Posted by: White Knight | Saturday, 25 October, 2008

Dinge wat skeefloop

Wel beloftes maak skuld. So eerste dinge eerste, Sammi, Linda, Thasia, Boendoe Sapphire en die res van die Sharks geluk met jul span se oorwinning. Soos  ek kan aflei uit die kommentaar was dit ‘n mooi wedstryd en het die beste span gewen. Baie geluk weereens, julle 12 jaar beker droogte is gebreek.😉

Lekker eet Blikskottel, tot volgende keer.

Lekker eet Blikskottel, tot volgende keer.

Soos julle sal aflei uit die eerste paragraaf het ek nie self die wedstryd gesien nie, wel die eerste vyftien minute en daarna het alles in chaos verander hier. Eerstens verloor ons die DSTV sein twee maal, met die wind wat geweldig sterk waai en daarna die lang verwagte reen wat uitsak. Die volgende oomblik klink dit soos ‘n gewapende aanval met duif eier grote hael wat die aarde en alles tref.

Toe besluit Eskom om die Blou Bulle hul ondersteuners te ontneem met ‘n krag onderbreking. Seker ‘n beplande ding die as deel van hul sameswering teen die Bulle.😀 Wel meteens reen dit meer binne die Huis as buite met die wind wat al sterker waai.

Na ‘n lang gespook om alles droog te kry en rekenaar te red, toe luister ons maar na die doodsnikke van die wedstryd in die motor. Maar asseblief spaar my die pyn van om ooit weer na se wie se kommentaar oor rugby te moet luister. Dis seer genoeg as my span verloor, nie nog sy nonsens ook tussen in nodig nie.😡

Toe wil ons braai en ja, reg geraai, die gasbraaier is foutief. Dus maak ons vuur onder die afdak om te kan braai, nie die beste houtskool nie.👿 Met ‘n gesukkel klaar gebraai en almal laat eet, natuurlik baie later as beplan.

Dus sit ek nou hier en kom my belofte na, al is dit pynlik en wens julle geluk en onthou soos Arabier tereg opmerk. Pas daai beker mooi op, dis tydelik ons kom hom weer haal.😛

Terloops dis nou amptelik, Brein se vrou weet meer van rugby as hyself. Sy en die Koningin is beide Sharks supporters.😳

Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok.🙄😆


Responses

  1. Eish. Moedernatuur (en die Bulle) wou maar net nie saam speel nie.🙄

  2. Sharks is BO sommer heel BO!!!!.

    Het self ook nie die game gesien nie, maar ‘n wen is ‘n wen!

  3. Jitte Ridder, instede van tissues het jy gister ‘n bleddie handdoek nodig gehad vir alles wat verkeerd gegaan het!
    Jy’s braaf, ne!😉 tog altyd die ridder.

    Gister was verseker die Sharks op hul beste en ek dink Habana beskerm daardie skouer van hom MAAR
    soos Arabier sê, nou staan ons weer almal saam agter die Groenes.

  4. Ai Ridder, die beste span het gewen en ek hoop dat alles daar by jou nou weer klopdisselboom gaan.

  5. My prediction was 10 punte…toe’s dit net 5, maar Sharks het steeds gewen!

  6. Ridder, lyk vir my ons hier in die onderdorp het baie beter daarvan afgekom as julle daar in die bodorp – die haelstorm het ons net so skrams gevang en die DSTV uitsending was vir so 10 minute onderbreek – toe kon ons “se wie” afskakel.

  7. Die haelstorm het chaos en skade by ons ook veroorsaak Ridder!

    Ook maar goed ek kon nie die wedstryd sien nie!!😆

    Geluk met julle oorwinning Sharkies!! 😉

  8. Luister hier Wit Ridder ek het so week gelede op Die Werf geskryf oor Murphy ek het hom moer toe gestuur, so ek het hom nie na jou toe gestuur nie, so stuur hom warm plek toe na waterlose plekkke as jy wil.

    Mag dit in die toekoms net goed gaan met jou en mag jy nog lekker hoender braai vir ons op daardie gasbraaier.

    Maar soos jy weet het ek tot in my foefenjol lekker gekry toe die eindfluitjie geblaas het en die Sharks het julle oorwin.Maak nie saak of Mevrou Brein beter van rugby af weet as ek nie, maar enige span op moeder aarde wat teen die bulle speel is “my span” selfs `n derde rioolspan van Zimbabwe wat deur Robert Mugabe gelei word en deur Idi Amin afgerig word is beter as die bulle.

    Hastilla vista.

  9. WK jammer oor jou span maar dit rerig ‘n great game!!! Jammer aan die Bulle maybe next year!!:oops: 😥

    Aan al my mede SHARKS – Die SHARKS is die BESTE!! 😀

    Liefdetjies
    xxxx

  10. Ag, Riddertjie, dinge het behoorlik skeef geloop daar! Simpatie! Regtig. 😉

    Al wat ek oor ‘wendroogte’ kan se, is dat die Bulls nou moet oppas. Wanneer laas het hulle nou weer gewen? En ons tel nou nie die jaar wat hulle met die Cheetah’s gedeel het nie, ne!

  11. Well done Sharks!!

  12. Dis nou rerig, erig die laaste keer wat ek vir die Sharks geluk sê. Geluk.:mrgreen:


Categories

%d bloggers like this: