Posted by: White Knight | Monday, 10 November, 2008

Kinder uitbuiting

Wel dit is alweer Maandag en verlede week se inskrywings oor egskeiding en die kinder trauma het my baie uitgeput, geestelik meer as enige iets anders. Dit is asof terwyl mens oor die dinge skryf, jy weer baie ervaar en beleef, indirek seker die kinders en volwassenes betrokke se seer. Mens probeer help waar jy kan maar dit is nie moontlik om almal se seer weg te vat nie.

Kinders in oorlog

Gisteraand kyk ek na die film op M-Net rakende die bom ontploffings in Midde Ooste en die FBI se btrokkenheid. Nou moet ek eersten erken ek het nie die film se agtergrond gaan navors of enigsins gaan oplees of dit eers gebaseer is op werklike gebeure nie. Maar wat vir my opvallend in die film en ander oor oorlogs gebeide regoor die wereld is die indoktrinering en misbruik van kinders in sulke tye.

Volwasse mense wat kinders forseer om dit te aanskou en self deelteneem aan die oorlog. Dis totaal onmenslik en stuit my teen die bors. Sulke tye wat ek iemand wil wurg en nie ophou tot hulle die kinders uitlos of self dan uitgewis is.

Die geestelike letsels op sulke jong gemoedere en dan praat ons nie eers van die verminkte liggame nie is om van te skreeu. As volwassenes ‘n probleem het moet hulle dit uitsorteer en die kinder los om kinders te wees.

Kinders wat as wapen dien

Net so raak ek gergrief deur ouers wat hul kinders as wapen gebruik in egskeidings geskille. Beide groepe is skuldig, dis nie net die vrou of die man nie, in alle sulke gevalle is daar een of albei skuldig. Betaal die man nie onderhoud nie, hou die ma die kinders weg. Sien Pa nie die kinders betaal hy weer nie onderhoud nie. Kinders is nie ‘n fliek kaartjie wat mens koop nie, hulle lewe en ongeag of hulle gesien word of nie, betaal jou onderhoud. As die man nie betaal nie, kla hom aan by die hof maar moenie die kinder keer om die ander ouer te sien nie.

Kinder molestering

Dis iets wat onbeskryflike woede ontketen, maar die ander sy is ook dat baie ouers dit as wapen teen die ander gebruik. Die SAPS se Kinderbeskerming eenheid word oorval met “klagtes” van ouers wat beweer die voormalige eggenoot of nuwe vriend, vriendin molesteer die kinders. Die grootste persentasie van dit, tot en met 75% is egter “vals klagtes” net gedoen om die ander een te probeer bykom.

Die einde van dit alles is die kinders ly daaronder. Ouers beskerm jou kind met alles wat jy het maar wees wys en moenie hulle aan gevaar of onnodige trauma blootstel nie.

Nog minder hulle gebruik as speel bal of wapen teen ‘n ander.

Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok. 🙄 😆


Responses

  1. Presies Ridder
    ‘n Ouer moet sy kind met alles wat hul het, beskerm.
    Ongelukkig is dit nou maar so dat ouers wat geskei is, partykeer onwetend die kind as tussenganger gebruik juis oor daardie ouer dit moeilik vind om met die ander te kommunikeer. So ‘n kind voel dan gedwonge om kant te kies en skaar hom/haarself normaalweg by die ouer wat die sagste is en die kind voel dan asof hy verraad pleeg teenoor die ander.
    Kinders dra baie swaar hieraan en dit laat ‘n magtelose kwaad in hulle wat lank vat om te verwerk.

    Grootseun kan getuig.

    Jy het baie moeite met hierdie reeks gedoen en ek sê ook dankie!

  2. Wreedheid teenoor kinders, hetsy fisies of psigies, ontstel my baie. Dis ongelukkig iets wat wereldwyd op groot skaal voorkom, en dit voel nie of daar regtig iets is wat mens daaraan kan doen nie. En verbeel ek my, of is dit erger as bv. 10 jaar gelede? Of dalk kry dit net meer mediadekking?

  3. Ridder, baie dankie vir hierdie reeks posts van jou. Dit het my met nuwe oë na die dinge laat kyk.

  4. Kan ek asseblief kinders wat al bedelaars ingespan word byvoeg?

    Ek stem saam oor wreedheid teenoor kinders.


Categories

%d bloggers like this: