Posted by: White Knight | Friday, 24 October, 2008

Bestuurder van soort

Iets om aan te kou so saam die biltong vir die naweek. Dis nou as jy nie kyk hoe die BLOU BULLE die Sharks verniel nie. 👿 🙄

Werknemer of slaaf

Die hele verhouding van werknemer en werkgewer is natuurlik baie afhanklik van hoe die betrokke partye mekaar behandel en hanteer.

Die Onderdrukker en Tiran

Die oomblik wat die werkgewer, bestuur in die korporatiewe wêreld, die werknemers as slaaf begin hanteer dan is daar onmiddellik ’n probleem. Die werknemer se menswaardigheid en self gelding is onmiddellik aangetas en word nie erken nie. Die tipe van verhouding is dan gedoem en kan so ’n maatskappy / eienaar net sowel robotte in diens neem en programmeer na wil. Die werksmag gaan geensins poog om enige vrywillige en positiewe bydrae te maak nie.

Ek is almal se pel

Om natuurlik die werknemers te veel toe te laat en familiêr raak is weer ’n ander slaggat en hou niks goed in vir die werkgewer / firma nie, oor die mens van nature sy grense toets en sou daar niks wees nie gaan dit lei tot chaos en geen respek nie. Om dan op ’n later tydstip die spreekwoordelike rieme te wil styf trek gaan net vir jou vêrdere ongelukkigheid en probleme veroorsaak wat net die bestes en hard koppiges onder ons oorleef.

My maatjie die Baas

Wat is dan die beste vir die werks opset sodat die firma en die nemer daar by baat. Persoonlik dink ek dat, sonder om snobisties te wees, die strukture en vlakke van werker en junior en senior bestuur behoorlik gedefinieer behoort te wees. Jy kry gevalle waar die Bestuurder of afdelings hoof wel buite die firma met van die mede werkers vriende is en spesifieke belangstelling deel of saam aan sport deelneem. Daarmee is nie fout nie maar sou die Bestuur deur hierdie assosiasie die individue bevoordeel dan moet die senior Bestuur ingryp en uitsorteer, want ten alle tye lei dit tot ongelukkige werks atmosfeer en raak naderhand ’n persoonlike probleem tussen kollegas.

Die Witbroodjie

Wie het nog nie met die witbroodjie in die firma te doen gehad nie. Hulle en die afdelings hoof is omtrent soos ’n Siamese tweeling. As jy die een soek kry jy die ander ook en sou een vir ’n dag nie by die werk wees nie, is die ander een skoon siek. Die ritme is omtrent versteur. Dit geld natuurlik ook vir die Baas se gunsteling dame in die kantoor, die een wat altyd laat is en vir enige rede afbly van die werk af sonder dat daar ooit ’n haan na kraai. :mrgreen:

Suinige blikskottel

Afdelings hoofde en firmas wat hulle mense swak betaal en sodoende forseer om “oortyd” te werk ten einde te oorleef is ook ’n vrot spesie wat die aarde bewandel. Hierdie tendens sien jy al hoe meer met betrekking tot groot projekte waar die sperdatum gehaal moet word en die werkers dag en nag sewe dae per week moet werk. Almal en alles word ingegooi sodat die belegger net nie geld moet verloor nie. Al meer sien jy werker op Sondae aan konstruksies en installasies werk net om die sperdatum te haal. Dis ’n euwel en onding wat nie net die werkers nie maar ook die firma op die lang duur skade berokken. Familie lewe en huwelike is die prys wat betaal word en is nie vervang baar nie.

Prefekte Baas

Die soort van individu is skaars en moet soos goud op gepas word. Dis hulle wat ’n staats departement, firma of klein saak kan bestuur tot ’n sukses. Seker die mees algemeenste wanpersepsie wat bestaan by mense is dat die bestuurder of hoof van ’n afdeling die kenner op sy gebied moet wees van ’n onderwerp. Heeltemal verkeerd na my mening.

Die spesialis of beste werker moet gelos word om in sy hoedanigheid deel te wees van ’n span maar nie beperk word deur alledaagse dinge soos personeel of kantoor bestuur nie. Mense behoort nie vergoed te word volgens hulle plek in die firma hiërargie nie maar eerder vir hul waarde in dit wat hul bydra tot die firma.

Stel die beste bestuurder vir die werk aan en laat die res konsentreer op hul vakgebied. Gebruik hulle wel in span verband met mekaar en laat hulle projekte lei en ondersteun soos en wanneer nodig. Wat help dit jy het die beste Argitek, Ingenieur, Chemikus of wat ook al in die wêreld en hy is gefrustreerd oor daaglikse probleme wat hanteer moet word. Dis wat gebeur as die siening van net Bestuur mag sekere voordele en salaris ontvang gehuldig word. Tipiese voorbeeld van druk ’n vierkantige pen in ’n ronde gat.

Wel die is my wroeging met maatskappy bestuur en diesulke funksies.

Wat dink julle en vir watter Baas werk jy of is jy dalk een van die hierbo.

Groete van Huis tot Paleis, Pondok en Varkhok 🙄 😆


Responses

  1. Ek het nog net eenkeer ‘n perfekte baas gehad. Sy was ‘n kenner op haar gebied, het vir ons baklei, en kon ‘skuus se as sy verkeerd was. Sy was nie ons pel nie, maar jy kon met enige ding na haar toe gaan.

    Ek gaan binnekort ook ‘baas’ wees, en ek dink ek neig meer na die ‘almal se pel’ tipe. (Alhoewel…my moer kan goed suur word as ek lank genoeg geirriteer word!) 😉

  2. Ek dink my baas val ook in die Perfekte Baas” slot. Ek moet sê, hy staan regtig agter ons maar los ons om aan te gaan waarvoor ons betaal word.

    As ek nou hier in blou kon tik sou ek 🙂

  3. My uitkyk in die lewe is om almal te behandel soos wat ek graag behandel wil word.

    Respek speel seker die mees kardinale rol in enige verhouding.

    Ek vind dat as jy jou werkers of juniors menswaardig behandel, kom die respek outomaties.

    Leiers word gebore, maar jy kan met die nodige “tools” en insig jouself opwerk na die perfekte baas.

    Weerens is balans ‘n faktor!

    Grootneus 😎

    O ja, DIE BULLE ÍS DIE BESTE ! ! ! 😛

  4. Ek DINK ek is ‘n kombinasie van die maatjie baas en die perfekte een 😳

    Ek is ‘n SHARK man mens gaan mos nou nie ‘n beter baas kry nie tsk 😀

    Arabier: Ek skreeu nie Blou Bul nie ek bly ‘n SHARK!!

    STerkte vir more!!!!

    Liefdetjies
    xxxx

  5. Thasia,

    Haaitjies sukkel om base te wees! 😛

    (Julle was 12 jaar laas ‘n baas, onthou jy nou weer?)

    Maar Bulle is die beste base!

    En my kamele eet nie eers van die vloer af nie. 😆

    DIE BULLE ÍS DIE BESTE ! ! !

    Grootneus 😎

  6. Gelukkig is ek my eie baas en probeer ek regtig om ‘n goeie baas vir my werkers te wees. Ek kan baie moeilik raak as dit nodig is maar kan ook ekskuus sê as ek verkeerd was. Die personeel kom met al hulle probleme na my toe en saam probeer ons ‘n oplossing vind. As die werknemer probleme by die huis het kan hy/sy in elk geval nie werk nie.

  7. Arabier – ek moet met jou saam stem – ek behandel ander soos ek behandel wil word en as gevolg daarvan kry ek oorweldigende spanwerk en samewerking van personeel. Die punte wat jy noem maak deel uit van wat ek noem ‘n waardesisteem – so waardesisteem word gesamentlik tussen werkgewer en werknemer opgestel – dit in sigself kan baie kompleks wees omdat daar soveel fasette daaraan verbonde is, maar dit dra by tot die uitskakeling van die krapperighede wat in besighede ontstaan. As daar ‘n goeie waardesisteem is, is daar ‘n dissiplinêre sisteem en dus ken beide werkgewer en werknemer die grense en verstaan die riglyne. Daar is ‘n ou gesegte in Engels:

    ‘Even a goat and an ox must keep in step if they are going to plough together’

    Groetnis vir jou daar in Sandput.

  8. Oh Ja, en voordat ek nou oppak en huistoe gaan –
    DIE BULLE IS DIE BESTE – !!!!!!!!!!!!!!

  9. Voor ek inkruip wil ek net my beskeie mening aan die groot klok hang:

    DIE BÚLLE IS DIE BESTE ! ! !

    Lekker slaap, al die sitters om Ridder se ronde tafel in die Veilige Hawe.

    Grootneus 😎

  10. Ek dink mens moet verkieslik jou eie baas wees. “n Goeie baas omring hom met goeie mense in sy span, mense met kennis en ‘n top uitkyk.

    Go Sharks GO!!!!

  11. Go Sharks en Ridder jy moet asseblief al jou tissues op special sit vir jou Bloubul-maatjies. Hulle gaan alles koop!!!

  12. Dagse, Dagse almal.

    Blou Bulle, BLou BUlle, BLOu BULle, BLOU BULLe, BLOU BULLE!!!!!!!!!!! 😛

    Jammer vir die wat dink hulle staan ‘n kans teen die MAGTIGE BLOU MASJIEN. 👿

    Groete en sagte trane vir julle ander.

    Voor ek vergeet BLOU BULLE BO 😆

  13. I just can’t resist :mrgreen:

    A Sharks rugby supporter is having a quiet drink in a bar, leans over to the big guy next to him and says: “Do you wanna hear a Blue Bulls joke?”

    The big guy replies: “Well , before you tell that joke, you should know something. I’m six feet tall, 105 kgs and I played rugby as a forward for the bulls. The guy sitting next to me is 6″2″, weighs 115 kgs and he’s an ex bulls lock. Next to him is a bloke who’s 6″5″, weighs 120kgs and he’s a current blue bulls second rower. Now, do you still want to tell that Blue Bulls joke?”

    The Sharks supporter says: “Nah, not if I’m going to have to explain it three times.”

    Nou MOET ek gaan regmaak vir die “feeding frenzy”

  14. Die perfekte baas bestaan nie …………….wel ok ja dalk miskien. Maar een van die beste vorme van bestuur wat `n baas/bestuurder/direkteur ooit kan toepas is die een van n “deelnemende bestuurstyl” hier word almal as bestuuders erken van die koffiemaker, skoonmaker en regdeur tot by die baas.Elkeen moet voel hy kan ook `n bydae maak, en dat selfs sy siening eerbiedig kan word mits dit logies en tot voordeel van die onderneming en almal is.

    Sodoende voel almal deel van die geheel.Soos hulle se `n gesonde liggaam huisves `n gesonde gees. So as jou werkers korps erkenning geniet en respekteer word sal hulle gelukkig wees en die resultate sal in die jaareindstatistieke weerspieel word.


Categories

%d bloggers like this: