Posted by: White Knight | Wednesday, 19 November, 2008

Rugby of Politiek

Wel dit blyk uit vanoggend se koerant berigte dat Saru nou die Protea gaan gebruik as embleem op Nasionale span se rugby truie. Die Springbok sal wel nog op die trui verskyn maar op die regter bors om plek te maak vir die Protea op die linker bors. Die Springbok gaan egter glad nie meer op die Amptelike baadjies van die spelers verskyn nie. Dit is na aanleiding van ’n besluit wat geneem is dat alle Suid-Afrikaanse nasionale sport spanne in die vervolg die Protea as embleem sal dra.

Die idee is seker nie so vrot as dit dan al die sportsoorte sonder uitsondering sal byeen bring onder dieselfde vaandel nie. Wat my egter pla van die huidige stand van sake is die manier waarop die Suid-Afrikaanse rugby deesdae gebruik word vir iemand se eie agenda te bevorder.

Wie die stuurman of dan vrou is agter die hele situasie is ek nie seker nie en kan maar net my eie gevolgtrekkings maak. Vir jare al ruk en pluk mense aan mekaar tydens en na sport gebeure. Ek persoonlik keur dit nie goed nie, jou moet jou kan gedra al het jou span verloor, maar die sap van die duiwel laat mense snaakse dinge doen en party raak maar aggresief.  Wat vir my opvallend is, is die situasie vroeër die jaar by Ellispark toe ‘’n swart vrou na bewering deur mans aangerand sou wees.

Ek skryf spesifiek na bewering, want niemand het dit nog ooit bevestig of getuies na vore gekom nie. Maar die volgende oomblik draf al wat ’n Curriebeker span is op die veld met die slagspreuk “No to Racism” voor op hul truie geskryf. Rassisme oor een of twee voorvalle? Hmmm, nee my magtig man, daar is baie meer sulke gevalle waar blankes teen gediskrimineer word vandag as die een by Ellispark. Selfs die Springbokke dra nou sterretjies op die mou vir die doel. Lyk egter meer na ‘n ZCC sterretjie vir my as enige iets anders.

Dis net vir my opvallend dat Rugby as sport die afgelope tyd geweldig prominent betrek word by die verskillende fasette van die politiek. Dit is ook nie al wat Ridder se aandag trek nie. Ondersoeke na probleme word deesdae gereeld verwys na ’n Regsfirma in Durban. Sogenaamde tegnies fout met die aanwys van ’n voorsitter laat Luke Watson “vry” uitstap van iets wat hom lewenslank uit die sport behoort te geskors het.

Die Springbokke se swak vertoning die afgelope week is ook maar baie omsigtig hanteer, seker oor die nuwe afrigter darem eers sy voete moet vind in die warboel van opgetekende reëls wat vir almal gebruik word maar hy nie kan verstaan nie. Dit nadat Tappe Henning hulle oor die verskil in interpretasie deur die Noordelike halfrond gewaarsku het

So ek sal nou nie uit my pad gaan om dit alles as ’n sameswering aan te kla nie, maar die ou dingetjies gaan nie ongesiens verby nie en dit laat mens dink oor die werklike rede vir sommige mense se posisies in die onderskeie afdelings van Saru.

My eie opinie is dat Rugby deesdae misbruik word vir Politiek eerder as sport, om sekere individue se agendas te bevorder.

Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok.   😆


Responses

  1. Ja ek sien jy se mevrou Brein is my tier, ja ok jys reg.Maar dis jammerlik waar wat jy se dat ons geliefde sport Rugby so erg geteiken word deur sommige pitkop administrateurs en politici.En dit net om hulle eie doelstellings te bevorder. Erens moet meer prominente nugterdenkende hooggeplaastes, of dit nou wit, swart, bruin of pienk is hul stemme dik maak en die korrelkoppe in die bekruk.

    Jammer dat ek jou oproep gemis het, maar ek bel jou later vanaand en ek gaan nou weer oregondeure restoureer.

    Hastilla Vista.

  2. Knight vanoggend se koerant artikel: Rugby: ‘misdadigersport’ bewys dat Rugby nou ‘n politieke speelbal geword het.

    Hierdie woorde het my verstom en ek kon nie help om te lag nie: :mrgreen:
    “Hy het driftig uitgevaar teen Afrikaanse koerante wat “net oor rugby” verslag doen: “Die Springbokke is nie allesoorheersend nie! Die Wêreldbeker-sokkertoernooi is! Dit is hoe ons nasie onsself gaan uitdruk! Die Springbok is ’n side issue!
    “Ons is nou in ’n post-Springbok-tydperk,” het hy gesê.”

    Asseblief!!

    Nou die dag was daar vertel dat ons “witmense” wil hê die sokker 2010 moet misluk!!!
    Nou vir eens is dit ‘n klomp nonsens. Maar as hulle so aangaan, is daar definitief ‘n paar mense wat hierdie hele ding gaan omswaai in ‘n rasse speletjie. Wel helloooo? hierdie artikel bewys nou klaar wat ek hier gorrel! Want alle rugby ondersteuners word nou gestraf oor ‘n rasse insident by die Currie beker-eindstryd.
    Vat so:
    “nou sal ons julle wys, ons gaan die “springbok” wegneem” :mrgreen:

    Soos ‘n klomp kinders – hulle het te min werk. En om dit nog erger te maak – hulle word vir hierdie werk betaal – soustrein salarisse!

    Hierdie naamveranderinge raak nou regtig “boring” 🙄

    Die wêreld is in ‘n finansiële krisis – Suid Afrika het vrede daarmee … ons spandeer geld om name te verander! LOL 😆

  3. Ek verlang terug na die dae toe sport net sport was en die ouens aan sport deelgeneem het omdat hulle dit geniet het. Vandat hulle vir geld speel en sport politiek geword het is ek nie meer so ‘n groot sport aanhanger soos altyd nie.

  4. Die klomp is soos ‘n spul stout kinders wat sal bly neuel om hulle sin te kry…. ek vererg my en soek iemand vir ‘n dwarsklap. Sowat van tyd en geld wat bestee word aan iets wat deur twee wêreldbekeroorwinnings die hele volk aan die dans in die strate gehad het – hoekom?

    Hoeveel keer het ek nie “amabokke bokke” gehoor uit die mond van die gewone man op straat nie – Madiba het so gesê en elke petroljoggie het dit beaam. Maar nee, daar is enkelinge wat net moet wys hulle het mag. Mag die wiel tog draai ook.

    By the way, ek lees toe my boek “Monty” en so word ek toe stilletjies herinner van ou Naas wat op ‘n stadium ook nie meer so gelukkig was met sy Springboktrui nie… ek is nou baie spyt ek het nie na al sy uitlatings oor Luke Watson se gevoel oor die trui geluister nie…. as mens agter die deur staan….

    Hier neem ek oor…. dankie vir die kuiertjies daar by my!


Categories

%d bloggers like this: