Posted by: White Knight | Thursday, 13 November, 2008

Luke Watson speel wie of wat?

Sien in die koerante dat Luke Watson toe nie deur Saru verhoor is nie. Kwansuis ’n tegniese punt rakende die aanwysing van ’n voorsitter in die verhoor teen hom. Aangesien die klagtes nie verband hou met gebeure in ’n wedstryd nie, mag ’n regsman nie aangewys word as voorsitter nie of so word daar geskryf.  Hierdie klagtes spruit natuurlik uit sy beweerde uitlatings dat hy homself moes keer om nie te braak op die Springbok trui en die verwysing na ander spanlede as onder andere “Dutchmen”.

Die blaps sê nie veel van die huidige Saru bestuur onder leiding van die Natalse regsman Oregan Hoskins nie. Volgens die oorspronklike storie was die saak juis na ‘n regsfirma in die Durban verwys vir ondersoek en aanbevelings. Wat het nou van die geld geword wat betaal is vir die ondersoek, gaan dit terug betaal word aan Saru omdat verkeerde advies gegee is? Wonder oor die een.    😕

Maar ek wyk nou af, die storie gaan oor Watson en sy “beginselvastheid” teen die sogenaamde apartheids embleem wat die Springbok volgens hom is. Nou enige een wat nie met die spreekwoordelike blinde se wandelstaf kan aanvoel dat dit ’n pot nonsens is nie, moet maar voortgaan met hul skoonheid slaap. Luke Watson was nooit goed genoeg om vir die Springbokke of wat ook al die Nasionale span genoem word te speel nie. Daar is horde beter speler as hy.

Sy insluiting in die span was suiwer politieke inmenging op sy beste en gemotiveer deur sy Pa en Oom se betrokkenheid by die “regte” mense wat deur hul invloed hom in die span in gepraat het. Dis ook die rede dat hy so behandel is deur die ander spelers. Natuurlik is hy ingepraat en soos gewoonlik met sulke gevalle speel hy homself weer uit die span uit.

Dus wat bly oor vir die mannetjie Watson. Natuurlik onder leiding van sy mentors, begin hy homself bemark as die kampvegter teen die simbool van apartheid op die span se bors. Die Springbok embleem is skielik alles wat sleg is en onmiddellik is hy die hero vir sommige maar vir ander bly hy ’n zero.

Luke weet sy kanse om weer naby ’n Springbok span te kom minder as nul is en dat sy speel dae binnekort verby sal wees. Dus is hierdie ’n wonderlike geleentheid om sy eie beul te blaas en homself te vestig tussen die sogenaamde agtergeblewene en siedaar die pad is oop vir Besigheids geleenthede of selfs die Politiek. Wie weet dalk volg hy nog vir Eerwaarde Dr. Makhenkesi Stofile op as Minister van sport.    😯

Kom ons kyk waar wys die boeg van die Luke Watson vaartuig heen in die toekoms. Al wat ek kan sien in die hele sage is dat die mannetjie iets gedoen het wat hy nie op die rugby veld altyd regkry nie en dis ’n gaping sien en hom vat. Hy pring ook maar hot en haar om te probeer verdedig vir sy droogmakery. Natuurlik is dit nou weer ala diskriminasie en onderdrukking kultuur alles iemand ander se skuld en boonop onderduims gedoen as deel van sameswering teen die arme bloedjie.

Jammer om van jou nonsens te hoor Luke, maar terwyl jy soek na die skuldiges, kyk ’n slag in die spieël en doen dit met jou oë oop. Jy sal daardie persoon reg voor jou in die spieël kry, dis dieselfde mannetjie wat in die nie te verre verlede nog steun en been saam pappie en oom gekla het oor daar teen hom diskrimineer is en hy nie vir daardie einste groen span gekies is met die Sprinbok op die linker bors nie.

So braak gaan jy braak mannetjie maak nie saak watter embleem op die bors van die Nasionale rugby span pryk nie, hulle sal altyd by almal SPRINGBOKKE bly en basta met die res. Al wie tans gespeel word is die wat glo hy is werklik ‘n kampvegter wat sy beginsel uitleef teen die verdrukking simbool.

Lank lewe die SPRINGBOK.

Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok 🙄 😆

Advertisements

Responses

  1. Ja-nee, kyk, ek wou nog begin jammer voel vir die knaap, toe kom hy die week nou weer met sy dinge. Die Springbok is ‘n simbool van onderdrukking, blah, blah, blah, blah.
    Jou hol, Luke Watson. 👿

  2. Beginselvastheid is ‘n mooi en edel ding, selfs al is iemand se beginsels nie dieselfde as myne nie.
    Maar Luke Watson se probleem is eerstens dat hy geen respek het vir niemand nie, en tweedens dat hy albei kante van die veld wil speel en telkens daarmee uitgevang word.
    Daarom in my boekies is hy ‘n bedorwe klein brat, en niks meer nie.

  3. Dit is die enigste manier waarop Luka(e) as rugbyspeler die pers kon haal.

  4. My eerste gedagte toe ek lees dat ou Puke reken hy sal nie vir die springbokke speel nie, was “fine, ons soek jou anyway nie daar nie!”
    ek wonder of daar ‘n blindeskool iewers in Kenya is wat nie dalk maar vir hom ‘n ou plekkie wil gee nie…

    Geniet jou naweek!

  5. Die eerste gedagte wat by my opgekom het oor die Duke is wat verskyn heel bo-aan jou post – False, False, False.
    Hierdie uitkyk is al so holrug gery deur diegene wat self nie iets op hul eie kan regkry nie.
    Blame, blame, blame….
    ‘n Mentaliteit wat siek is, die lot van hulle!
    Laat die Duke dan in ‘n ander trui ophardloop as hy so sterk daaroor voel, dan kan die buiteland mos sien waarmee ons sit.

  6. Ek wonder net hoe gaan Luke ontvang word in sy eie streekspanne? Watter verdeeltheid gaan hy nie bring? Daar gaan WP/Stormers se drome vir eenheid! 😆

    Nee wat, hy was nog nooit iets op na op te kyk, die klein Krag-Apie!! Ai ai ai as Victor of Bakkies hom net kan hallo se in die eerste losgemal!! :mrgreen:

  7. Luke is te Cheeky. 😉

  8. Dagse Kuiermense

    Dis baie goeie vraag wat Eben stel. Hoe gaan Luke deur sy eie streek spanne (WP/Stormers) ontvang word na die hele debakel?

    Eben, baie welkom hier, hoop jy geneit jou kuier by ons.

    Attie ek dink jy is heeltemal reg oor daai deel van dis al hoe hy publisiteit kan kry vir sy loopbaan. Want in rugby wor hy nie juis regtig raak gesien nie.

    Groete almal


Categories

%d bloggers like this: