Posted by: White Knight | Friday, 21 November, 2008

Bafoenu Moronis spesie

Hawe Hoof het dit goed gedink om met tye ‘n toekenning aan sekere onderwerpe of mense te maak naamlik die Bafoenu Moronus toekening. Hierdie toekening is natuurlik geinspireer deur gebeure van die dag. Om te kwalifiseer moet jy net jou eie naam met ‘n plank slaan.

Ons sien gedurig dat daar uit alle oorde stelling gemaak word en mense mekaar aanval oor ‘n wye verskeidenheid van onderwerpe. Nou ja elke persoon is geregtig op hul opinie maar heel party van hulle moet dit liewers nooit openbaar maak nie. Die probleem is egter dat hulle juis die is wat daarmee te koop loop.

Ons geagte Parlemetere sport komitee is natuurlik geheel en al binne raamwerk van die spesie Bafoenu Moronis. Geen werkende breinsel en vasgehak op die een noot wat deur die jare hulle self aangeleer het. Van wanneer af is daar op enige plek in die ontwikkelende lande net een sport stadion vir alle sport soorte. Suid-Afrika het nou al ‘n suksesvolle Rugby wereld beker toernooi aangebied en self twee keer die beker gewen. Waar is die tots van die nasie vir die sogenaamde nommer een sport sokker. Behalwe vir een CAF beker het hulle verder nog net mooi boggerol bereik.

Al wat mens die heeltyd hoor is dat die sokker stadions agter skedule is en oor die begroting gaan wat opgestel is. Die enigste prentjie wat by die geagte lede se uitsprake pas, is die van iemand wat doktor gelde probeer spaar en dan sommer sy kop in sy eie agterent opdruk om te sien wat binne fout is. Die probleem is hulle het na ‘n lank tyd nog nie weer hulle koppe daar uitgehaal voor hulle iets kwytraak nie.

Dan ons geagte Leier van die regerende party. Hy vergelyk mos die nuwe Party (Cope) waarvoor hy duidelik al hoe meer begin bang word, met die esel waarop Christus Jerusalem binne gekom het. Die grootverskil is net Jesus het iets vir die mensdom beteken, wat beteken jy en jou party behalwe om verskoning te soek en die land van melk en heuning op te mors. Julle kan nie eers ondermekaar ooreenkom wat julle beleid is oor sake nie. Dit is die rede hoekom soveel van julle verkillende uitsprake het oor dieselfde onderwerp. Die Bok bly, nee die Bok waai, die stadions waai, nee die stadions bly. Maak julle minds op en hou op om belasting betalers se geld te mors.

Daar is seker nog ‘n horde ander maar ek sal hiermee volstaan vir vandag aangesien dit die eerste keer is wat die spesie bekend gestel word. Ek wil nie julle gemoed en gesondheid so met die intrapslag heeltemal omkrap nie. Laat weet maar wie die afgelope week uit julle perspektief die spesie Bafoenu Moronis se kwalifikasies bereik het.

Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok. 🙄 😆

Advertisements

Responses

  1. Mmmm…naam met ‘n plank slaan, die laaste week? Laat ek sien… Mmmmmmmmmm

    As ek so ‘n prys sou uitdeel het dit weekliks aan Malema gegaan!

  2. Hallo White Night

    Dankie jy kom kuier het op my blog. Wou net terug kom hallo se.

    Lekker dag.

  3. Beslis Stofile en Malema.

  4. […] 22, 2008 by Sammi Ridder vra: “Wie is die week se grootste moroon/” en ek gaan sonder enige skroom vir ZUMA […]


Categories

%d bloggers like this: