Posted by: White Knight | Friday, 28 November, 2008

Behuising en ontwikkeling

Hoe lyk jou huis?

As ek so na die datum kyk dan sien ek die jaar is basies op sy rug, Meeste skole en Universiteite het reeds gesluit en die Jaareinde funksies is in volle swang. Mense tree op of hulle nie weer môre en oormôre moet terugkom en maar net doodgewoon aangaan met die lewe nie. Dis nie nou asof alles ophou net omdat die jaar einde se kant toe staan nie baie dinge gaan aan en ontwikkel elkedag meer en meer.

Daai gedagte bring my nou by iets wat my aan die dink gesit het oor ontwikkeling of wat ons sien as ontwikkeling. Juis oor die tipe woning wat elke een van ons, hopelik, in leef. Nou onlangs het ek en die Koningin gaan draai in die Laeveld omgewing en dit het my weer opgeval dat die boustyl van die goudstormloop era maar meestal bestaan het uit ‘n Houtraamwerk gebou wat dan met sink “oorgetrek” was. Baie min geboue van daardie era was met stene en klip gebou. Feitlik die grootste deel van Pelgrimsrus wat behoue gebly en restoureer is, is ’n goeie voorbeeld van die era.

Dit was algemeen en glad nie snaaks vir daardie tyd nie. Daar was nog volop van die soort huise selfs tot die sestiger en vroeër sewentiger jare te sien in die dorpe en sommige wat vandag stede is. Deesdae as iemand in n sinkhuis bly noem ons dit ‘n “shack” of ’n kaia. Meer te vinde in die plakkerskampe wat so opskiet. Self planke en karton doen ook in sommige gevalle.

Nou hier in die Sestiger en sewentiger jare sou iemand met ’n baksteen huis meestal die dorps mense gewees het en die Plaashuise weer was in baie gevalle van klip gebou met sulke dik mure. Dubbel verdieping huise was slegs vir die ryk “Brag gatte” gewees en ’n baie groot rariteit. Kyk as iemand ’n dubbel verdieping huis gebou het, was hulle “baie” ryk of het teen die berg gebly waar jy moes “inpas” anders loer die mense vir jou skeef. Die lekker van die tye was dat elke huis anders was en mense het hul verbeelding gebruik. Self in die tyd toe die spoel toilet of die put nog deel was van ’n ekspedisie na buite.

Natuurlik moet ons nie vergeet van die Maplotters nie. Nog al die jare was die ‘n snaakse spesie op hul beste en jy het hulle sien bly in van sinkhuise, baksteen huise tot dubbelverdiepings en was of na verwys as kommin of die ryk mense wat wil wegkom uit die daaglikse lawaai en gejaag van die dorp of stad. In werklikheid is hulle maar in die meeste gevalle “droom boere” wie se lugkastele nie geverf kon word nie.

Wat het dit nou met jou en my huis te doen vra julle? Presies die feit dat weens die huidige verandering in lewenstyle en die bydraende misdaad, daar vandag al meer mense in die banggat dorpies intrek. As jy nie weet wat ‘n banggat dorpie is nie, in Ingels word hulle bemark as “Security villages”. Juis oor die mens se oorweldigende ego’s word baie van die plekke dan ook gebou met dubbelverdiepings op ’n posseël grote erf. Almal dieselfde boustyl sonder verbeelding solank jy net inpas by die estetiese aangesig van die ontwikkeling. Gmpf.

Dis nou hier waar jy die besige “executives” kry wat dag en nag werk in so ’n mate dat hulle nie tyd het vir kinder grootmaak nie en ook in elke geval nooit by die huis is nie. So die erf se grote pla nie, want hulle is oor naweke in Dullstroom saam die in “crowd” waar hul in Hout hutte of Klip huise woon, om weg te kom van die stad se gejaag na wind. Dit terwyl die plunderaars meer vindingryke maniere kry om al hul “hardverdiende rykdomme” weg te dra in ’n veilige opset waar niemand hulle pla nie, omdat elke een so jaag dat hy / sy nie eers weet wie hulle bure is nie.

Dis vandag die mense met senuwees van staal of is dit dalk net plain stupid, weet nie regtig nie, wat nog uithou op die plotte. Hulle verskans daardie plekke soos Fort Knox om te oorleef. Ander kan nie gepla wees nie as mens kyk en jy soek tevergeefs na die heining wat die grens van hul eiendom aandui.

Wel hoe sien julle die ontwikkeling van behuising in die wêreld om ons.

Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok. 🙄 😆


Responses

  1. ‘n Styl wat my omtrent laat ril is die toskaanse geboue wat oral opduik.

    My droom is ‘n karoo plaashuis met ‘n groot stoep reg rondom.

  2. Net so Netjane, n groot stoep met n sink dak. Sondag middag met kofi opi stoep, met niks beters om te doen as om net uit te kyk oor die vlaktes nie!!

  3. My droomhuis is ‘n houthuis op stelte in die Knysna-omgewing.

  4. Enige huis, klip, steen wat ook al, solank dit op ‘n plaas is met kilometers aan beide kante van stilte en vrede. Dit moet so donker wees in die aand, dat mens die sterre regtig sal kan sien. Vooruitgang laat ons agteruit gaan.

  5. My droomhuis? Dit is regtig n kasteel. Waar ek n vleuel vir myself kan he.

    Anders n dubbelverdieping huis met baie ruimte waar ek nie die bure kan hoor nie. Met n groot boomhuis – natuurlik met eletrisiteit en adsl – vir my alleen.

  6. Wat ookal, die studeerkamer se mure moet bedek wees met boeke.

  7. Ag wat julle ek bly alreeds in my droomhuisie! 😆 Jou huis is waar jou hart is……. Maar dit lyk soos Ford Knox!!

    Hier langs ons spring elke dag nuwe sekuriteits area’s op. Ek sal natuurlik nie in banggat dorpies aard nie, want ek hou van baie blomme en tuin! Nee dankie vir so koevert grote tuintjie!

    Al wat my droomhuisie nie het nie, is ‘n sinkdak! Ek sou dit graag wou gehad het – om die reëndruppels te hoor neer plons!

  8. Wel my droomhuis word volgende jaar gebou 😀
    Dit gaan ‘n lekker groot, grasdak oopplan huis wees met genoeg ruimte vir my kinders om in te leef!!

    Ek gaan dit bou in ons wildsplaas (langs die watergat)!!

    Kan nie meer wag nie 😀

    Wat my baie keer pla van mense se huise is die feit dat hulle van dit ‘n museum maak alles netjies en niks uit hulle plek nie! Wel my huis is skoon en netjies maar ‘n hawe waarin my kinders kan lewe en asemhaal 😛

    Liefdetjies
    xxxx

  9. Thasia, my huis lyk soos ‘n oerwoud as die kleinkinders daar gekuier het en ek is mal oor ‘n mooi binneversierde huis, wat ek nie het nie, en my kinders en kleinkinders moet net welkom voel en weet dat dit vir hulle ‘n veilige hawe is.

  10. Dagse Kuiergaste van die Rondetafel 😉

    Netjane
    EK stem saam oor daardie sogenaamde toskaanse styl. Dit is vir my geensins mooi nie en ook glad nie werklike toskaanse styl nie.

    Die Swart Kat
    Stoep is ‘n moet waar jy kan ontspan.

    Linda
    Hout huis kan werk as die omgwing geskik is soos by Knysna

    Wipneus en Carina
    Stem saam ‘n huis bly ‘n huis tot die mense dit ‘n woning maak en natuurlik is die stilte ‘n vereiste vir ‘n droom huis.

    Thasia
    By die regte plek werk so grasdak huis. Persoonlik sukkel ek teveel met stof en sinus om so iets vir lank te kan geniet.

    Adrie
    Dubbel verdieping van hout of klip? Jy spesifiseer nie. Maar stem saam oor die studeerkamer vol boeke teen die mure.

    White Knight se ideale plek is natuurlik ‘n kasteel op ‘n koppie / berg met 360o uitsig waar die kinders kan speel en jy in die nag nog die stilte kan ervaar en die sterre behoorlik kan sien. Defnitief glad nie binnekant voorkom of jy binne ‘n hospitaal is, met sulke steriele wit oppervlaktes en vlekvrye staal raampies en dinge die hele wereld vol nie. Nee wt gee maaar die natuurlike hout voorkoms en baie plek om te ontspan en die natuur te geniet so op die stoep.

    Groete


Categories

%d bloggers like this: