Posted by: White Knight | Friday, 31 October, 2008

Amerikaanse Politieke front

Die einde van nog ‘n maand en amper die einde van 2008. Maar voor ons die jaar kan afsluit is daar natuurlik heelwat dinge nog nie afgehandel nie. Een van die grootes is natuurlik die Amerikaanse Presidents verkiesing. Kom ons loer vandag so effe na die sirkus. 😈

Amerikaanse Politieke front

Die 56ste Amerikaanse Presidents verkiesing is tans goed op dreef met die verkiesing self wat plaasvind 04 November 2008. Dit opsig self handel nie die proses af nie, tipies Amerikaans, maar word gevolg deur verskeie ander gebeure voor die Nuwe President en Visie President ingehuldig word 20 Januarie 2009 te Washington, D.C. Lees meer hier.

Die gekose kandidaat sal dan in werklikheid die 44ste Amerikaanse President wees. ’n Geweldige lang en uitgerekte storie wat al sovêr terug as 2006 begin het met die verskillende persone wat hulself beskikbaar gestel het vir eerstens hul party nominasie as kandidate.

Die Partye het dus die finale nominasies as volg gemaak. Republikeine vir John McCain senior Senator van Arizona. Demokrate se kandidaat is natuurlik Barack Obama junior Senator van Illinios, wat Hillary Clinton in die nominasie stryd verslaan het. Daar is ook ander groepe en partye wat kandidate benoem het maar die hoof spelers in die verhaal bly maar altyd die Demokrate en Republikeine. Lees meer hier

Die 2008 Presidents verkiesing is natuurlik gekenmerk deur verskeie faktore. Vir die eerste keer staan twee dienende Senators staan teen mekaar as kandidate. Die eerste keer dat ’n “African American” kandidaat benoem is deur een van die groot partye. Beide kandidate is ook buite Amerika gebore. Die Republikeinse Visie Presidents kandidaat is die eerste vrou wat ooit benoem is vir die pos. John McCain sal die oudste eerste termyn President in die geskiedenis wees. Eerste keer ook wat ’n Rooms Katoliek die pos van Visie President sal beklee, sou Demokratiese kandidaat Joe Biden verkies word.

Dit is alles natuurlik baie interessante lees stof en kan jou ure besig hou danksy Wikipedia en ander bronne wat behoorlik oorlaai is met inligting.

Beide die Republikeine en Demokrate spring vir oulaas rond om ieder en elk te oortuig dat hulle die beste antwoord op Amerika se probleme is. Elkeen maak beloftes en selfs die “sterre” maak hulself hoorbaar vir of teen spesifieke kandidate en self beleid wat voor gehou word.

Wat my egter opval is die astronomiese bedrae wat spandeer word, te midde van die swak ekonomie, deur al die onderskeie partye en kandidate. Elke een het ’n hele verkiesing span van beeld poetsers, toespraak skrywer en ook stem werwers. Dis plakkate, plakkers hoedjies en een konferensie na die ander.

Ja ek is nie oningelig om te dink dat die dinge verniet gebeur nie. Dienste kos geld, maar wie belê geld in ’n saak wat hulle weet geen dividende gaan oplewer nie. Niemand sal so kortsigtig wees nie. Dus spook en spartel baie mense vir hul “party” maar agter die skerm is ’n ander netwerk in volle gang om te verseker dat die “regte” kandidaat verkies word.

Die Amerikaanse Wapen industrie vir een, kan definitief nie bekostig dat Barack Obama summier hul lewens bloed afsny deur vrede te verkondig en Amerikaans troep oral oor te onttrek nie. Maak nie saak wie se kind, man of ouer in die proses vermink word of selfs sterf nie. Daar is soveel ander faktore en beleid rigtings dat dit die man in die straat, die kieser, soms heeltemal te bowe gaan.

Almal kraak mekaar af en probeer hom of haarself verhoog as die redder van die vrye en bevryde Amerikaanse volk. Om op die ou einde maar net agter te kom jy is nie regte so oulik wat jy gedink het nie, omdat iemand anders verskil, het hulle gaan delf en dinge van jou uitgevind sodat hulle dit kan uitbuit tot hul eie voordeel.

Wie op 20 Januarie 2009 met hand op die Bybel sal staan en verklaar “So help my GOD” weet ek nie. Maar persoonlik dink ek nie die Amerikaanse “bevryde en vrydenke” volk is gereed vir ’n “African American” President nie.

Wel die tyd sal leer en snaakse dinge het al gebeur in 2008. Die Bokke wen op 12 Julie 2008 30 ~ 28 teen die All Blacks in die Huis van Pyn, Dunedin. Sharks wen 14 ~ 9 teen die Kampioen Blou Bulle op Saterdag 25 Oktober 2008.  :mrgreen:

Laat mens dink nè. Dan is die plaaslike politieke sirkus ook besig om momentum te kry. Maar aai, dis weer ’n saak en bespreking op sy eie.  😯

Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok. 🙄 😆


Responses

  1. Baie goeie inligtingstuk, Ridder. In America we do all things BIG, BIGGER, BIGGEST!
    Amerikaanse pelle van ons reken ook dat die VSA nie reg is vir ‘n African American nie, maar die man is mos nie heeltemal nie. Ek dink hy sal baie goed vir Afrika wees en hoop eintlik dat hy gaan inkom. McCain is vir my pass sy “sell-by-date”
    Soos jy sê, kom ons kyk.

  2. […] Amerikaanse Politieke front Die einde van nog ‘n maand en amper die einde van 2008. Maar voor ons die jaar kan afsluit is daar natuurlik heelwat dinge nog nie afgehandel nie. Een van die grootes is natuurlik die Amerikaanse Presidents verkiesing. Kom ons loer vandag so effe na die sirkus. […]


Categories

%d bloggers like this: