand dan mag diskrimineer nie, moenie teen my en die mede kollegas diskrimineer wat morele en Christelike waardes as eerste linie van verdediging handhaaf nie. Hoekom moet gepoog word om my  aan ’n Katolieke ritueel van kersies brand vir gestorwenes te laat deelneem. Ek sal nie en julle kan my maar in die konstitusionele hof ook sien as dit nodig is Meneer die Dokter en jou Direkteure tjommies.

As julle die dag ’n oplossing vir die cholera, tuberkulose, kanker en ander siektes het, wat ook jaarliks duisende lewens eis, kan ons weer gesels oor ’n spesiale dag vir Vigs maar tot dan hou verby en moenie my tyd mors nie, spandeer eerder energie om die mense korrek op te voed en van hulle donkere Afrika maniere afstand te doen dan sal dit beter gaan. Vigs is nie ras of klas gebonde nie en almal is potensieel slagoffers van die siekte, maar so ook al die ander probleme wat ons mee te kampe het in die ou donker vaste land van ons.

Ten slotte dus as jy iemand sien wat nie ’n rooi strikkie dra soos in die verlede nie of kersies brand en pakke kondome ontvang met ’n bakhand nie, dan is dit heelwaarskynlik die Uwe. Dus moenie bodder nie, die uitdrukking op my gesig is nie van die son wat te skerp is vir my oë nie, dis inteendeel die heeldag al bewolk en dit reën. Dis oor ek moerig is vir die twak wat in my keel afgeforseer word terwyl die regering wat dit uitdink boggerol doen om die probleme op te los.

Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok.  🙄 😆

Advertisements

Responses

  1. WK, kan ek jou ‘doompies deps? 😆

  2. Dagse Boendoe

    Jy kan, dit is in die asblik langs my tafel. 😉

    Hulle met ‘n stapler aan mekaar vasgemaak 😀

    Groete

  3. Aids. dink ekke, is hier om te bly.
    Besmettingssyfers mag dalk die laaste tien jaar stelsematig afgeneem het, maar daar is te veel variables met die “griep” wat veroorsaak dat dit altyd met ons sal wees.

    Ek stem, spandeer eerder die geld op opvoeding en medikasie en hou op die einste geld te mors deur vir diegene wat NIE aids het nie en wat weet waaroor dit gaan “aware” te maak!

  4. Nes jy daar sê. My tienerkind se nogal gister hy kan nie verstaan hoekom daar so baie mense is met VIGS nie want dis dan so maklik om dit nie te kry nie! Nou ja. Kondome op my tafel gaan ook nie goed afgaan nie!

  5. Ja, Ridder. ‘n Mens durf nie sê dis, oor die algemeen, ‘n probleem geskep deur onnoselgeid en losbandigheid nie. Dis nie polities korrek nie, maar ons almal weet dis waar.

    Bygesê, hoe moet jy nou maak met die hardekoppe wat so losbandig gaan leef en die gevolge daarvan (in baie gevalle ‘n ongeskuldige babatjie), die Staat en mense soos ek en jy wat vigsweeshuise ondersteun, nie gaan dra nie. Daar kan ek verstaan dat hulle kondome uitdeel, want dit kan dalk ‘n bietjie help om die verskriklike gevolge van sommige losbandige mense se dade, verminder en dan ook minder finansieële en sosiale druk op die land plaas.

    Ongelukkig is daar baie meer faktore om in ag te neem. Bv. die vrou op straat wat (durf ons oordeel) nie anders kan as haar liggaam verkoop nie (of so dink sy) – sy kan haarself probeer beskerm met ‘n kondoom. Die getroude vrou wat haarself probeer beskerm van haar losbandige man wat aandring op seks.

    ‘n Kondoom kan, sonder om nou soos ‘n catch frase te klink, ‘n lewe red, maar ek verstaan beslis hoe jy voel en stem verseker saam oor losbandigheid.

  6. Blank en Afrikaner beteken glad nie dat jy ‘n getroue huweliksmaat is nie.

    Tog stem ek saam met jou oor die kondome uitdeelstorie. 😳 Ek het so eenkeer een gekry wat ek in my handsak gegooi het en later net op my spieelkas gelos het. Toe kry my ma dit. 😳 En ek moet please explain. (Ek was toe al 25). 😳

    Punt is baie mense weet nie hoe om ‘n kondoom aan te sit nie. Dit is useless as jy dit verkeerd hanteer. Dus help verspreiding sonder opvoeding nie veel nie.

    Ek gee nie een sent aan vigs instellings nie, al het hulle ‘n 1000 kinders om te voer. Soos Ridder voel ek ook dat malaria, kanker en tuberkulose afgeskeep word, vir vigs. Almal samel deesdae geld vir vigs in. Wat doen hulle daarmee? Ek sien nie resultate nie.

    Vigs is die enigste siekte wat polities beskerm word. Die dag wanneer dit as ‘n siekte gesien word, word ek miskien ‘n aktivis. Ek sal dan my “weiering” ophef.

    Hoekom is ‘n vigswesie meer besonders as ‘n wesie wat sy ouers aan malaria, misdaad, dwelms, siekte of die wereld verloor het? Hoekom “verdien” ‘n vigswesie meer hul as die ander wesies?

  7. Ridder, dit is die eerste keer dat ek jou krapperig ervaar, maar met goeie reg.

  8. Adrie, ek dink dis oor baie van die wesies self vigs het, maar jy’s reg. Daar behoort nie ‘n verskil te wees nie.

    Oor kondome – hoe onnosel moet ‘n mens nou wees om nie te weet of te kan uit werk hoe om ‘n kondoom aan te sit nie? As dit is hoe onnosel die standaard Suid Afrikaner is, dan het ek wragtig nie hoop vir hierdie land nie. Ek dink dis net nog ‘n swak verskoning vir mislukking. Kom ons pleit onnosel, dan kry die we^reld ons jammer…snert man. Natuurlik weet of kan ‘n mens uitwerk hoe om ‘n kondoom te gebruik.

  9. Dagse Roer

    Hmmm, jy sal verbaas wees. Een van my vriende was betrokke by die aanvanklike bewusmaking van die Vigs epidemie en deel van die veldtog was om die mense te leer om kondome te gebruik. Tydens die demonstrasie het die manne dan maar die ou rubbertjie oor een van die vingers getrek om te demonstreer.
    😳

    Later met die opvolg toe sou hulle leer die manne gebruik die kondome, maar nie soos dit hoort nie, hulle trek dit oor die een hand se vingers en dan laat waai hulle, die kondoom gaan mos nou keer 😯

    So ja daar is mense, glo dit of nie, wat te onnosel of moedswillig is, weet nie om dit reg te doen.

    Groete

  10. Hmmm – n vigswesie het nie noodwendig vigs nie. Daar sal soveel meer bereik word as vigs hand en tand beveg word. Tot daardie dag aanbreek, mors ek nie my geld nie. Vigs kan beperk word, as die staat dit nie altyd beskerm nie. Sal julle nie verder met my gesanik verveel nie. Het al n blog daaroor geskryf.

  11. Opvoeding is baie belangrik. Kan julle glo dat een van my werkers nou die dag vir my vertel dat vigs nie deur “saam slaap” oorgedra word nie. Sy vertel my hierdie siekte is “om” mense dood te maak…..
    Ek wil nou nie in veel detail hier beskryf nie, maar dit kom daarop neer dat die witmense die swartmense wil doodmaak.
    Waar kom sy aan hierdie inligting, is my vraag???
    My humeur het net daar uitgehak!
    En ek het dadelik met vigs opvoeding begin… hoop maar net dit het ingesink!
    Maar die vrouens (swart) wat vir my werk sê hulle mans wil nie kondome gebruik nie!
    BTW ek het al 2 werkers deur vigs verloor en my 1 werker se kind is laasjaar oorlede aan vigs. Wie dink julle moes hierdie 3 begrafnisse betaal? 😦 Kiepie en Kandas!! En dis nie sommer net begrafnis nie, dis groot eet stories die!

    Hulle moet net nie vir my kondome uitdeel nie! Ek sal my mond goed uitspoel met kragtige woorde :mrgreen:

  12. Dit is bykans onmoontlik om in SA vigs te kry deur ‘n bloedoortapping, ons het van die beste bloedtoetsingmetodes ter wereld.

    Dan, vigs het en sal nog ‘n reuse impak op die ekonomie he en het reeds. Mens kan dus nie na die siekte in isolasie kyk nie.

    Ek stem saam met baie van wat Roer se.

    Onthou, dat die meerderheid van vroue in die land nie die se het oor hulle eie seksuele lewe nie. Dit beteken hulle kan in ‘n huwelik/verhouding nie altyd seks weier sonder om mishandel te word nie. In baie gevalle red femidoms/kondome en microbicides hulle lewes. Sit jouself ‘n beitjie in hulle skoene.

    Dan, vroue se anatomie is van so ‘n aard, dat hulle boonop makliker die virus opdoen as mans, dus word hulle deur die samelewing gebrandmerk daarvoor.

    Mense wat seksueel promisku is kom oral voor, dit het met die individu te doen.

    En ‘n kind wat met vigs gebore is, is nie daarvoor verantwoordelik nie.

  13. Dagse almal

    Dis heeltemal korrek dat vigs nie iets is wat sommer net verby gaan nie, juis oor mense nie hul gedrag verander nie en ook die spul twak glo wat aan hulle opgedis word nl. dis ‘n siekte wat die blankes wil gebruik om anderkleuriges dood te maak. Of die mees walglike van dit alles as jy ‘n maagd verkrag gaan dit weg.

    Die impak van dit op die ekonomie is geweldig as in ag geneem word die koste van medikasie wat die regering moet verskaf, belasting betaler geld, asook verlies aan inkomste deur verlore produktiwiteit omdat ‘n persoon wat met Vigs besmet is nie meer fisies kan byhou in sulke omgewings nie.

    Kondome het wel ‘n rol in die proses waar opvoeding en gedrags verandering nodig is, maar stel dit beskikbaar, moenie dit op almal afforseer wat dit nie nodig het nie.

    Enige vorm van infeksie is vroue meer vatbaar voor as mans juis oor die samestelling van die anatomie

    Kinder gebore met vigs het nie ‘n keuse in die saak gehad nie en hul lewens word op die beste verlig en meer gemaklik gemaak asook effe verleng as wat dit sou wees sonder regte versorging en behandeling.

    Al is ons bloedskandering stelsel die beste in die wereld, raak daar nog steeds mense besmet op die manier. Dit bly die beste maar om voor jy of ‘n lid van die familie gaan vir ‘n operasie, voorsiening te maak deur van jou eie bloed betyds te laat bewaar sou dit nodig wees.

    Die hele kwessie gaan nie oor ek voor of teen die bekamping van Vigs is nie, inteendeel ek besef die noodsaaklikheid van die situasie, maar moenie allerhande rituele op my afforseer wat my vies maak en ook net een siekte uitsonder nie, gee gelyke aandag aan alle medies verwante sake.

    Groete 😉


Categories

%d bloggers like this: