Posted by: White Knight | Thursday, 6 November, 2008

Kinders en egskeiding 1

Die gedeelte oor die effek van egskeiding op kinders is enorm en kan nie ligtelik mee gehandel word nie. Ek probeer nie ‘n alles omvattende dokument oor die onderwerp plaas nie want dit sou boeke beslaan oor elke afdeling. Die skrywe handel in kort met sekere aspekte daarvan en ook net oorsigtelik. Weens die omvang van die inhoud plaas ek dit in dele oor die volgende drie inskrywings.

Deel 1

Hoe ervaar kinders die trauma wat gepaard gaan met egskeiding?

Baie min boeke en studies bestaan wat ‘n direkte lig werp op die tiener se ervaring van die egskeiding. Gedurende 1990 het ‘n gesins terapeut Julia Tugendhat ‘n publikasie die lig laat sien juis oor die leemte wat bestaan vir leesstof wat kinders self kon lees oor die onderwerp. Tydens haar navorsing, vir die publikasie, het sy onderhoude met ongeveer 30 vrywillige tieners gevoer oor hoe hulle, hul ouers se egskeidings ervaar het. Die onderskeie tieners se ouderdomme het gewissel tussen 13 tot 18 jarige ouderdom. Kinders jonger as dertien is minder toeganklik vir so tipe van studie.

Alhoewel die navorsing in Engeland plaasgevind het glo ek dat kinders in alle dele van die wêreld egskeiding dieselfde ervaar. Vervolgens dus algemene kommentaar deur die skryfster:

Daar was ‘n wesenlike verskil in reaksie tussen die geslagte.

“Kenners” verskil in opinie oor die effek van egskeiding op beide geslagte.

Seuns en dogters ervaar dit wesenlik dieselfde maar dat seuns moeiliker uiting gee aan hulle gevoelens.

Minder seuns het vrywillig na vore gekom en hulle onderhoude was uiteraard ook korter as die van die dogters.

Egskeiding is nie ‘n geisoleërde gebeure nie, maar ‘n proses wat soms lank voor die werklike egskeiding begin wat en ook baie lank na die die tyd kan vootduur. Hierdie ervaringe, positief of negatief, word ook later oorgedra na die onderskeie tieners se volwasse lewe.

Jonger mense verkies roetine, verandering is vir hulle traumaties aangesien dit ‘n vreemde ervaring is, iets wat slegs met ouderdom en ondervinding gepaardgaan. Meeste van die kinders ken slegs een vorm van lewe en kan dus nie visualiseer wat dit beteken om te moet aanpas en verander nie.

Daar moet ook met genoemde kommentaar in aggenome gekyk word na die onderskeie fases waardeur die egskeiding van die ouers gaan.

Egskeidings fases en die gepaardgaande trauma vir die kinders, kan as volg beskryf word.

Die eerste fase van egskeiding is die aanvanklike onenigheid tussen die ouers. Hierdie tydperk gaan dikwels gepaard met ‘n toename in argumente en soms ook geweld.

Daarna volg die skokkende werklikheid van die skeiding self. Die fisiese skeiding, waar in baie gevalle van die kinders verwag word om te verhuis en dikwels ook van skool moet verander.

Hierdie fase word dan verder gevolg deur die egskeiding self. Hierdie tydperk gaan in baie gevalle gepaard met verdere struwelinge en argumente tussen die ouers.

Hierna volg die geestelike skeiding, waartydens die betrokke persone hulle gedagtes moet orden ten opsigte van die pas afgelope gebeure en die situasie waarin hulle, hul tans bevind.

Alhoewel van die mense nie weer trou nie, is daar tog ‘n groot persentasie wat na die egskeiding wel in ander verhoudings betrokke raak en selfs trou. Hierdie stap het tot gevolg dat kinders nou weer aanpassings en veranderinge moet maak.

Elke egskeiding moet op sigself as ‘n uniek beskou word, al is die proses dieselfde, bly die belangrikste komponent van elke egskeiding tog maar die mens, wat selfs onder normale omstandighede ‘n baie komplekse wese is. Elke mens se reaksie is anders al word hulle met dieselfde omstandighede gekonfronteer, dus met hierdie gedagte as basis wil ek na aanleiding van Julia Tugendhat en andere se navorsing, egskeidings ervaring uit die kind se oogpunt in verskeie kategorieë sorteer.

Volgende keer kyk bespreek ons dus die “verkeerde” manier van egskeiding asook die verlies en wins alternatief vir die kind wat hulself midde in ‘n egskeiding bevind.

Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok.🙄😥


Responses

  1. Ek wag op Deel 2 voor ek comment! 😉

  2. Nie noodwendig ‘n slegte ding nie. Ek maak bv my stiefseun groot sedert die ouderdom van 6 (Hy is nou 15) Sy ma woon in Europa en hy sien haar twee keer per jaar. Ek dink dit hang dalk af van hoe die volwassenes dit hanteer – die kinders van geskeide ouers is nie noodwendig slegter daaraan toe nie. In sy eie woorde…dis beter nou, want nou ken ek my ouers se goeie kante en nie net die slegte bakleiery nie. Of dit erger sou wees nou dat hy 15 is, weet ek nie, maar sy lewe is vir hom allermins abnormaal. Hy het ‘n ma en hy noem my op my naam. Ek is nie sy ma nie maar hy aanvaar die gesag wat ek afdwing en kom soek drukkies en geselsies wanneer hy hartseer is. Iets wat hy weer nie met sy ma doen nie. Baie oulike onderwerp.

  3. Ek stem elke egskeiding is uniek!

    Ek sien uit na Deel 2

  4. Skuus, ek kan nog nie kommentaar lewer nie, is bietjie haastig. Maar ek sal later mooi kom lees, belowe!

    Wou eintlik net die gemmerkoekies kom aflewer – sommer ‘n groot bak vandag, want ek kon nie verlede Vrydag nie.:mrgreen: Vars uit die oond, met yskoue melk.😉

    Uhm, Wippie, net een vir jou, hoor!

  5. Dankie Ridder, jy doen baie moeite en ek geniet jou posts baie.


Categories

%d bloggers like this: