Posted by: White Knight | Thursday, 30 October, 2008

Kwalifiseer jy?

Kwalifikasies

Met die ANCYL se hoof karakter Julius Malema nou onlangs weer in die nuus oor sy skolastiese kwalifikasies, of dan gebrek daaraan, ontstaan die vraag in hoe ’n mate behoort mense se kwalifikasies ’n rol te speel in die lewe en werk wat hy of sy doen?

Dadelik spring almal regop en begin die redenasie oor die feite dat iemand met standard agt houtwerk tog nie ’n brein Sjirurg kan wees nie. Net so kan een sonder matriek nooit deug as Advokaat of Prokureur nie, om te goed lieg help al maar nie heeltemal nie. :mrgreen: Ingenieurs moet darem berekeninge kan doen en sonder behoorlike opleiding sal al die geboue intuimel en vliegtuie nie eers van die grond af kom nie.

Daar is egter ook onderafdelings in elke veld wat gedek word deur opleiding en ondervinding. Baie van die mense in die tipe rigtings het deur jare se ondervinding dinge gesien en beleef wat geen boek hulle ooit sal kan leer nie. Die mense is goud werd vir enige organisasie en maatskappy. Word daar egter gekyk na bevordering en salaris aanpassings word hulle dikwels oor die hoof gesien.

Sou een van hierdie mense die ideale bestuurder wees vir ‘n afdeling dan word dit eenkant toe geskuif en plek gemaak vir die persoon met die “beter” kwalifikasies. Nie almal het altyd dieselfde geleenthede om te studeer nie. Die beter persoon, volgens kwalifikasies, het in sommige opsigte nie altyd die persoonlikheid en vermoë om die taak te volvoer nie. Die gevolg is dat hy net so maklik mismoedig raak as wat die een sonder die kwalifikasies wat nie die pos gekry het nie.

Dus sit die firma met ’n gekwalifiseerde persoon wat ‘n hopelose bestuurder is en hy is ongelukkig en aan die ander kant ’n briljante persoon sonder die kwalifikasies wat ook ongelukkig is en in die proses verloor die firma.

Die kern van die vraag is egter, behoort mense se opleiding ter sprake te kom indien daar gekyk word na algemene sake in die samelewing. Ek stem saam dat iemand soos Julius Malema, President van die ANC Jeugliga, sy eie voet elke keer opvreet sodra hy sy mond oopmaak. Iemand wat homself op die wyse diskwalifiseer, maak sy eie bed op en kan niemand anders blameer as hy ongekwalifiseerd vir sy pos blyk te wees nie.

Op die keersy kan mens iemand soos Tony Faktor beskou as ’n briljante sake brein wat ‘n besigheid van niks af opgebou het ongeag die gebrek aan die nodige “kwalifikasies”. ’n Meester brein op sy gebied en iemand wat later van tyd orals aanvaar was en baie mense sou sonder om te skroom met hom wou assosieer.

Daar is hordes gedokumenteerde gevalle wat een of die ander situasie beklemtoon. Manne en vroue met Doktors grade van watter aard ook al wat net mooi niks vir die samelewing beteken nie en ala Julius Malema net nooit enige iets behoort kwyt te raak nie. Die wat wel goed doen en hul roeping uitleef word natuurlik telkemale nie genoeg erkenning daarvoor gegee nie. Dieselfde geld natuurlik vir die “ongekwalifiseerde” persoon ook, die wat ongeag hul deel doen en uitstyg. Vir hulle haal ek my hoed af.

’n Man, letterlik, vra my eendag of ek dink hy sal ’n beter mens wees as hy sy matriek klaargemaak het. Hy is deur omstandighede gedwing om skool te verlaat tydens sy Standerd agt jaar. Toe in sy middel twintigs, kry hy geleentheid om sy matriek te doen.

My antwoord toe en vandag is nog steeds dieselfde: “Dit wat jy het, is nie van belang nie, wat jy daarmee doen en hoe dit jou en ander raak en beïnvloed is wat van belang is”

Wel hy is vandag ’n Advokaat en het nog niks verander van die man wat nie matriek gehad het nie.

Dus bly die vraag, maak jou “kwalifikasies” jou aanvaarbaar en ’n aanwins vir die lewe of nie?

Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok.🙄😆



Responses

  1. Ridder

    Dit is nou iets waaroor daar dae lank gedebateer word. Die mense sonder die kwalifikasies sal altyd stry dat kwalifikasies ‘n stukkie papier is wat niks beteken nie. Selfregverdiging of jaloesie?

    ‘n Kwalifikasie is net een deel wat bepaal of jy ‘n werk sal kan doen. Dit (kennis) raak eindlik vinnig outdated, daarom moet jy dit gereeld aanvul.

    Laat ek rephrase. ‘n Kwalifikasie wys dat jy kennis oor ‘n onderwerp het. Kennis verouderd deesdae vinnig, maar die grondbeginsels bly dieselfde. Persoonlikheid en talente bepaal hoe goed jy daardie kennis kan aanwend. Ervaring kom met tyd.

    Ek gee toe jy kan seker kennis op ‘n ander manier kry. Kwalifikasie is die maklikste en betroubaarste manier.

    Jy kan die beste ingineur onder die son wees, maar dit maak jou nie ‘n bestuurder nie. Bestuurders werk met mense, nie die actual werk nie.

    As dit alles sin maak. Deesdae is ‘n kwalifikasie net ‘n steppingstone. As ek myself as voorbeeld kan gebruik. Ek is gekwalifiseerd as A, maar ek werk as X (waarvoor daar geen kwalifikasie is nie). My papiere gee status, wat my meer kredietwaardig maak. Dit stel my ook instaat om sekere goed beter te verstaan.

  2. Hallo White Knight

    “Ingenieurs moet darem berekeninge kan doen en sonder behoorlike opleiding sal al die geboue intuimel en vliegtuie nie eers van die grond af kom nie.”

    Dit verklaar die kantoorblok wat geval het terwyl dit onder konstruksie is in Jhb en die vele ligte vliegtuie wat sommer net omdop aarde toe…😉

    Ernstig? Ek voel kwalifikasies is vrek noodsaaklik.

    Maak dit jou meer aanvaarbaar? Dit hang af van die oppervlakkigheid van die mense waarmee jy meng.

    Maak dit jou ‘n aanwins vir die samelewing? ‘n Skoonmaker wat nie eers sy naam kan skryf nie is ‘n aanwins. Elke mens is ‘n aanwins solank hy/sy bydra en nie afbreek nie.

    Emma.

  3. Hmm ja, ter aanvulling by Adrie en Emma – diegene wat kwalifikasies het gaan dit verdedig en die wat nie het nie, gaan ook. Ek neem aan jy praat hier van die B’s, H’s, M’s en D’s. Uiteraard vir professies, baie beslis!
    Vir besigheid, nie noodwendig nie! Ek moes dit doen want pa het so gesê, MAAR ek het glad nie in daardie rigting gebly nie – hoe meer ek oor die teoretika geleer het, hoe minder het dit my geval.
    Praktiese handewerk – ontwerp ens moes ek myself aanleer en dis waar ek kon uitblink – huise uitmekaar breek, weer aanmekaar sit, project management ens – geen papiere vir dit nie!
    Ridder, dis waar mens se passie lê wat die ding gaan doen, nie net papiere nie, nie op die ou end nie.

  4. Ironies genoeg, my ervaring is dat spesifiek wanneer dit by bestuur kom, is dit nie die papiere wat die deurslag gee nie. Die ouens wat tegnies uitnemend is wil eenvoudig nie bestuur nie. Daarteenoor is dit baie maal die ouens wat nie die tegniese werk kan doen nie, wat in die bestuurwese inbeweeg. Baie van hulle is dan op die ou ent ook baie goeie bestuurders. Terwyl die ou met die doktersgraad sit glad nie graag die hele tyd in vergaderings nie.


Categories

%d bloggers like this: