Posted by: White Knight | Saturday, 25 October, 2008

Hoofdis vir die dag

Kuier om die Die Ronde tafel.

Arabier verwys met tye na die Ridder se ronde tafel. Wel die naweek, te midde van ANC, skeuring, verswakte Rand, beurs skommeling en ander dergelike en seker meer belangrike sake is daar een item op die agenda wat seker by baie kop en skouers uitstaan bo die res.

Met erkening aan die Shark web blad

Met erkening aan die Shark web blad

Natuurlik die gesogte goue trofee van Suid-Afrika se koning sport. Hiermee bedoel ek nie dat ander sportsoorte nie belangrik is nie, allermins.  Maar min dinge naas die Sprinbok toetse teen die All Blacks en Wêreld beker oorwinnings kry die volk so opgesweep soos die Curriebeker finaal. Self e-pos uit Nieu-Zeeland oor die gebeure ontvang.🙄

Soos gewoonlik is dit dan die BLOU BULLE teen die res van Suid-Afrika wat heel gemaklik agter die SHARKS die keer inskuif om hulle gekneusde ego’s te probeer herstel en in die hoop dat die Sharks hulle sal red van nog ’n BLOU BUL glorie jaar.:mrgreen:

Die verlede het al op meer as een manier gewys dat eindstryde saai eentonige affêres kan wees wat lae tellings oplewer. Die span wat sy kanse korrek benut gewoonlik die wenner is op die dag.

Wel wie gaan wen? Baie maklik, my hele lewe lankal ondersteun ek die BLOU BULLE en natuurlik gaan hulle wen.😆 Ek sal selfs sovêr gaan om vandag openlik hier my vertroue in die span te verklaar en ’n wen telling van BLOU BULLE 48 ~ Sharks 16 neer te pen, of tik dan.😀

My enigste wens is dat rugby as sport sal seëvier en almal saam om die ronde tafel kan kuier en dit geniet.😉

Sapphire Gem, op jou vraag of as die Sharks dalk wen, die Ridder dit hier openlik sal erken en apologie aanteken.  Ja natuurlik, hoekom nie?  Sodra daar nuwe inligting na vore kom is die Hawe Hoof altyd bereid om regstellings te maak.😛

Intussen geniet die dag en die braai fees wat voorberei word.  Uitnodiging aangeheg.

Soos net 'n ware Kampioen kan

Soos net 'n ware Kampioen kan braai

Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok🙄😆


Responses

  1. Ridder, as ek mag kom sit ek saam met jou aan die ronde tafel vandag!!! (O, en ek dink as jy mooi kyk sal jy sien ek tik in blou vandag🙂 )

  2. Mag die beste span wen. Go SHARKS Go!!!

  3. Ken jy die hart van ‘n Blou Bul?

    Ridder, vroegtydig vra ek vir ‘n sagte stukkie sonder grate in?
    Ek belowe om die ronde tafel te help afdek na die tyd.😛

    MY BLOED IS BLOU ! ! !

    DIE BÚLLE IS DIE BESTE ! ! !

    Ns: Die Bulle word sterk verteenwoordig hier in die Sandput. Loop jy in enige kompleks, sien jy hulle van ver af.
    Wat ‘n mooi gesig om te sien die manne is nie skaam om te wys hul bloed is Blou nie!

    Grootneus😎

    DIE BÚLLE IS DIE BESTE ! ! !

  4. Arabier, dit is so lekker om jou orals weer raak te lees😉

    EK belowe om al die visgrate te gaan begrawe dat die katjies dit nie in die hande kan kry nie🙂

  5. EK dink dit gaan ‘n heerlike wedstryd wees. EK “verbind vanmiddag twee mensie sin die eg” so ek gaan ‘n deel van die game mis, maar elke sport het maar sy beserings.

  6. Dagse, Dagse al die kuier gaste hier om die Ronde tafel.😉

    Geniet julle middag verder, ek gaan nou eers besig raak met ander dinge, maar sien julle weer later.

    Mag Rugby en goeie sportmanskap die wenner wees vandag.😛

    Groete

  7. Ds. Attie, stuur my jou selnommer dan sms ek jou as daar iets gebeur!😆

    Seker nie ‘n Blou Bul wat vandag sal trou nie?

    Zee, ek is bly jy geniet dit waar jy my raaklees.
    Skreeu maar as jy dink ek is uit my plek,😳
    maar min Blou Bulle is gewoonlik!😉

    Grootneus😎

    DIE BÚLLE IS DIE BESTE EN GAAN GATSKOP ! ! !

  8. Net my ondersteuning ook gou hier ingooi om die ronde tafel NET -NET voor die afskop –

    Die klein (O/21) BULLETJIES het nou klaar gewen – LEEEEKKKKKEEER!!!!!! – so dis nou die groot manne se beurt – DIE BULLE IS DIE BESTE EN DIE BULLE MOET NET GATSKOP!! – MAAK DIE BULLE ALMAL BOKKE!!!!!!!!!!!!!!! – MAAK DIE BULLETJIE ‘N BOK!!!

    Geniet die wedstryd – en skree julle stemme hees!!!!

    Geniet dit!

  9. Eish – daar tref Eskom Sharkland! Grrrrrrrrr!!!!!!!!

  10. 😳😳😳

    Baie geluk aan die Visse. Julle was die beter span!

    Die jaar!!!

    Maar ek bly in BUL!!!😛

    Grootneus😎

  11. “Oh so neer but yet so far”! – maar mooi gespeel vissies – uiteindelik na 12 jaar!

    My Bloed Bly BLOU!!!!!!!!

    Rustige Nag Almal.

  12. Arabier! Sorry maaikie! Whahahahaha SHARKS BO!😛 Ag ek is nog steeds lief vir julle!

  13. Hiehiehiehiehie…hohohohoho…hahahahaha!!! 😆 😆 😆

  14. Ridder, hrghhaammumm? Tissues?

    Ek sien jy praat van die HELE wêreld wat nou teen die Bloubulle is, Thasia, Linda, Boendoe en ekke?
    Girls, ons MAG maar :mrgreen:

  15. Jokes aside: Nee wrintiewaar, altwee spanne was fantasties – dit was ‘n great wedstryd, net jammer van die skopskoen van ons Sharks veral. Sharona, Arabier, dis tyd dat dit hierheen kom, die Sharks het wragtag ‘n baie goeie seisoen gehad.

  16. Ek stem saam Sammi.
    Ons gun julle die groot oomblik.
    Meen te sê, na 12 droë jare!😆
    Ons is baie mededeelsaam
    Pas die beker mooi op. Volgende jaar is hy terug in die Jakarandastad.

    Gelukkig het die gaste van Ridder se Ronde Tafel ‘n ander gemene deler, i.e:

    DIE SPRINGBOKKE!

    Een van die daggies is ons almal se bloed weer GROEN.

    En die 7’s is een van die dae weer hier in die Sandput. Mis dit vir niks!

    Lala Salama,

    Grootneus😎

  17. Ja Arabier, aan die einde van die dag is ons almal se bloed groen.

  18. Duidelik ken jy nie rugby nie.In die diepte van jou hart weet jy anders as die telling wat jy neergepen het.

    Rugby het geseevier die Sharks vier nou nog fees!!!! Bwa ha ha ha…………


Categories

%d bloggers like this: