Posted by: White Knight | Friday, 7 November, 2008

Kinders en egskeiding 2

Deel twee

Eerstens sal ons kyk na hoe dit nie moet geskied nie.

Die verkeerde wyse.

Die verkeerde wyse as uitdrukking mag dalk nie as deur almal as gepas gesien word nie, maar word so genoem omdat dit sekere komponente bevat wat nadelig vir die kind is. Hiermee dan sekere gebeure wat kinders as traumaties ervaar:

Wanneer ouers gedurig rusie maak en dikwels in die teenwoordigheid van die kinders, begin daar in meeste gevalle by die kind ‘n skuld gevoel ontstaan wat lei daartoe dat die kind begin om te glo dat hy of sy die oorsaak is van die probleme.

Die teenwoordigheid van geweld in ‘n huishouding is onder alle omstandighede huidiglik en op die langduur seker een van die negatiefste ervaringe wat enige mens kan beleef. Die Suid-Afrikaanse owerhede het hierdie probleem in die onlangse verlede wel geidentifiseer en deur middel van die wet op gesins geweld probeer stuit. Hierdie proses is by verre nog nie effektief nie, omdat die onus nog steeds rus op die party wat aangerand word om na vore te kom, ‘n situasie wat weens die teenwoordigheid van vrees in baie gevalle nie gebeur nie en dus voortduur tot nadeel van alle betrokkenes.

Kinders kan baie vinnig ‘n situasie opsom en sodra die ouers nie hulle geskille uit die wegruim nie, gebeur dit ook dat die kind die ouers teen mekaar afspeel. Hierdie situasie ontstaan gewoonlik wanneer die ouers begin om die kind as boodskapper te gebruik of voorgee dat die ander party poog om die kind om te koop. Verdere probleme in hierdie verband is ook waarneembaar indien kinders gevra word om kant te kies of in ‘n posisie geplaas word dat hulle voel hulle nou slegs die probleem kan oplos deur kant te kies. Optrede van hierdie aard laat by die kind gevoelens van verdeelde lojaliteit gepaard gaande met verwerping.

Verwerping van die kind is ook te vinde in die direkte optrede van die ouers, deurdat die een ouers self alle kontak verbreek, of waneer die toesighoudende ouer verhoed dat die ander vrylike toegang tot die kind het. Indien die verantwoordelike ouer sou versuim om die verpligtinge ten opsigte van onderhoud vir die kind na te kom, word dit ook as verwerping by die kind ervaar, wat natuurlik meer intens is indien die kind se finansiële  posisie verswak as direkte gevolg daarvan.

Ouers wat nie na die egskeiding emosioneel die mas kan opkom nie, plaas onnodige druk op die kind, aangesien die dan voel dat hy of sy nou die ouer se plek in die huis houding moet inneem. Situasies soos hierdie ontneem dus die kind in ‘n groot mate van die vreugde van kind wees en om natuurlik te ontwikkel. Hierdie tendens word grootliks ervaar wanneer die ouer nie die egskeiding kan verwerk nie.

Verblyf en ander omstandighede rakende die “enkel ouer” huis wat meer gespanne voorkom na die egskeiding  as daarvoor, lei ook tot verhoogde vlakke van trauma by kinders.

As bogenoemde gevalle in breë trekke verwys na “verkeerde” hantering van ‘n egskeiding, hoe kan dit dan beter hanteer word?

Verlies en wins ervaringe van die kind.

Die tweede vorm van egskeiding hantering wat ons vind, is waar die kind wel die gevoel van verlies ervaar maar ook besef dat hulle in ander opsigte beter daaraan toe is. Kom ons kyk na enkele sulke redes.

By hierdie groep van kinders vind ‘n mens dat alhoewel in sekere gevalle een ouer nie betrokke gebly het nie, bestaan daar ‘n goeie ondersteunings groep wanneer die oupa; ouma asook ander familie en vriende hulp en bystand verleen.

Die kinders in hierdie groep was ook nie betrek by die werklike besonderhede van die egskeiding self nie, iets wat opsigself baie traumaties is selfs vir die ouers. Dus was hulle nie opgesaal met die “vieslike” besonderhede van elke ouers se gevoel oor die redes en gebeure tydens die egskeiding nie.

Selfs al is een ouer afwesig, slaag die ander daarin om ‘n goeie, gedissiplineerde balans met verantwoordelikhede te handhaaf. Kinders het geborgenheid binne die grense van roetine en veiligheid nodig.

Drastiese verswakking in lewens standaard is ook bydraend tot die ervaringe van ‘n kind. Iets wat in ag geneem word wanneer na kinders en hul optrede gekyk word. Sou die kinders onderwerp word aan verswakte lewens omstandighede deur die onwilligheid van die nie beherende ouer om vir hul lewenskoste byte dra kan dit ‘n geweldige gevoel van verwerping deur die betrokke ouer by die kind tuisbring.

Die teenwoordigheid van die ander ouer, sou die sake by die beherende ouer versleg. Die kinders moet ten alle tye weet dat hulle ‘n heenkome het ongeag wat gebeur en sonder dat daar allerhande verskuilde agendas teenwoordig is.

Hierdie situasie is natuurlik ook nie bevorderlik wanneer beide ouers gesamentlik ooreen kan kom nie en letterlik probeer om eweveel aanspraak op die kind te maak, met ander woorde een week by die een ouer en dan weer by die ander ouer.

Die hantering van ‘n egskeiding kan alhoewel traumaties as sulks, wel “voordelig” wees vir alle betrokkenes.

Maak die beste van ‘n slegte saak.

Egskeiding as proses kan hanteer word deur beide ouers op die basis van ons skei, maar ons maak nog die beste van ‘n slegte saak. Die volgende is enkele maniere om dit te kan vermag.

Die situasie word van die begin af met groot deernis en begrip aan die kinders verduidelik sonder om mekaar enigsins te blameer of beswadder. Die ouers betrek ook nie die kinders by die hulle verskille  en die egskeiding as sulks nie.

Sulke optrede help dus dat die kinders nog steeds die sekuriteit van beide ouers ervaar sowel as voldoende  kontak het met albei.

Die vader se rol verander nie en hy kom sy verpligtinge as ouer na, geestelik sowel as finansieel.

Die kind se ervaringe van die egskeiding stop ongelukkig nie hier nie, omdat baie van die ouers weer betrokke raak in ander verhoudings en van hulle selfs weer trou. Die deel van die gevolge van egskeiding het as sulks dus hul eie probleme en ons kyk volgende na die effek daarvan op ‘n kind se lewe.

Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok. 🙄 😆

Advertisements

Responses

  1. Ridder, baie dankie vir jou baie insiggewende posts. Vir my wat glad nie met hierdie tipe van dinge in aanraking gekom het nie, is dit ‘n eye opener, maar ongelukkig kan ek nie regtig kommentaar lewer nie, net kennis neem.

  2. Ek dink dit is baie belangrike dat ouers wat geskei is met mekaar kan praat. Meer belangrik is dat hulle saam, met hulle kind kan praat. Indien daar nie kommunikasie tussen die ouers is nie kan die kind dit misbruik en die ouers teen mekaar afspeel, en nie net die kind maar ook een van die ouers kan dit misbruik.

    Dit is ook baie belangrik dat jy nie die ander ouer sleg sê nie want beledig jy jou eie kind se DNA (die van julle wat Oprah kyk sou dit al gehoor het). Die probleem is dat indien jy die ander ouer beledig gaan dit eendag teen jou draai.

    Groete aan almal!!

  3. Hierdie egskeiding inskrywings van jou was uitstekend gedoen Knight!
    Soveel keer sien mens egskeidings lelik uitdraai. Met ‘n bietjie werk hoef dit glad nie so te wees nie.

  4. Ek het eers met my ouers se egskeiding agtergekom dat my Ma ‘n beter ouer en mens is sonder my Pa en visa versa. 😦

  5. Ek is self geskei. Drie kinders uit my eerste huwelik wat by my groot geword het. Ek stam saam – jy het nie nodig om die ader ouer af te kraak en sleg te sê nie. Kinders is nie dom nie, as daar so iets is, sal hulle dit self agterkom. Deur die genade het die Here vir my kinders ‘n tweede ma gegee (wat nie voorheen getroud was nie) wat bereid was om haar behoefte aan meer as een kind te hê geoffer het sodat ons saam die ander drie en ons een kon groot maak. Deur die geande is ons ‘n baie hegte gesin – nie ‘n gesin sonder probleme nie, maar baie naby aan mekaar.
    Wat sê ek? Daar is lewe na ‘n egskeiding!

  6. Dankie vir die plasing, ek het aandagtig gelees, en is dankbaar dat ons met so min probleme deur die situasie gekom het. Dis goed om soveel navorsing as moontlik te doen om mensself en die kinders voor te berei voor, tydens en daarna.

    Respek ten alle tye vir alle mense betrokke is essensieel, en onthou: kinders het die onvoorwaardelike reg op vrye toegang tot albei ouers.

    Dankie!

  7. Nooit moet ‘n kind in ‘n posisie wees waar hy moet kies tussen ouers nie. Al kan julle mekaar nie meer verdra nie, moet ouers beleefd met en van mekaar praat.


Categories

%d bloggers like this: